Alexander-Teater

Die Alexander-teater (algemeen bekend as Die Alex) is ’n teater in Braamfontein, Johannesburg.

Alexander-teater
Die Alexander-teater in Johannesburg.
Die Alexander-teater in Johannesburg.
Vorige naam Johannesburg Repertory Theatre
Ander name Die Alex
Stad of dorp Braamfontein, Johannesburg
Land Suid-Afrika
Geopen November 1951

Geskiedenis

Die teater was oorspronklik bekend as die Johannesburg Repertory Theatre (algemeen bekend as die Reps' Theatre), met sitplek vir 550 mense en ’n Skandinawiese ontwerp. Dit het in November 1951 in Braamfontein geopen as die tuiste van die Johannesburg Repertory Players (Johannesburg Reps).

Op 10 Maart 1960 is dit na die Alexander-teater hernoem ter ere van Muriel Alexander, die stigter van die Johannesburg Reps. Dit het toe geopen met Hugh Goldie se produksie van Bernard Shaw se Caesar and Cleopatra. Die teater is daarna vir professionele vertonings deur die Reps sowel as ander geselskappe gebruik. Die Reps het hul laaste vertoning in 1969 hier gehou: Noël Coward se Present Laughter. Later het Truk dit gehuur en omstreeks 1978 het die kunsteraad dit gekoop. In die 1990's is die teater se deure gesluit weens ’n afname in bywoning met ’n vertoning van Ipi Thombi en teen 1997 is die gebou nie meer gebruik nie omdat dit in ’n verwaarloosde toestand was.

In 2006 is dit deur Adam Levy gekoop en gerestoureer as deel van ’n opknappingsprogram in Braamfontein. So ’n groot deel as moontlik van die oorspronklike argitektuur het behoue gebly. Die nuwe ruimte het in Julie 2007 heropen met Hazel Feldman se produksie van die rockmusiekspel Rent.

Die hede

Die teater word tans gebruik as ’n veelsydige ruimte wat ’n verskeidenheid geleenthede aanbied: konserte, TV-programme, partytjies, konferensies, toekenningsaande en welsynvertonings. Die ouditorium het plek vir 536 mense, en daar is verskeie ander ruimtes.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Alexander-Teater GeskiedenisAlexander-Teater Die hedeAlexander-Teater VerwysingsAlexander-Teater Eksterne skakelsAlexander-TeaterJohannesburg

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

RomanGewone breukeDonkieSportHindoeïsmePubiese hareLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)MosambiekVulvaMetaalGeskiedenis van Suid-AfrikaWikipedia1913VlagterminologieBywoordJan van TonderGeestesteuringViëtnamoorlogMenslike skeletKlavierSonkragNarsistiese persoonlikheidsteuringGrondsoorteNatuurlike hulpbronUKhahlamba-DrakensbergparkByAssonansieWes-KaapProstaatkankerKarakteriseringMynbedryf van Suid-AfrikaKindersiektesSeksualiteitSpelerposisies in rugbyTierSinoniemEreksieDierKaapse VlakteEienaamAnilingusAbstraksie (rekenaarwetenskap)Anneli van RooyenHulpwerkwoordLys van elemente volgens simboolDemokratiese Republiek die KongoSuid-Afrikaanse Nasionale ParkeBynierVormGrondGawes van die Heilige GeesCounter-Strike 2WikiquoteGlobaliseringBeesBreinvliesontstekingSikloonSteenkoolBesoedelingChemiese verbindingTydOnderwysGeweldHigiëneKunsGasVerbondsarkMaagPersoonlikheidFrederik Willem de KlerkDikdermGoudKlimaatSelakant🡆 More