Amalia Uys: Suid-Afrikaanse aktrise

Amalia Uys, gebore 14 Oktober 1984 op Springbok in die Noord-Kaap, is 'n Suid-Afrikaanse aktrise wat veral bekend is vir haar rol as San-Mari van Graan in die SABC 2 televisie-sepie, 7de Laan.

Amalia Uys
Geboorte 14 Oktober 1984
Nasionaliteit Suid-Afrika
Beroep(e) Aktrise
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Uys het matrikuleer aan Hoërskool Menlopark en in 2006 haar BA Drama-graad aan die Universiteit van Stellenbosch behaal. As nagraadse studie het Uys ook ʼn televisie-aanbiedingskurus onder leiding van die aktrise Elsabé Daneel geneem, dans beoefen by die Royal Acadamy of Dance tot en met Graad 8-vlak en drie opeenvolgende fotografiekursusse aan Vega-kollege geneem, vanaf 2009 tot 2011.

Na haar studies het sy na Johannesburg verhuis en 'n oudisie afgelê vir die rol van San-Mari in die sepie 7de Laan. Uys het haar ook bekwaam om agter die skerms te werk en het die geleentheid gehad om die kostuumafdeling van die film Broken Darkness in 2017 te behartig. In 2017 was Uys ook die vervaardiger en produksiebestuurder van die film Hunting Emma.

Film

  • Vergeet my nie; vertolk die rol van Thea (2020)
  • Blue Dress; kortfilm; vertolk die rol van Claire (2019)
  • Relatief Jonk; vertolk die hoofrol (2018)
  • Vat ʼn Kans; vertolk ʼn ondersteunende rol (2018)
  • Die Skandaal; vertolk ʼn ondersteunende rol (2018)
  • Skerm; kortfilm; vertolk die rol van die vrou (2017)
  • Double Echo; vertolk die rol van Michelle (2017)
  • Infidel; kortfilm; vertolk die rol van die meisie (2016)
  • Sy Klink Soos Lente; vertolk die rol van Linda (2016)
  • Sink; vertolk die rol van Anja Fouché (2015)
  • Agent 2000: Die Laksman; vertolk die rol van Juffrou Kieswetter (2014)
  • Klein Karoo; vertolk die rol van Magriet (2013)

Televisie

  • Fynskrif; vertolk die rol van Francine (2019)
  • Pasella; veldaanbieder van die geselsprogram (2018 – 2019)
  • Spoorloos; vertolk die rol van Lara (2018)
  • Hotel; vertolk die rol van haarself (2017)
  • Bloedbroers; vertolk die rol van Truida Naudé (2015)
  • Binnelanders; vertolk die rol van Margot Brink (2015 – 2016)
  • The Comedy Central Roast; gasspeler (2016)
  • Mooiloop; vertolk die rol van haarself (2013)
  • Suidooster; vertolk die rol van Ciska Venter (2013 – 2020)
  • Pandjieswinkelstories; vertolk ʼn ondersteunende rol (2013)
  • 7de Laan; vertolk die rol van San-Mari van Graan (2008)
  • Gabriël; vertolk die rol van Sunshine (2005)

Teater

  • Die Vrou Uit Die See; vertolk ʼn ondersteunende rol; regie: Henry Mylne (2013)
  • Huis toe; vertolk die hoofrol; regie: Henry Mylne (2013)
  • My Vrou Se Man Se Lyk Se As; vertolk ʼn ondersteunende rol; regie: Henry Mylne (2012 – 2013)

Persoonlike lewe

In 2016 het Uys verloof geraak aan Shaun Golding en is die daaropvolgende jaar in Robertson in die Wes-Kaap getroud.

Bronnelys

Tags:

Amalia Uys FilmAmalia Uys TelevisieAmalia Uys TeaterAmalia Uys Persoonlike leweAmalia Uys BronnelysAmalia Uys14 Oktober19847de LaanAktriseNoord-KaapSABC2Springbok, Noord-Kaap

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

WikipediaGevolge van aardverwarming op oseaneWiskundeLewerSirkelOmgewingskwessies in Suider-AfrikaPretoriaHannes van WykRoofvoëlKlimaatveranderingSekondêre sektor van die ekonomieDrinkwatervoorsieningVerkragtingDokterMaatskappyWiki CommonsBateVaginale kankerJagluiperdVulvaStaalBorskankerHoofpynBynierNoord-Sotho (taal)Lys van musiekinstrumenteMagneetVierde Industriële RevolusieNatuurrampPiesangVrouVlag van Suid-AfrikaSpringbokkeByung-Chul HanHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalHerpes simplexMidde-OosteJakobHidroëlektrisiteitKonsentrasiekampSendelingposisieBoerboelKrugerwildtuinWerkersdagPaasfeesBesoedelingSteenkool in Suid-AfrikaSomerDemokratiese Republiek die KongoTamboraKindersiektesGreen PornoAndrew DavisKameelperdPlae van EgipteDirekte en Indirekte redeSlangSeilvaartSeptimius AwardsKrapStadSenuweestelselBraaiAngolaDonderstormGlasJSEMeervoudDriedimensioneelAssonansieEkonomie van Suid-Afrika🡆 More