Acrux

Alpha Crucis (α Crucis, afgekort as Alpha Cru of α Cru) is ’n sterregroep sowat 321 ligjare van die Son af in die sterrebeeld en asterisme Suiderkruis (Crux).

Met ’n gesamentlike skynbare magnitude van 0,76 is dit die helderste ster in die Suiderkruis en die 13de helderste ster in die naglug. Dit is die mees suidelik geleë eerstemagnitude-ster, net effens meer suid as Alpha Centauri.

Alpha Crucis
Die posisie van Acrux.
Die posisie van Acrux.
Sterrebeeld Suiderkruis
Spektraaltipe B0,5IV / B1V
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 12h 26m 35.89522s
Deklinasie -63° 05′ 56.7343″
Skynmagnitude (m) 0,76 (1,33 / 1,75)
Absolute magnitude (M) -3,77 (-2,2 / -2,7)
B-V-kleurindeks  -0,26
Besonderhede
Massa (M) α1: 17,80 /
α1: 15,52
Ligsterkte (L) α1: 25 000 /
α1: 16 000
Ouderdom (jaar) 10,8 miljoen
Temperatuur (K) α1: 24 000/
α1: 28 000
Rotasiespoed (km/s) α1: 120 /
α1: 200
Ander name
α Crucis, HIP 60718, CPD−62°2745, WDS J12266-6306, CCDM J12266-6306
α1: HR 4730, HD 108248, FK5 462, GC 16952, 26 G. Crucis
α2: HR 4731, HD 108249, GC 16953, 2MASS J12263615-6305571, 27 G. Crucis
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Alpha Crucis lyk met die blote oog soos ’n enkele ster, maar dit is eintlik ’n groep van verskeie sterre. Twee komponente kan visueel onderskei word: α1 Crucis en α2 Crucis; ook genoem α Crucis A en α Crucis B. Albei is B-tipe sterre, wat baie swaarder en helderder as die Son is. α1 Crucis is self ’n spektroskopiese dubbelster met die komponente α Crucis Aa (ook bekend as Acrux) en α Crucis Ab.

Eienskappe

Acrux 
α Crucis en die nabygeleë HD 108250.

Die twee komponente van α Crucis, α1 en α2 Crucis, is 4 boogsekondes van mekaar af geleë. α1 het ’n magnitude van 1,4 en α2 van 2,09. Albei is vroeë B-tipe sterre, met ’n oppervlaktemperatuur van onderskeidelik sowat 28 000 en 26 000 K. Hulle is 25 000 en 16 000 keer so helder as die Son. α1 en α2 wentel oor so ’n lang tydperk om mekaar dat dit nouliks gesien kan word. Uit hul minimum afstand van 430 AE kan bereken word die tydperk is sowat 1 500 jaar.

α1 is self ’n spektroskopiese dubbelster, met komponente wat onderskeidelik 14 en 10 keer die sonmassa is; hulle wentel elke 76 dae om mekaar op ’n afstand van sowat 1 AE. Die massa van α2 en van die helderder komponent, α1, dui daarop dat hulle eendag as supernovas sal ontplof. Die onsigbare, dowwer komponent van α1 kan ’n groot witdwerg word.

Die koeler, dowwer B-tipe ster HD 108250 lê 90 boogsekondes van die drie sterre van α Crucis en beweeg saam deur die ruimte, wat beteken dit kan deur swaartekrag daaraan verbind wees; dit word dus dikwels beskou as ’n fisiese assosiasie. Dit is self ’n spektroskopiese dubbelster, wat soms gelys word as komponent C van die α Crucis-stelsel, en dit het ’n dowwe visuele metgesel wat as komponent D gelys word. Nog sewe dowwe sterre word soms gelys as metgeselle; hulle is tot 2 boogminute ver geleë.

Op 2 Oktober 2008 het die tuig Cassini-Huygens drie van die stelsel se komponente (A, B en C) geëien terwyl Saturnus se skyf hulle verduister het.

Verwysings

Eksterne skakels

12h 26m 35.89522s, −63° 05′ 56.7343″

Tags:

Alpha CentauriAsterismeLigjareSkynbare magnitudeSonSterSterrebeeldSuiderkruisVeelvoudige ster

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

GrondbesoedelingMosambiekGrondwet van Suid-AfrikaGeelhoutAtoomGreen PornoEkologieLys van elemente volgens simboolMiddeloorontstekingNeurenberg-verhoreVerenigde State van AmerikaTweede Nuwe JaarPlae van EgipteSelakantOopbroninhoudRepubliek die KongoProvinsies van Suid-AfrikaJeanette FerreiraJaarAdolf HitlerApostoliese GeloofsbelydenisGipsVergelykings (taalkunde)SeksismeDuitse maselsHamburgerMeningsverskil oor aardverwarmingGautengSkaakGeskiedenis van die BoererepubliekeSteve BikoMynbouKlimaatveranderingPretoriaBestuiwingGroot TrekKlimaatsverandering in Suid-AfrikaMierOlimpiese SpeleLionel PetersonKlein-KarooVerbondsarkDriehoekMorfologie (taalkunde)Familie (verwantskap)WolfWeerfrontOntbossingWaatlemoenAngolese BurgeroorlogErosieWhatsAppStaalTropiese sikloonNatuurBynierNamakwalandEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaSonpaneelVulkaanWesterse filosofieReënspinnekopSelfkonsepSpelerposisies in rugbyDistillasieMadison IvySmaakSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994Herpes simplexEjakulasieKaapse florarykLys van Afrikaanse skrywersWaterbesparing in Suid-AfrikaVrouWêrelderfenisgebiede in Suid-Afrika🡆 More