Amílcar Cabral: Guinee-Bissau politikus (1924-1973)

Amílcar Lopes Cabral (21 September 1924 - 20 Januarie 1973) was 'n Kaaps-Verdiese landboukundige, skrywer en politikus.

Cabral het Afrika-nasionalistiese bewegings gelei in Guinee-Bissau, die Kaap Verde-eilande en die onafhanklikheidsbeweging van Guinee-Bissau. Hy is in 1973 vermoor, net voordat Guinee-Bissau onafhanklikheid verkry het. Die moord was na bewering gepleeg met die hulp van die destydse Portugese veiligheidsdiens die Polícia Internacional e de Defesa do Estado (PIDE).

Amílcar Cabral: Guinee-Bissau politikus (1924-1973)
Amilcar Cabral
Amílcar Cabral: Guinee-Bissau politikus (1924-1973)
Amílcar Cabral & Nicolae Ceaușescu (1972)

Jeug

Cabral is in Bafatá, Portugees-Guinee gebore, as 'n seun van Kaap Verdiese ouers. Hy het sy opleiding in Lissabon ontvang. Tydens sy studies stig hy 'n Afrika-nasionalistiese studentebeweging. Sy halfbroer, Luís Cabral, sou later die staatshoof van Guinee-Bissau word. Cabral het in die vyftigerjare na Afrika teruggekeer. Hy help om die PAIGC (Partido Africano para a Independência da Guiné e Cabo Verde) of die Afrika Party vir die Onafhanklikheid van Guinee en Kaap Verde te stig. Hy het ook saam met Agostinho Neto gewerk om 'n bevrydingsbeweging in Angola te vestig.

Bevrydingstryd

Vanaf 1962 lei Cabral die PAIGC in 'n militêre konflik teen die Portugese koloniale heersers. Die doel van die konflik was om onafhanklikheid vir sowel Portugees-Guinee as Kaap Verde te verkry. In die loop van die konflik het PAIGC toenemende grondgebied oorgeneem. Cabral het de facto leier geword van baie areas in Guinee-Bissau. Ter voorbereiding vir 'n onafhanklike Afrika staat het Cabral in 1972 'n volksvergadering byeengeroep. Voordat hy dit kon voltooi, is hy op 20 Januarie 1973 in Conakry vermoor deur 'n voormalige verontregte bondgenoot. Hy was bygestaan deur Portugese (PIDE) agente wat die PAIGC binnegedring het. Sy halfbroer, Luís Cabral, het die leier van die party in Guinee-Bissau geword en later die president van die staat.

Verdere leeswerk

  • Abdel Malek, Karine, "Le processus d'accès à l'indépendance de la Guinée-Bissau.", In : Bulletin de l'Association des Anciens Elèves de l'Institut National de Langues et de Cultures Orientales, N°1, Avril 1998. - bl. 53–60
  • Bienen, Henry (1977). "State and Revolution: The Work of Amilcar Cabral". Journal of Modern African Studies. 15 (4): 555–568. doi:10.1017/S0022278X00002226.
  • Chabal, Patrick. Amilcar Cabral: Revolutionary Leadership and People's War. New York and Cambridge, U.K.: Cambridge University Press, 1983. ISBN 0-521-24944-9.
  • Chailand, Gérard. Armed Struggle in Africa: With the Guerrillas in "Portuguese" Guinea. New York: Monthly Review Press, 1969. ISBN 0-85345-106-0.
  • Chilcote, Ronald H. (1968). "The Political Thought of Amílcar Cabral". Journal of Modern African Studies. 6 (3): 373–388. doi:10.1017/S0022278X0001747X. JSTOR 159305.
  • Dhada, Mustafah. Warriors at Work. Niwot, Colorado, USA: Colorado University Press, 1993.
  • Gleijeses, Piero (1997). "The First Ambassadors: Cuba's Contribution to Guinea-Bissau's War of Independence". Journal of Latin American Studies. 29 (1): 45–88. doi:10.1017/s0022216x96004646. JSTOR 158071.
  • McCollester, Charles. "The Political Thought of Amilcar Cabral." Monthly Review, 24: 10–21 (Maart 1973).
  • Mendy, Peter Karibe. Amílcar Cabral: A Nationalist and Pan-Africanist Revolutionary. Athens, OH: Ohio University Press, 2019. ISBN 978-0821423721
  • Sigal, Brad. Amilcar Cabral and the Revolution in Guinea-Bissau City College of New York
  • TomaÌs, AntoÌnio. O Fazedor De Utopias: Uma Biografia De AmiÌlcar Cabral. Lisboa: Tinta-da-china, 2008. Print.

Tags:

1924197320 Januarie21 SeptemberGuinee-BissauKaap VerdePIDEPolitikusSkrywerSwart nasionalisme

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

GesinsdagSpysverteringstelselGhanaSmaakKlitorisCSSNasiebouHottentot (vis)Lys van Suid-Afrikaanse skrywersFilosofieVoortrekkermonument21 v.C.Steve BikoEkonomieMiljardVigsTongaanse nasionale rugbyspanDerrickSeksuele stimulasieOopbroninhoudGeografie van Suid-AfrikaSkarlakenkoorsAsiëLionel MessiBrongitisVuurBateBaltimoreHeilige SaterdagFridtjof NansenFrankrykWeer (meteorologie)SwartbewussynsbewegingAmalia UysAfkortingMenslike seksuele gedragGeorgiese nasionale rugbyspanAkkedisSonsverduisteringRykie van ReenenZack du PlessisDie BylMarie PentzVoedingSuid-AfrikaPerdCPaarl GimnasiumAllergieOntkiemingNatuurlike satelliete van kleinplaneteSpookvoëlGrysstofBelgiese gewesteSuurstofHolocaustSolidariteitWortelSonnestelselBybelvertalingWaterpokkiesN.P. van Wyk LouwLys van chemiese elemente volgens atoomgetalPinksterWikiRugbywêreldbeker 2023Anglo-BoereoorlogGewone tarentaalKoos Bekker🡆 More