'n Alkeen is 'n koolwaterstofverbinding wat 'n dubbelbinding tussen twee koolstofatome bevat.
Hierdie dubbelbinding het tot gevolg dat alkene onversadigde verbindings is, en makliker as alkane reageer, wat versadigde verbindings is. Alkene vorm 'n homoloë reeks met die algemene formule CnH2n, en hul name word afgelei van die ooreenstemmende alkaan, maar met 'n -een-agtervoegsel pleks van -aan.
Alkene kan in verskeie stereo-isomere voorkom omdat die dubbelbinding nie vry kan draai nie. Dit sou die pi-binding verbreek. Daardeur het 2-buteen 'n cis en 'n trans-isomeer wat eienskappe het wat nie heeltemal dieselfde is nie. Byvoorbeeld, die trans-isomeer se kookpunt is net 1 °C, die cis-isomeer s'n is 4 °C.
Addisiereaksies by alkene kan plaasvind deur die byvoeg van H2 (hidrogenering) of deur die byvoeg van 'n halogeen (halogenering). Addissiereaksies by alkene vind gewoonlik in die teenwoordigheid van 'n katalisator, soos platinum (Pt), plaas.
Om tussen alkene en alkane te onderskei, kan die geelbruin broomwater by die stof gevoeg word. Die houer waarin die geelbruinkleur die vinnigste verdwyn — dit wil sê waar Br2 die vinnigste reageer — is waar die alkeen is.
'n Molekuul kan meer as een dubbele binding bevat. Van die molekule wat twee bevat word alkadiëne genoem en met drie alkatriëne ensomeer. Die posisie van die dubbele bindings relatief tot mekaar kan nogtans verskillende tipes verbindings oplewer:
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Alkeen, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.