American Society Of Civil Engineers

American Society of Civil Engineers (ASCE)


Hoofkwartier

Reston, Virginië
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State


Stigting

5 November 1852


Tipe

Nie-regeringsorganisasie (NRO)
Ingenieurs-vereniging


Voorsitter

Kristina L. Swallow, P.E., ENV SP, F.ASCE


Ledetal

152 000+ (2016)


Webtuiste
www.asce.org

Die American Society of Civil Engineers (ASCE) is 'n Amerikaanse professionele liggaam wat in 1852 gestig is om die belange van siviele ingenieurs te verteenwoordig.

Die ASCE, wat sy hoofkwartier in Reston in die deelstaat Virginië het, is die oudste nasionale vereniging van ingenieurs in die Verenigde State. Sy statuut is op die ouer Boston Society of Civil Engineers gegrond wat in 1848 in die lewe geroep is.

Geskiedenis

Stigting

Die ASCE is op 5 November 1852 in New York gestig toe 'n klein groep van twaalf ingenieurs en argitekte - Julius W. Adams, J. W. Ayres, Alfred W. Craven, Thomas A. Emmet, Edward Gardiner, Robert B. Gorsuch, George S. Greene, James Laurie, W. H. Morell, S. S. Post, W. H. Talcott en W. H. Sidell - in die kantoor van Alfred W. Craven, die destydse hoofingenieur van die Croton-akwaduk in New York, vergader het om die American Society of Civil Engineers and Architects in die lewe te roep - as die eerste nasionale Amerikaanse ingenieurswese-vereniging wat ooit gestig is.

Die verwysing na die argiteksberoep is in 1869 uit die liggaam se naam geskrap nadat Amerikaanse argitekte reeds in 1857 hul eie professionele vereniging, die American Institute of Architects, in die lewe geroep het.

Die 21ste eeu

Ter geleentheid van die eeuwisseling in 2000 het die ASCE die grootste prestasies van 20ste eeuse siviele ingenieurswese met twee projekte in terugskouing gewaardeer. Met die Millennium Challenge in 1999 is die tien belangrikste prestasies van siviele ingenieurswese in breë kategorieë aangewys wat "die grootste positiewe uitwerkings op die lewe in die 20ste eeu" gehad het.

Individuele prestasies wat deur 'n "kombinasie van tegniese prestasie in ingenieurswese, waagmoed en inspirasie" gekenmerk is en "dramatiese invloed uitgeoefen het op die ontwikkeling van (hul) gemeenskappe" is vir die tweede projek Monuments of the Millennium aangewys.

Uitmuntende ingenieursprestasies is volgens kategorieë aangewys en 'n kenmerkende voorbeeld vir die meeste kategorieë gegee (of die betrokke ingenieursdissipline in sy geheel as prestasie erken):

  • Lughawe-ontwerp en -ontwikkeling: Internasionale Kansai-lughawe in Osaka, Japan
  • Dambouprojekte: Hooverdam in die Colorado-rivier, Verenigde Sate
  • Interstate Highway System (die Amerikaanse snelwegstelsel oor deelstaatgrense heen)
  • Langspanbrûe: Golden Gate-brug in San Francisco, Kalifornië
  • Spoorvervoer: Eurotunnel-projek as spoorwegverbinding tussen die Verenigde Koninkryk en Frankryk
  • Sanitêre stortterreine en afvalbehandelingsaanlegte
  • Wolkekrabbers: Empire State-gebou in die middestad van Manhattan, New York
  • Rioolwaterbehandeling: Chicago se rioolwaterbehandelingstelsel
  • Watervoorsiening en -verspreiding: Kalifornië se staatsbeheerde waterprojek
  • Watervervoer: Panamakanaal

Verwysings

Tags:

American Society Of Civil Engineers GeskiedenisAmerican Society Of Civil Engineers VerwysingsAmerican Society Of Civil Engineers

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KinderregteSpoorvervoer in Suid-AfrikaGasNierRussiese inval in Oekraïne sedert 2022RelatiwiteitsteorieLenteSeksposisieTandbederfWater (molekuul)HondeklipbaaiSuid-Afrikaanse randLabia (geslagsdele)Lionel PetersonPuberteitBernice WestMeningsverskil oor aardverwarmingKunsmatige algemene intelligensiePlantluisSuurstofMobutu Sese SekoPretoriaGalileo GalileiSuiwelprodukZack du PlessisVoornaamwoordTelkomVoedingBoelieryMona LisaImmunologiePaasfeesHokkieMieliestronkAngolese BurgeroorlogVroueregteSoweto-opstandAntisemitismeNapoleon BonaparteOlimpiese SpeleBesoedelingBreinkaartLodewyk XVI van FrankrykRacheltjie de BeerSatellietDemografie van Suid-AfrikaGeskiedenis van AfrikaansWoordeskatErosieGesonde dieetWeervoorspellingVerkleurmannetjieWoestynPresident van Suid-AfrikaLPerdOmtrek, oppervlakte en volumeAtoomOnomatopeeEk is 'n Afrikaan (toespraak)AardverwarmingYouTubeVermenigvuldigingVloeistofStudievaardighedeSaartjie BaartmanTelwoordJudaïsmeMuishondCristiano RonaldoAbstraksie (rekenaarwetenskap)Pubiese hareKunsmatige intelligensieAbsolute monargieJode in Suid-AfrikaEkologie🡆 More