Analitiese Chemie is die analise van materiaalmonsters om 'n beter begrip te verkry oor hul chemiese samestelling en struktuur.
Analitiese chemie kan in twee hoofgroepe verdeel word:
Moderne analitiese chemie is hoofsaaklik kwantitatief van aard. Kwantitatiewe analise kan verder verdeel word in verskillende studiegebiede. Die materiaal kan geanaliseer word om die hoeveelheid van 'n element in 'n monster teenwoordig, vas te stel of die hoeveelheid van 'n element wat in 'n spesifieke chemiese verbinding teenwoordig is, te bepaal. Laasgenoemde is van besonderse belang in biologiese stelsels; die molekules van lewe bevat koolstof, waterstof, suurstof, stikstof en ander elemente in komplekse strukture.
Daar is 'n verbysterende aantal tegnieke beskikbaar om chemiese verbindings te skei en te meet.
Analitiese metodes is afhanklik daarvan dat sorgvuldige aandag aan sindelikheid, monstervoorbereiding en akkuraatheid en presisie geskenk word.
Baie praktisyns hou dus as voorbeeld hulle glasware in suur om kontaminasie te verhoed, die monsters word herhaaldelik getoets en toerusting word gewas in spesiaal gesuiwerde oplosmiddels.
'n Standaard analitiese metode vir konsentrasie behels die skepping van 'n kalibrasiekurwe.
As die konsentrasie van 'n element of verbinding in 'n monster bo die meetbestek van die tegniek val, kan dit eenvoudig verdun word in 'n suiwer oplosmiddel. As de hoeveelheid in die monster onder die meetbestek van die meetinstrument val, kan die metode van byvoeging gebruik word. Met hierdie metode word 'n bekende hoeveelheid van die element onder oorweging bygevoeg en die verskil tussen die konsentrasie bygevoeg en die konsentrasie waargeneem is dan die hoeveelheid wat werklik in die monster voorgekom het.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Analitiese chemie, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.