Amanda Luyt

Amanda Luyt (31 Maart 1965 –) is 'n Afrikaanse sangeres.

Haar eerste album, My verlange, word in 1987 uitgereik en haar tweede album, Woorde, in 1989. Een van haar bekendste treffers is As Jy Aan Eendag Glo. Sy was ook die aanbieder van twee TV-programme, Op Versoek en Teletreffers.

Amanda Luyt
Gebore31 Maart 1965 (1965-03-31) (58 jaar oud)
Germiston, Transvaal
GenresKontemporêr
Beroep(e)Sangeres, Tegniese sanginstrukteur
Jare aktief1982
EtiketteDECIBEL, TUSK, SELECT
Webwerfamandaluyt.co.za

Biografie

Amanda Luyt is op 31 Maart 1965, te Germiston, Transvaal gebore. Van 'n jong ouderdom toon sy reeds haar passie vir musiek en die verhoog. Sy was 'n leerling aan Laerskool Witfield, met haar hoërskoolloopbaan aan Kuswag, Amanzimtoti en Hoërskool Goudrif, Edenvale. In 1983 skryf sy in as dramastudent by Universiteit van Pretoria, maar verander haar studierigting en verwerf 'n Diploma in Joernalistiek aan die Technikon Pretoria.

Professionele loopbaan

Amanda begin reeds op die ouderdom van 16 jaar professioneel optree en teken op die ouderdom van 21 haar eerste platekontrak met die hoofstroom-etiket, Decibel. Voor haar opnamekontrak is sy reeds 'n bekende gesig op TV, waar sy haar talent wys in verskeie plaaslike musiekprogramme wat op die kanaal TV4 uitgesaai is. Amanda voltooi twee albums, nl: My Verlange en Woorde, tydens haar kontrak met Decibel en behaal sukses met veral die treffer: As Jy Aan Eendag Glo. Amanda se kop staan egter na 'n meer alternatiewe klank en in 1991 span sy saam met Harold Schenk om die popduo, ye-ye, te vorm. ye-ye was saam Johannes Kerkorrel die eerste twee kunstenaars van die nuutgevonde Talisman, die Afrikaanse etiket van Tusk Records, onder leiding van Deon Maas.

Die musiek van ye-ye is as stoompop geëtiketeer en het ten doel gehad om 'n nuwe klank in die gevestigde hoofstroommark te vestig. Saam met die voêlvry-beweging, was ye-ye een van die voorlopers van 'n nuwe klank vir Afrikaanse musiek. Ongelukkig, soos baie van hul medegenote, word hul musiek nie positief aanvaar deur die konserwatiewe, Afrikaanse gemeenskap nie en Luyt is selfs in die pers as satanis beskuldig deur 'n predikant van 'n NG-Gemeente van Waterval-Boven. Saam met Harold Schenk vervaardig sy die album: Paradiso wat vir 'n SAMA genomineer word en ook in Brasilië versprei word.

Schenk en Luyt bestuur hul eie ateljee in Pretoria, Gauteng vanaf 1997-2003, waar hulle talle SA-kunstenaars se produksies behartig. Amanda spits haar toe op haar gesin en neem daarna twee albums op: As Jy Aan Eendag Glo (2000) en Deel van My (2006). Laasgenoemde album word baie goed ontvang en word ook genomineer vir 'n SAMA-toekenning. Gedurende haar loopbaan as verhoog- en opnamekunstenaar, toer sy deur die hele land en deel die verhoog saam met die top SA-kunstenaars.

Amanda woon tans in Kaapstad, waar sy sedert 2007 haar dienste as tegniese sanginstrukteur aanbied.

TV - Loopbaan

Amanda bied twee TV1 programme, nl. Teletreffers en Op Versoek aan gedurende 1993.

Diskografie

  • Deel Van My, TRU204 2006 SELECT
  • As Jy Aan Eendag Glo, TRU203 2001 SELECT
  • Paradiso, 1996, TUSK
  • Ye-Ye, 1995, TUSK
  • Woorde, DECIBEL, 1989
  • My verlange, DECIBEL, 1987

Sien ook

Eksterne skakels

Tags:

Amanda Luyt BiografieAmanda Luyt Professionele loopbaanAmanda Luyt TV - LoopbaanAmanda Luyt DiskografieAmanda Luyt Sien ookAmanda Luyt Eksterne skakelsAmanda Luyt19651987Afrikaans

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Menslike seksuele gedragReënspinnekopMenslike skeletKoue OorlogJeugdagGewone drolpeerKoreaanse nasionale rugbyspanWikimedia-stigtingProstaatkankerAfrikaansWikipediaOraniaMieliestronkEmfiseemPofadder (slang)InhoudSean CombsKarlien van JaarsveldGoogle TranslateSesnasies-toernooiOrtopedieWaterpokkiesAnnelize van der RystKlitorisDuitsPaasfeesTydGeslagRooibokHelm (geboorte)2023OogproblemeByvoeglike naamwoordToorbergBateKaapstadDeelstate van die Verenigde State van AmerikaSwangerskapPapegaaiePenisPornhubWaldimar PelserN.P. van Wyk LouwHondsdolheidJan BloukaasAntoniemInternetDie Byl21 v.C.Serafín DengraAtriale fibrillasieSelfieBreinWiki CommonsAasblomOu Apostoliese KerkSelfstandige naamwoordDiepaartromboseGoogleMadison IvyNaeltjiesMamelukKoedoeBrandmondsindroomAndré Schwartz🡆 More