André Van Gyseghem

André van Gyseghem (* 18 Augustus 1906 in Eltham, Londen, † 13 Oktober 1979 in Londen) was 'n Engelse akteur en teaterdirekteur wat ook in 'n verskeidenheid televisieprogramme opgetree het.

Lewe en werk

Vroeë lewe

André van Gyseghem is op 18 August 1906 in Eltham, Graafskap Londen as seun van Georges Emil van Gyseghem en sy vrou Minnie Evison (née Offord) gebore. Hy het sy skoolopleiding in Greenwich ontvang en daarna toneelkuns aan die Koninklike Akademie vir Dramakuns (Royal Academy of Dramatic Art, kort RADA) gestudeer. Sy loopbaan het hy in 'n musiekuitgewery begin.

In September 1927 het hy sy toneeldebuut by die Theatre Royal in Bognor gemaak waar hy die rol van Peveril Leyburn in The Constant Nymph vertolk het. In Januarie 1928 het hy met dieselfde toneelproduksie getoer, hierdie keer as Lewis Dodd. Tussen September 1928 en Julie 1930 was hy by die Hull Repertory Theatre aangestel waar hy onder direksie van A.R. Whatmore 'n reeks van jeugdige karakters vertolk het.

Terugkeer na Londen

Ná sy terugkeer na Londen het hy in Julie 1930 as Vitek in The Macropulos Secret opgetree. Vervolgens het hy by die Embassy Theatre se toneelgeselskap aangesluit waar hy tussen September 1930 en Oktober 1934 in verskeie rolle opgetree het, waaronder dié van Florindo in The Liar en Master Klaus in The Witch. Gedurende sy aanstelling by dié teater het hy ook sy lange loopbaan as teaterdirekteur begin, met Agatha Christie se toneelstuk Black Coffee as sy debuut in Desember 1930. Ander produksies, wat hy by die Embassy behartig het, sluit in:

  • Miracle at Verdun deur Hans Chlumberg, September 1932
  • The Glass Wall (première), deur E. M. Delafield, Februarie 1933
  • All God's Chillun Got Wings, Maart 1933, met Paul Robeson en Flora Robson
  • The Brontes of Haworth Parsonage, November 1933
  • Windfall deur R. C. Sherriff, Februarie 1934
  • Stevedore, Mei 1935, met Paul Robeson en Robert Adams.

Tussen 1933 en 1935 het André van Gyseghem vyf reise na die Sowjetunie onderneem, insluitende een jaar se toneelwerk by Nikolai Ochlopkof se Realistiese Teater in Moskou. Hy was een van min Engelssprekende deskundiges wat vertroud was met destydse Russiese toneelkuns en het talle artikels vir die Moskouse Engelsmedium-dagblad Moscow Daily News bygedra. Baie van sy toneelervaring het hy aan die opleiding toegeskryf wat hy daar ontvang het. Hy het by die Kommunistiese Party aangesluit en voorsitter van die Unity Theatre se "Bestuurskomitee" geword.

In 1936 het Van Gyseghem die feesoptog vir die Britse Rykstentoonstelling in Johannesburg behartig. Hy was van voorneme om by die destydse Bantu Dramatic Society se opvoerings van Shakespeare-tonele betrokke te raak, maar sy aansoek is verwerp. Vervolgens het hy in 1937 The Bantu People's Theatre (later bekend as die African National Theatre) in die lewe geroep.

In 1939 het hy homself gespeel in die televisietoneel Rehearsal for a Drama. In 1943 het hy die rol van Cecil Tempest in die rolprent Candles at Nine vertolk, en in 1949 dié van Oblensky in Warning to Wantons. In 1953 het hy nog 'n keer homself gespeel in The Limping Man. Tussen 1951 en sy afsterwe in 1979 het hy rolle in meer as vyftig Britse televisiedramas vertolk, waaronder dié van Sir Martin Shandwick in The March of the Peasants in 1962.

Hy was ook een van verskeie Number Twos in die Britse kultus-televisiereeks The Prisoner wat in die 1960's gebeeldsaai is. In die aflewering "It's Your Funeral" het hy Number Two kort voor dié se aftrede vertolk. Van Gyseghem het sy verskyning ook in een aflewering van The Saint gemaak waarin hy teenoor Roger Moore gespeel het.

Van Gyseghem was getroud met die aktrise Jean Forbes-Robertson (1905-1962). Uit die huwelik is in 1941 een dogter, Joanna Van Gyseghem, gebore wat net soos haar ouers 'n akteursloopban gekies het.

Publikasies

  • André van Gyseghem: Theatre In Soviet Russia. London: Faber and Faber Ltd. 1943

Verwysings

Tags:

André Van Gyseghem Lewe en werkAndré Van Gyseghem PublikasiesAndré Van Gyseghem VerwysingsAndré Van Gyseghem13 Oktober18 Augustus19061979Londen

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Gevolge van aardverwarming op oseaneJaco JacobsRefentse MorakeLys van Afrikaanse skrywersProsaPseudowetenskapOnderhandelinge om apartheid te beëindigAnglo-BoereoorlogInsekPlastiekRooilipslangNic de JagerLeeuKaliforniese KanaaleilandeWeer (meteorologie)Anale seksApostelKoue OorlogKompasJak de PriesterLettergreepNasionale PartySelfmoordWilna SnymanAfro-AmerikanersGriekse mitologieLiefdeOntkiemingTurksvyInternetNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyNasionale VrouemonumentOlimpiese Somerspele 2024SokkerKhoikhoiWinnie Madikizela-MandelaLugbesoedelingVrymesselaryWayback MachinePapegaaieDansMaanOntbossingBeroerteAssonansieVryheidsdagHarry KerrDonderstormJavaScriptEl (lengtemaat)NG gemeente JansenvilleSaldanhaSowjetunieVratGemeenskapsorganisasieLys van chemiese elemente volgens atoomgetalLys van musiekinstrumenteSprokieErfenisdag (Suid-Afrika)DataverwerkingLys van Afrikaanse rolprenteDolfynAarde se atmosfeerWaterpokkiesJaarHeuningPornografiese subgenresStikstofNarsistiese persoonlikheidsteuringWindVerantwoordelikheidNylrivier (Suid-Afrika)MondSamestellingInligtingstegnologieTuisbladBloedvergiftiging🡆 More