Algerië: Land in Noord-Afrika

Algerië (Arabies: الجزائر, al-Jazā'ir; Berbers: ⴷⵣⴰⵢⴻⵔ, Dzayer, Frans: Algérie), amptelik die Demokratiese Volksrepubliek Algerië (Arabies: الجمهورية الجزائرية الديمقراطية الشعبية; Berbers: ⵟⴰⴳⴷⵓⴷⴰ ⵜⴰⵎⴻⴳⴷⴰⵢⵜ ⵜⴰⵖⴻⵔⴼⴰⵏⵜ ⵜⴰⵣⵣⴰⵢⵔⵉⵜ), is 'n groot, bergagtige land in Noord-Afrika en die grootste land van Afrika, effens groter as die Demokratiese Republiek van die Kongo.

Die grootste deel van die land lê in die Saharawoestyn met 'n smal kusvlakte aan die Middellandse See, noord van die Atlasgebergte. In die suidooste van Algerië is die Ahaggarbergreeks geleë. In die suide grens dit, van wes na oos, aan Wes-Sahara, Mauritanië, Mali, Niger en Libië. Die Middellandse See vorm die noordgrens. Dit vorm saam met Marokko en Tunisië, waartussen dit lê, die Magreb (of Tamazgha).

Demokratiese Volksrepubliek Algerië
الجمهورية الجزائرية الديمقراطية الشعبية (Arabies)
ⵟⴰⴳⴷⵓⴷⴰ ⵜⴰⵎⴻⴳⴷⴰⵢⵜ ⵜⴰⵖⴻⵔⴼⴰⵏⵜ ⵜⴰⵣⵣⴰⵢⵔⵉⵜ (Berbers)
Vlag van Algerië Seël van Algerië
Vlag Seël
Nasionale leuse: بالشّعب وللشّعب
(Arabies vir: "Deur die volk en vir die volk")
Volkslied: Kassaman
(Arabies vir: "Ons belowe")
Ligging van Algerië
Hoofstad Algiers

36°42′N 3°13′O / 36.700°N 3.217°O / 36.700; 3.217

Grootste stad Algiers
Amptelike tale Arabies en Berbers
Regering Unitêre semi-presidensiële
grondwetlike republiek
Abdelmadjid Tebboune
Nadir Larbaoui
Onafhanklikheid
Fenisiërs
Kartagers
Numidiërs
Romeinse Ryk
• Koninkryk Altava
• Ifranid-dinastie
• Rustamid-dinastie
• Sulaymanid-dinastie
• Zirid-dinastie
• Hammadid-dinastie
• Zayyanid-dinastie
• Al Jazâ'ir
• Emiraat Abdelkader
• Frans-Algerië
• Verklaar
• Erken
• Huidige grondwet

900 v.C.
801 v.C.
202 v.C.
25 v.C.
477
757
776
786
972
1014
1235
1516
5 Julie 1830
1832
3 Julie 1962
5 Julie 1962
10 September 1963
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
2 381 741 km2  (10de)
919 595 myl2
1,1
Bevolking
 - 2022-skatting
 - 2013-sensus
 - Digtheid
 
45 400 000 (32ste)
37 900 000
19 / km2 (171ste)
49,2 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2023-skatting

$628,990 miljard (43ste)
$13 682 (111de)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2023-skatting

$224,107 miljard (58ste)
$4 875 (130ste)

MOI (2021) Algerië: Etimologie, Onlangse geskiedenis, Data 0,745 (91ste)  –  hoog
Gini (2011) 27,6 –  laag
Geldeenheid Dinar (DZD)
Tydsone
 - Somertyd
MET (UTC+1)
nie toegepas nie (UTC+1)
Internet-TLD .dz, الجزائر.
Skakelkode +213
Algerië: Etimologie, Onlangse geskiedenis, Data
Nasa-satellietbeeld van Algerië
Algerië: Etimologie, Onlangse geskiedenis, Data
Kaart van Algerië
Algerië: Etimologie, Onlangse geskiedenis, Data
Topografiese kaart van Algerië
Algerië: Etimologie, Onlangse geskiedenis, Data
Klimaatsones in Algerië volgens die Köppen-klimaatklassifikasie

Algerië het 'n ou Berber-beskawing wat dateer uit die jaar 200 v.C. tydens die Berber-koninkryk Numidië. Algerië was tussen 1830 en 1962 'n kolonie van Frankryk. Die land het op 5 Julie 1962 onafhanklik geword.

Die hoofstad en grootste stad is Algiers. Die meeste mense woon in die breë, bergagtige kusstrook. In die suide is 'n deel van die noordelike Sahara. Die oorheersende godsdiens is Islam, maar die land het ook 'n klein persentasie Christene.

Etimologie

Die landsnaam is ontleen aan die stad Algiers. Die stadsnaam op sy beurt is afgelei van die Arabiese al-Jazā'ir (الجزائر, "die eilande"), 'n korter vorm van die ouer Jazā'ir Banī Mazghanna (جزائر بني مزغنة, "Eilande van die Mazghanna-stam"), gebruik onder andere deur die Middeleeuse geograaf al-Idrisi.

