Analitiese Filosofie

Analitiese filosofie, of te wel anglo-amerikaanse of Engelse-taal filosofie, is die generiese naam vir die styl waarin die oorweldigende meerderheid van filosofie in die Engels-sprekende wêreld verskyn.

In die Verenigde Koninkryk, VSA, Kanada, Australië en Nieu-Seeland identifiseer verreweg die meeste van filosofiedepartemente hulself as "analities". In Suid-Afrika vind meeste filosofie plaas in die kontinentale tradisie, maar die Universiteit van die Witwatersrand, die Universiteit van Kaapstad, die Universiteit van KwaZoeloe-Natal en Rhodes-universiteit identifiseer hulself as hoofsaaklik of gelykmatig "analities" in styl.

Sienende dié wye omvang is dit moeilik om 'n betekenisvolle definisie te gee van wat dit is wat neigings binne in analitiese filosofie met mekaar deel. Dit is moontlik dat die verwantskap niks verder strek nie as 'n reeks soortgelyknisse soos dié tussen verskillende lede van dieselfde gesin. Sover as wat verwantskappe gegee kan word, kan analitiese filosofie gekarakteriseer word deur die aandag wat gegee word aan argumente en dat dié argumente duidelik voorgestel word, dikwels deur middel van formele logika. Daar heers ook 'n algemene respek teenoor die natuurwetenskappe.

Die historiese oorsprong van analitiese filosofie kan opgesom word deur die volgende stellings:

  • Eerstens, die ideë dat daar geen spesifiek filosofiese waarhede in die wêreld is nie, en dus dat filosofie die ontwikkeling en evaluasie van algemene denke en denkrigtings is. Die teiken van analitiese filosofie is dus nie 'n selfstandige vakrigting nie, maar as 'n aanvulling tot ander menslike projekte, bv. die natuurwetenskappe of moraliteit.
  • Tweedens, die oogpunt dat die verklaring van denke slegs kan plaasvind deur die analise van die logiese vorms van proposisies, d.w.s, wat bedoel word deur spesifieke stellings en hoe die wêreld moet wees as sulke stellings sou waar wees.
  • Derdens, alomvattende filosofiese projekte word opsygesit ten gunste van die presiese ondersoeking van die detail van teorieë.

Eksterne skakels

Sien ook

Kontinentale teenoor analitiese filosofie

Verwysings

Tags:

AustraliëKanadaKontinentale filosofieNieu-SeelandRhodes-universiteitUniversiteit van KaapstadUniversiteit van KwaZoeloe-NatalUniversiteit van die WitwatersrandVerenigde KoninkrykVerenigde State van Amerika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

AsemhalingSlawernyWayde van NiekerkPapegaaieNeurenberg-verhoreJohannes HahnKoringFanie ViljoenVoortrekkermonumentHemelBesemSwawelDoelwitSarel Jacob PretoriusDundermLieweheersbesieKookpuntSteve BikoAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidHomofoonPaddaNic de JagerKrieketDirekte en Indirekte redeNamibiëPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaGeelsugLuiperdHondLetterlike en figuurlike taalgebruikSpreeuAnrich HerbstOnderwerp (taalkunde)MIV/vigs in Suid-AfrikaKwaZulu-NatalLemoenLien se lankstaanskoeneMetafoorAfkortingSomerSoortnaamWaterpokkiesTuberkuloseVoorsetselJode in Suid-AfrikaWoordeboek van die Afrikaanse TaalKoolhidraatNetbalLys van Nederlandse skildersWerkloosheidNaaldekokerTrekarbeidStaatstoelaeLiewe HeksieMonopolieOssewaKatoenAarde se atmosfeerPornhubNasionalismeOseaanIndiëAfleiding (taalkunde)VlinderPesachPussy RiotSoogdierCarles PuigdemontLandbouRenaissanceSimboolMiltMisdaadGroot GatGloeilampDonkieBreingewasJodeRooikat🡆 More