Pylsterteend: Voëlspesie

Die pylsterteend (Anas acuta) is 'n algemene en wydverspreide eend wat oor groot dele van Noord-Amerika, Europa en Asië voorkom, asook in sekere streke in Afrika.

Die spesie kom ook voor in 'n klein strekie in suidelike Afrika en word dus ook as 'n Suider-Afrikaanse voël beskou. Hulle is streng nomadies. Buite die paarseisoen is hulle hoogs gesellig en vorm groot gemengde swerms met ander eende.

Pylsterteend
Pylsterteend: Identifikasie, Habitat, Verspreiding
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
A. acuta
Binomiale naam
Anas acuta
Pylsterteend: Identifikasie, Habitat, Verspreiding
Liggroen: broeigebied; blou: oorwintergebied; donker groen: permanente habitat

Eilandbevolkings het afgesplinter en ontwikkel in aparte spesies soos Eaton se pylsterteend (Anas eatoni), 'n nabyverwante spesie waarvan twee vorme op die Kergueleneilande (Anas eatoni eatoni), en Crozeteilande (Anas eatoni drygalskyi) in die suidelike Indiese Oseaan gevind word. In beide gevalle ontwikkel die manlike voēls nie volle broeivere nie.

Bedreigings vir die pylsterteend sluit in: voëlgriep en verlies van watergebiede as gevolg van ontwikkeling, besoedeling en indringerplante.

Identifikasie

Pylsterteend: Identifikasie, Habitat, Verspreiding 
Mannetjie en wyfie pylsterteende
Anas acuta

Die broeimannetjie is onmiskenbaar. Hy het 'n vaalgrys liggaam, wit bors en wit streep wat van die bors af met die nek langs tot by die kop loop, en 'n donkerbruin kop. Die anusstreek is vaalbruin en swart, en dit het die lang gepunte stert wat aan die spesie sy Afrikaanse, Engelse (Pintail of Northern Pintail) en wetenskaplike naam gee.

Die wyfie is ligbruin met 'n ligter bruin keel en haar gepunte stert is korter, maar sy kan maklik uitgeken word aan haar vorm, lang nek, en lang grys snawel. Onvolwasse en mannetjie-eende in niebroeiverekleed, lyk soos die wyfie. Die spesie is redelik groot vir 'n eend, maar is lig vir sy grootte; mannetjies wissel van 65 tot 75 cm in lengte, terwyl wyfies kleiner is, naamlik 50 tot 55 cm.

Habitat

Die pylsterteend is 'n voël van oop watergebiede, soos nat grasvelde of toendra, en wei deur hoofsaaklik in die aand of snags vir plantvoedsel rond te pik. Tydens paartyd eet die voël ook waterinsekte, slakke en skaaldiere. Hulle wei soms op gras en sade in die velde. Hulle gebruik 'n vlak, saamgeskraapte nes op die grond, gevoer met plantmateriaal en dons, in 'n droë ligging wat redelik ver van water kan wees.

In die Hawaii-eilande oorwinter 'n paar honderd pylsterteende in vlak moerasland en oorspoelde landbouhabitatte.

Verspreiding

Die wêreldwye pylsterteendbevolking word tans op tussen 6 100 000 en 7 500 000 geskat. Die spesie is broei-endemies in die noordelike dele van Asië en oor die grootste deel van Kanada, Alaska en die noordelike Verenigde State. Die pylsterteende oorwinter verder suid, en is endemies aan enkele dele van Europa en die Verenigde State. Die oorwinteringsgebied sluit sentrale en suidelike dele van Noord-Amerika, Noord-Afrika aan die Middellandse See en die meeste dele van Europa, 'n strook oor Afrika vanaf Mauritanië in die weste tot sover as die ewenaar in Kenia in die ooste, en van daar af noord tot by die Middellandse See, asook Indië en ander dele in die Verre-Ooste in. In Kenia bewoon hulle standhoudende watergebiede en oorwinter in groot getalle op die mere van die Groot Skeurvallei en in die sentrale en westelike hooglande.

In Suidelike Afrika word ontsnapte hokvoëls soms gesien, maar hulle kom natuurlik voor in die noordooste van Zimbabwe.

Geluid

Die mannetjie het 'n hoërige "krie"-fluitgeluid, terwyl die wyfie laer kwaakgeluide maak.

Ander name

  • Engelse naam: Northern Pintail/Pintail
  • Wetenskaplike naam: Anas acuta

Die antieke Hawaiiese naam vir die pylsterteend is Koloa Mapu wat windgewaaide eend beteken. Mapu beteken ook om te styg of soos 'n wolk te sweef.

Galery

Sien ook

Verwysings

Bronnelys

Eksterne skakels

Pylsterteend: Identifikasie, Habitat, Verspreiding 
Wikispecies
Wikispecies het meer inligting oor: Anas acuta

Tags:

Pylsterteend IdentifikasiePylsterteend HabitatPylsterteend VerspreidingPylsterteend GeluidPylsterteend Ander namePylsterteend GaleryPylsterteend Sien ookPylsterteend VerwysingsPylsterteend BronnelysPylsterteend Eksterne skakelsPylsterteend

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Lys van Afrikaanse digtersMartin Luther King jr.TienerVingerseksGeografie van Suid-AfrikaHeuningLys van nedersettings in Suid-AfrikaBoer Soek 'n VrouToekoms van die AardeBewussynDeelstate van die Verenigde State van AmerikaFranse RewolusieMieliestronkArmoedeLugbesoedelingLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)Tweede WêreldoorlogSuid-EuropaWoordeboek van die Afrikaanse TaalChemiese reaksieOutismeKostuumsParkinson se siekteKoorsLys van Suid-Afrikaanse skrywersLys van Kaapstad se voorstedeWikiquoteInfeksieJanie du PlessisSwangerskapKaapse florarykKangogrotteDokterYsterKoringTaalfossielPlantSelfstandige naamwoordAnale seksMolekuulSwartbewussynsbeweging22 AprilGeslagWolfOmtrek, oppervlakte en volumeDuitslandDundermBraaiMaagThys die BosveldklongKunsMasturbasieKongo-krisisAntoniemLiefdeJuan Antonio VillacañasOnse VaderCarles PuigdemontWater (molekuul)Maroela MediaKlimaatNarsismeLongEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaHannes van WykVoedingStedelike hitte-eilandYouTubeNeonVergelykings (taalkunde)VolhoubaarheidSeisoenLeestekenAborsieHamburger🡆 More