Rivier Amstel

Die Amstel (Na Aeme-stelle, 'n oud-Nederlandse woord vir wateragtige gebied) is 'n gekanaliseerde rivier in die suide van Noord-Holland.

Die gebied langs die rivier staan bekend as Amstelland.

Amstel
Uitsig op die Amstel in Amsterdam.
Uitsig op die Amstel in Amsterdam.
Uitsig op die Amstel in Amsterdam.
Rivier Amstel

Die stroomgebied van die Amstel.

Oorsprong Aarkanaal (Zuid-Holland)
Monding IJ, Amsterdam (Noord-Holland)
Stroomgebied Zuid- en Noord-Holland, Nederland
Lengte 31 km (19 myl)
Mondinghoogte 0 m

Geskiedenis

Die plaaslike bevolking het veen vanaf die rivier ontgin: die afgesteekte grond is tot turf verwerk en as brandstof gebruik. Die veenwerkersgehug Amstelveen het waarskynlik in die veengebied ten weste van Ouderkerk in ongeveer die begin van die dertiende eeu so ontstaan.

Deur die aanleg van 'n dam in die monding van die rivier ontwikkel daar in die noordelike deel van Nieuwer-Amstel die vissersdorpje "Amstelredam", wat in ongeveer 1300 stadsregte verwerf. Die gehug groei tot die stadjie Amsteldam, wat as gevolg van die ligging daarvan aan die Suidersee algaande belangriker word.

Oorspronklik mond die rivier uit in die IJ, nou eindig die Amstel in die binnestad van Amsterdam (Rokin). Die laaste stuk van die straat langs die Amstel in Amsterdam heet ook Amstel. deur duikers onder die gedempte deel van die Rokin en die Dam stroom van die water nog steeds deur die Damrak in die IJ in, hoewel die meeste deur die Amsterdamse gragte omgelei word.

Loop van die rivier

Die oorspronklike Amstel se oorsprong was by die saamvloei van die Drecht en die Kromme Mijdrecht, effens suid van Uithoorn. Deur kanalisasie en aanleg van die Amstel-Drechtkanaal is hierdie oorspronklike loop minder duidelik waarneembaar.

'n Deel van wat oorspronklik die Amstel genoem is, is nou eintlik 'n onderdeel van die Amstel-Drechtkanaal. Die kanaal begin by die samekoms van die Drecht en die Aarkanaal, effens noordwes van Nieuwveen, en loop tot aan Ouderkerk aan de Amstel waar die Bullewijk daarin uitmond. Daarvandaan heet die water amptelik nog steeds Amstel. Die deel van die Aarkanaal tot die Bullewijk is 18,5 km lank, vanaf daar tot die monding meet die water 12,5 km.

Behalwe die Kromme Mijdrecht en die Bullewijk loop die riviertjie die Waver in die Amstel uit by die suidelikste punt van die polder die Ronde Hoep.

Die Amstel in die kunste

Rivier Amstel 
Amstel bij Nacht deur Frans Koppelaar; olieverf op doek.

Enkele skilders wat die Amstel in kunswerke afegebeeld het sluit in:

  • Aert van der Neer - (1603-1677)
  • Rembrandt van Rijn - (1606-1669)
  • Georg H. Breitner - (1857-1923)
  • Willem Witsen - (1860-1923)
  • Piet Mondriaan - (1872-1944)
  • Hendrik Jan Wolter - (1873-1952)
  • Frans Koppelaar - (1943- )

Tags:

AmstellandNoord-HollandRivier

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

ApartheidNG gemeente JansenvillePredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaFabelRussiese inval in Oekraïne sedert 2022YstertydperkMaatskappySuid-AfrikaSinoniemOrale seksSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994WortelDemokratiese Republiek die KongoDonderstormMonopolyAngssteuringTsoenamiLeesVingerseksNasionale VrouedagMenseregteConsolidated B-24 LiberatorTafelbergJohannes HahnKlem-in-die-kaakVolhoubare ontwikkelingAdolf HitlerJan van TonderAfrikaanse TaalmonumentLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaMantisGeografie van Suid-AfrikaGlasSeisoenKanadaBywoordWhatsAppVoortrekkermonumentDeelstate van die Verenigde State van AmerikaAardverwarmingElon MuskSportBloedsomloopstelselVerkleurmannetjieSitrusHartversakingVerkoueLys van landeBestaansboerderyLettergreepYsterTussenwerpselAluminiumHomoniemChris HaniMenseregtedagChemiese verbindingLeestekenSelfmoordBybelOu Apostoliese KerkHandbalGawes van die Heilige GeesPerdSpringbokkeLys van Afrikaanse rolprenteRassismeKoringPesachKontinentPropagandaWinterArmoedeSeptimius AwardsVoorsetsel🡆 More