Amichand Rajbansi

Amichand Rajbansi (14 Januarie 1942 – 29 Desember 2011) was 'n Suid-Afrikaanse politikus.

Hy is die voormalige Hoofminister van die Huis van Verteenwoordigers, wat die parlementêre kamer vir die Suid-Afrikaanse Indiërbevolking was. Hy was ook die leier van die Minority Front gewees.

Amichand Rajbansi

Hoofminister van die Huis van Verteenwoordigers

Leier van die Minority Front
Ampstermyn
1 November 1993 – 2011

Leier van die National Peoples Party
Ampstermyn
1981 – 1994

Persoonlike besonderhede
Gebore 14 Januarie 1942
Durban
Sterf 29 Desember 2011 (op 69)
Durban
Politieke party Minority Front
National Peoples Party

Amichand Rajbansi, met die bynaam die Bengaalse tier, is gebore in Clairwood, Durban op 14 Januarie 1942. Hy voltooi sy skoolloopbaan aan die Clairwood Sekondêre skool en gradueer aan die destydse Indiër Universiteitkollege met geskiedenis en sielkunde as hoofvakke.

Na 'n loopbaan as 'n sportadministrateur, professionele sokkerafrigter, gemeenskapsleier, en in diens van plaaslike regeringstrukture word Rajbansi in 1974 tot die Indiërraad verkies. In 1976 bedank hy uit die Indiërraad in protes teen die inter-kabinetraad tussen die Indiërraad en die kabinet van Eerste Minister John Vorster. In 1981 stig hy die National Peoples Party (NPP) en word verkies tot die leier van dié party. Die NPP het aan die verkiesings vir die Suid-Afrikaanse Indiërraad deelgeneem en beheer oor die liggaam bekom.

In 1984, na die konstitusionele hervormings deur Eerste Minister P.W. Botha het die NPP deelgeneem aan verkiesings vir die Huis van Verteenwoordigers, die Indiërbevolking se parlementêre kamer. Die NNP het die meerderheid setels in die Huis van Verteenwoordigers gewen. As gevolg hiervan word Rajbansi 'n lid van die Suid-Afrikaanse kabinet en voorsitter van die Ministersraad vir Indiërsake. Ná die oorgang in Suid-Afrika na 'n volle inklusiewe demokrasie in 1994, is die NPP ontbind en vervang met die Minority Front, 'n party wat gedurende die verkiesing in 2009 genoegsame steun in veral die Suid-Afrikaanse Indiërgemeenskap ontvang het vir een setel in die parlement.

Na die 2004 verkiesings het Rajbansi 'n alliansie met die African National Congress (ANC) gevorm en is hy as lid van die uitvoerende raad vir sport en ontspanning van die KwaZulu-Natal Provinsie aangestel. In Januarie 2009 het die Indian International Friendship Society in New Delhi aan Rajbansi 'n Lifetime Achievement Award toegeken, die eerste ontvanger van dié toekenning in Afrika.

Hy is op Donderdag, 29 Desember 2011 om 10:10 aan natuurlike oorsake oorlede, nadat hy in Oktober in Durban se Umhlanga-hospitaal met brongitis opgeneem is.

Verwysings

Tags:

14 Januarie1942201129 DesemberMinority FrontSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BaälMenseregteLikkewaanWoestynSophie SchollKlimaatveranderingNatuurbewaringRooibokIvan ZimmermannByeboerderyAfkortingStresKlein vyf diereMartin Luther King jr.Nasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaTranspirasieSkaapBeroerteMolekuulSkildklierFinale OplossingHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalAfro-AmerikanersTasché BurgerVoëlInligtingstegnologieLiefdeXenofobieHernubare energieVerkleinwoordReg tot ‘n gesonde omgewingNommertekenDemokrasieAfrikaanse Protestantse KerkHeupSigaretSelfvertroueMierleeuHoërskool OuteniquaMenslike skeletEskomVerkleurmannetjieRenaissance7de LaanEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaSendelingposisieNederlandsHolocaustKrimpvarkiePsigopatiePornografiese akteurFiksieArgitektuurKragopwekkingHartKlein-KarooKongo-krisisAborsie in Suid-AfrikaVolhoubare ontwikkelingInflasieHoofkarakterKernkragKookpuntParkinson se siekteDierManie JacksonBeurtkragBoelieryKommunikasieMusiekAkkedisToekoms van die AardeKomplementêre kleureAarde se atmosfeerVarkBloedsomloopstelsel🡆 More