Anenouspas

Die Anenouspas op die R382 verbind Steinkopf (op die N7-nasionale pad na Namibië) met die hawe van Port Nolloth aan die Atlantiese Oseaan.

Die pas gaan 20 km wes van Steinkopf oor die Klipfonteinbergreeks. Aanvanklik is die pad gebou vir die vervoer van kopererts van die myne rondom Okiep en Concordia na Port Nolloth (in die Richtersveld) vir verskeping na die buiteland. In 1953 is die pad ingrypend verlê en verbou. Sestien kilometer nuwe pad is gebou waarvan die pas 5 km beslaan. Op 10 Julie 1953 het die minister van lande, Paul Sauer, die openingseremonie waargeneem. Weens verdere ontwikkelinge in die mynbedryf (veral koper en diamante) in dié deel van die land is die pas in 1979 verder verbeter en geteer. Die pas bereik 'n maksimum hoogte van 950 m bo seevlak en 'n gradiënt van 1:25.

Anenouspas
Ligging Tussen Port Nolloth en Steinkopf
Maksimumhelling 1:25
Hoogte 950 m
Lengte 5 km
Oppervlak Teer
In Klipfonteinberg
Pad N7

Bibliografie

  • Clement, A.J.: The Port Nolloth mule train. In: Lantern. Tydskrif vir Kuns, Kennis en Kultuur. Jaargang 29, nr. 2, April 1980.
  • Ross, Graham: The romance of Cape Mountain Passes. Kaapstad: Sunbird, 2011. ISBN 978-1-920289-51-5

Sien ook

17°36′26.64″O / 29.2259000°S 17.6074000°O / -29.2259000; 17.6074000

Tags:

Atlantiese OseaanConcordiaDiamantKoperN7NamibiëOkiepPaul SauerPort NollothR382 (Suid-Afrika)RichtersveldSeevlakSteinkopf

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VolstruisSlawernyCheslin KolbeKangogrotteDaggaAngina pectorisNasiebouLyfstraf in skoleMeervoudClanwilliam-sandvisMIVNazi-DuitslandWinnie Madikizela-MandelaKappie (skryfteken)PoesYouTubeDonderstormHibernasieLeierSkuinsstreepJavaScriptKongo-krisisArmoedeverligtingChris HaniVennootskapAfro-AmerikanersWebjoernaalSirkusLettergreepMenstruasieDistillasieDarwinismeWinterWikimedia-stigtingDokterVolhoubaarheidKoue OorlogOmgewingskwessies in Suider-AfrikaNoordwesOogproblemeSeksGautengGeskiedenis van die Britse Ryk en StatebondMeettegniekToestand van materieMadison IvyTaalBreinkaartMonopolyRonelda KamferWatersuiweringBruto binnelandse produkHaasDermpoliepDesimale breukeVerkragtingSoogdierPinksterWater (molekuul)ZoeloesEeuThabo MbekiVulvaMandalaBloedsomloopstelselHemelBesemGeboortePuberteitMobutu Sese SekoEerste WêreldoorlogMahatma GandhiEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaGroot GatHorlosieSamestellende afleiding🡆 More