Ds.
Andreas Adriaan (Andries) Louw (Paarl, 30 Mei 1827 - Paarl, 24 Junie 1908) was 'n invloedryke leraar in die Nederduitse Gereformeerde Kerk, die vader van ds. Andries Adriaan Louw sr. en grootvader van dr. Andries Adriaan Louw jr.
Hy was van 1848 tot 1867 die eerste leraar van die eerste gemeente in die Oranje-Vrystaat, NG gemeente Fauresmith en praeses van die stigtingsvergadering van die Sinode van die Vrystaat in 1864. Van 1867 tot 1882 was hy leraar van die NG gemeente Murraysburg in die Karoo en van 1882 tot hy sy emeritaat aanvaar het in 1897 van die Toringkerk in die Paarl. In sy eerste gemeente hy sowat 19 jaar gestaan, in die tweede 15 jaar en ook in die derde. Uit sy huwelik met Jemima Murray, 'n dogter van ds. Andrew Murray sr., is nog drie bekende leraars gebore, Andries Adriaan Louw sr., Abraham Faure Louw en James Murray Louw.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Andries Adriaan Louw, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.