Anna Enquist

Anna Enquist (gebore op 19 Julie 1945) is die pennaam van een van die gewildste vroulike skrywers in Nederland, Christa Widlund-Broer.

Sy is bekend vir beide haar poësie en romans.

Anna Enquist
Anna Enquist (2016)
Gebore
Christa Widlund-Broer

19 Julie 1945
NasionaliteitVlag van Nederland Nederland
BeroepDigteres

Arsenaal van klank, 'n keuse uit agt digbundels van Enquist, is in 2016 deur Protea Boekhuis in Suid-Afrika uitgegee. Die bundel is vertaal en saamgestel deur Zandra Bezuidenhout.

Biografie

Enquist is in Amsterdam gebore, en het klavier aan die Musiekakademie van Den Haag en sielkunde aan Leiden Universiteit studeer.

In 1988 het haar eerste gedigte in die tydskrif Maatstaf verskyn, terwyl haar eerste bundel, Soldatenliederen, in 1991 gepubliseer is toe sy destyds as 'n psigoanalis werksaam was. In 1992 ontvang sy die C. Buddingh-prys vir haar debuutbloemlesing. Hierna het sy die meeste van haar tyd aan literatuur spandeer. Wat poësie betref, het sy ses verdere bundels gepubliseer: Jachtscènes (1992), Een nieuw afscheid (1994), De tweede helft (2000), Hier was vuur (2002), De tussentijd (2004) en Nieuws van nergens (2010). Hulle is almal in een bloemlesing opgeneem as Gedichten 1991-2012.

Enquist se eerste prosawerke, Het meesterstuk (1995) en Het geheim (1997), is sielkundige romans waarin klassieke musiek 'n belangrike rol speel. In 2002 het sy haar lesersbasis verbreed met De ijsdragers. Die roman is as gratis geskenk versprei gedurende die Nederlandse Boekeweek van 2002.

Haar historiese roman, De thuiskomst (2005), handel oor die lewe van Elizabeth Batts, die vrou van die Britse ontdekkingsreisiger James Cook. In 2008 het sy Contrapunt gepubliseer. Dit handel oor 'n pianis wat Bach se Goldberg-variasies bestudeer en haar gestorwe dogter in herinnering roep. Hierdie hartroerende roman is gebaseer op die skrywer se tragiese ondervinding van die verlies van haar eie 27-jarige dogter in 'n fietsongeluk in Amsterdam in 2001.

In 2005 het Enquist die Taalunie Toneelschrijfprijs ontvang saam met Antoine Uitdehaag en Anne Vegter vir hul toneelstuk Struisvogels op de Coolsingel.

Sielkundige- en verhoudingskwessies, die verlies van 'n kind of kinders, pynlike herinneringe, die uitdagings van oudword, sowel as Enquist se liefde vir klassieke musiek, is temas wat nie slegs in Contrapunt voorkom nie, maar ook in haar roman uit 2014, Kwartet.

Verwysings


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

19 Julie1945Nederland

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

GipsBateLuiperdMantisTandbederfLewerKaapstadRosa ParksSomerRuslandTrekarbeidKrugerwildtuinMorfologie (taalkunde)Willie JoubertSmaakPornografiese akteurHomoniemAnale seksKlankEllipstekenWoordeboekDomkragRekenaarNasionale PartyRookgewoonteVierkantswortelSeksueel oordraagbare infeksieVloeistofAnti-inflammatoriese middelEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaPussy RiotKlimaatsverandering in Suid-AfrikaBysteekRenaissanceSeevlakHeks van HexrivierCovid-19-pandemieWêreldwye webDiepaartromboseToringVolhoubare ontwikkelingArmoedeverligtingKappie (skryfteken)Groot vyfTydsoneHidroëlektrisiteitLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsVoorvoegselKultuurRooibokMIV/vigs in Suid-AfrikaOu Apostoliese KerkOranjerivierGoogleDirekte en Indirekte redeDemi Lee MooreWes-KaapToestand van materieLys van Suid-Afrikaanse musikanteDoelwitNoord-KaapMIVReg tot ‘n gesonde omgewingMenseregtedagRelatiwiteitsteorieKunsmatige algemene intelligensieLeeudoringstad-spoorwegrampVraag en aanbodMenslike seksuele gedragKatoenGeskiedenis van die BoererepubliekeKlereSeekatNarsistiese persoonlikheidsteuring🡆 More