Alfred Schaffer (gebore op 16 September 1973) is 'n Nederlandse digter.
Sy boeke het by De Bezige Bij verskyn waar hy as redakteur werksaam was. Hy is van Nederlands-Arubaanse afkoms.
Alfred Schaffer | |
---|---|
Gebore | 16 September 1973 Leidschendam |
Nasionaliteit | Nederland |
Beroep | digter |
Jare aktief | 1999 – hede |
Schaffer het Nederlandse Taal-en Letterkunde, asook Film-en Teaterwetenskappe in Leiden gestudeer. Hy het in 1996 na Suid-Afrika gekom. Schaffer het 'n doktorsgraad verwerf aan die Universiteit van Kaapstad. Hy skryf ook vir Die Burger en Beeld oor Nederlandse literatuur en het saam met Antjie Krog gewerk. Hy is aangestel as dosent by die Departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Stellenbosch. Schaffer het gedebuteer met Zijn opkomst in de voorstad. Daarna het die bundels Dwaalgasten (2002), Geen hand voor ogen (2004), Schuim (2006) en Kooi (2008) gevolg.
'n Verskeuse deur die digter wat deur Dr. Daniel Hugo uit Nederlands in Afrikaans vertaal is, is in 2013 deur Protea Boekhuis uitgegee onder die titel Kom in, dit vries daarbuite.
Sy bundel, Mens Dier Ding, is deur Zandra Bezuidenhout in Afrikaans vertaal onder 'n gelyknamige titel.
Op 14 Desember 2020 ken die Stichting P.C. Hooft-prijs voor Letterkunde die P.C. Hooft-prys vir 2021 aan Schaffer toe.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Alfred Schaffer, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.