Onlangse geskiedenis

Sedert 1992 beveg die Algerynse regering diverse groepe Islamitiese ekstremiste. Veral deur terreuraksies van hierdie groepe, het tienduisende mense in dorpe en stede in die noorde van Algerië gesterf. Die land ly ook onder werkloosheid, watertekort en behuisingsnood. In 2003 is die noorde deur 'n sterk aardbewing getref.

Data

Basisgegewens

  • Bestuursindeling: 48 provinsies
  • Hoofstad: Algiers (3 415 811 (2011), metropolitaanse gebied 7 796 923)
  • Ander stede: Oran (1 560 329), Tébessa (634 332), Constantine (464 219), Djelfa (339 248), Biskra (307 987), Batna (290 645), Sétif (288 461), Annaba (257 359), Mostaganem (245 330), Sidi bel Abbès (212 935), Skikda (182 903), Blida (182 447), Tiaret (178 915), Béjaïa (177 988), Tlemcen (173 531), Béchar (165 627), Bordj Bou Arréridj (158 812), El Oued (134 699), Ouargla (133 024)

Bevolking

  • Bevolkingsgroepe: Arabiere 70%, Berbers 30%, Franse
  • Tale: Arabies (amptelike taal), Berber (Tamazight, Kabilies e.a.), Frans
  • Lewensverwagting: 77,2 jaar (2018), 75,8 jaar (mans), 78,7 jaar (vroue)
  • Bevolkingsgroei: 1,63% (2018)
  • Geletterdheid: 80,2% (2015) mans 87,2%, vrouens 73,1%

Politiek

Algerië: Etimologie, Onlangse geskiedenis, Data 
Abdelmadjid Tebboune, Algerynse president sedert Desember 2019

Algerië is 'n unitêre semi-presidensiële grondwetlike republiek. Die parlement bestaan uit 'n nasionale vergadering van 480 lede wat elke vyf jaar verkies word, en 'n nasionale raad met 96 indirek gekose en 48 deur die president benoemde lede; elke drie jaar word die helfte van die lede verkies. Die president word elke vyf jaar regstreeks verkies.

  • President: Abdelmadjid Tebboune (sedert Desember 2019)
  • Regeringsleier: Nadir Larbaoui (sedert November 2023)
  • Partye met aantal setels (verkiesing Mei 2002):
    • FLN (Front de Libération Nationale) 160 van 480; nasionale raad: 40 van 96 gekose lede
    • RND (Rassemblement National Démocratique): 100 – 42
    • FFS (Front des Forces socialistes; sosiaal-demokraties): 4 – 0
    • TAJ (Rassemblement pour l'espoir de l'Algérie): 20 – 0
    • MPA (Mouvement populaire algérien): 13 – 1
    • MPS (Mouvement de la société pour la paix): 34 – 0
    • Ennahda – FJD: 15 – 0
    • FF: 14 – 1
    • FFS: 14 – 0
    • PT: 11 – 0
    • RCD: 9 – 0
    • Ander partye: 75 – 43
    • Onafhanklikes: 10 – 6
    • Vakant: 2 – 1

Ekonomie

Algerië: Etimologie, Onlangse geskiedenis, Data 
Die Algerynse hoofstad Algiers

Verwysings

Bronne

    Algemeen

Eksterne skakels

Tags:

Algerië EtimologieAlgerië Onlangse geskiedenisAlgerië DataAlgerië VerwysingsAlgerië BronneAlgerië Eksterne skakelsAlgeriëAfrikaAhaggarArabiesAtlasgebergteBerbertaleDemokratiese Republiek van die KongoFransLibiëMagrebMaliMarokkoMauritaniëMiddellandse SeeNigerNoord-AfrikaSaharaTunisiëWes-Sahara

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Menslike penisgrootteMiddeloorontstekingSiembambaFridtjof NansenDuitse maselsInsekLuiperdSeekoeiTydKoppeltekenMiljardAuschwitz-konsentrasiekampFilosofieEjakulasieNarsismePeach van PletzenKanadese nasionale krieketspanMaagsweerNieu-SeelandNierSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1989Verenigde KoninkrykSeksualiteitDroomTongTierboskatRacheltjie de BeerEngelsWikimedia-stigtingFiksieBiljoenGoeie VrydagChristo WieseRentePornhubLys van kleureEuropese RugbykampioenskapAfrikanersJan van RiebeeckVleesbaaiPG du PlessisNic de JagerAfrikaanse naguilDie Stem van Suid-AfrikaAfrikaanse woordelys en spelreëlsKlitorisDiplopodaVuurIndustriële RevolusieWiskundeMangelontstekingFritz HaberSuiwelprodukArabiesKolonoskopieISBNLDansBrongitisNatuurlike satelliete van kleinplaneteGeboorteGeurmiddelNatuurbewaringSarah Rose KarrDigvormJesus van NasaretRina HugoSerafín Dengra🡆 More