Alicedale is 'n spoorwegaansluiting in die Oos-Kaap, Suid-Afrika.
Van hier swaai 'n takspoorlyn na Grahamstad vanaf die hoofspoorlyn tussen Johannesburg en Gqeberha. Die dorp was 'n spoorweg-opleidingskool gedurende die 19de en 20ste eeue, vandaar die pragtig bewaarde, historiese rooi siersteengebou wat nou die ontvangsarea van die hotel-oord op die dorpie huisves.
Alicedale | |
---|---|
Dorpie | |
Koördinate: 33°19′0″S 26°5′0″O / 33.31667°S 26.08333°O 26°5′0″O / 33.31667°S 26.08333°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Oos-Kaap |
Distriksmunisipaliteit | Sarah Baartman |
Plaaslike Munisipaliteit | Sondagsriviervallei |
Oppervlak | |
• Totaal | 4,70 km2 (1,81 vk. myl) |
Bevolking | |
• Totaal | 3 872 |
• Digtheid | 820/km2 (2 100/vk. myl) |
Tydsone | UTC+2 (SAST) |
Poskode | 6135 |
Skakelkodes | 042 |
Alicedale is vernoem na mev. Alice Slessor (gebore Dale), die eggenote van die ingenieur in beheer van spoorkonstruksie. Die naaste twee dorpies is Riebeek-Oos en Paterson terwyl Grahamstad 45 km oos lê. Die Boesmansrivier vloei by Alicedale verby.
Daar is 'n puik 18-putjie gholfbaan by die Bushmans River Sands Hotel op die dorpie. Die hele baanuitleg is op die oewers van die Boesmansrivier, met verskillende waterhindernisse om te trotseer.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Alicedale, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.