Aldred-Gebou

Die Aldred-gebou (Frans: Édifice Aldred, Engels: Aldred Building; dit staan ook as Édifice La Prévoyance bekend) was die eerste moderne wolkekrabber in Montreal (provinsie Quebec, Oos-Kanada) wat tussen 1929 en 1931 in die historiese stadskern (Vieux-Montréal) opgerig is.

Die gebou in die Art Déco-styl het 'n hoogte van 90 meter (316 voet) met 23 verdiepings en is op die plein Place d'Armes tussen die Saint-Jacques- en Notre-Dame-strate geleë. Die gebou se totale kantooroppervlakte is 238 946 vierkante voet.

Aldred-Gebou
Die Aldred-gebou
Aldred-Gebou
Die fasade met sy swierige versierings

Die wolkekrabber is deur die argitek Ernest Isbell Barott van die praktyk Barott & Blackader ontwerp en teen 'n koste van meer as CDN$ 2,8 miljoen in opdrag van die internasionale finansiële maatskappy Aldred and Company Limited met sy setel in New York gebou. Barott se ontwerp, wat baie op dié van die New Yorkse Empire State-gebou lyk, was daarop gemik om 'n moderne kantoorgebou te skep wat by die historiese plein se boustyl sou inpas. Hy het vir 'n kenmerkende ziggoerat-styl gekies waarby die wolkekrabber op die 8ste, 13de en 16de verdieping trapsgewys smaller word sodat meer lig na die plein kan deurdring. Die gebou weerspieël met sy katedraalagtige massa en vorm die Notre-Dame-basiliek wat oorkant lê, en net soos vir ander bouwerke in die omgewing is ook vir die Aldred-gebou kalksteen as hoofsaaklike boumateriaal gebruik.

Volgens 'n plaaslike regulasie was die maksimum hoogte van geboue op openbare pleine beperk tot 200 voet, tog het Barott voordeel getrek uit 'n klousule van 1929 wat voorsiening vir uitsonderings gemaak het, mits aan bepaalde vereistes voldoen is.

Eksterne skakels

73°33′24″W / 45.50500°N 73.55667°W / 45.50500; -73.55667

Tags:

Art DecoEngelsFransKanadaMontrealQuebecWolkekrabber

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

OrthopteraSokkerXenofobieMagda van BiljonEl (lengtemaat)Randall WicombSwart nasionalismeAssonansieCorioliskragGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaElektrisiteitsvoorsieningKuberkrakerLeierRookgewoonteRobbeneilandDanie du ToitWhatsAppKonjunktivitisLys van Afrikaanse televisiereekseChemiese elementAtlantiese OseaanEkonomie van Suid-AfrikaKoringVlinderGNU-lisensie vir vrye dokumentasieKoorsIvan ZimmermannAnale seksWikipediaHokkieMaanLyfstraf in skoleDonderstormRatelApostelGeslagLys van chemiese elemente volgens atoomgetalKaliumWatersuiweringViëtnamKlein-KarooErns GrundlingSatellietGenadedoodAntoniemGalileo GalileiGoudDepressie (gemoedstoestand)NierversakingBysteekKankerNazi-DuitslandWikiLiefdeWet op NaturellengrondKatoenAdolf HitlerGordelroosWerkloosheidGroot vyfDemi Lee MooreDeon MeyerKweekhuiseffekSaldanhabaaiTuisbladVrouSteve BikoSwemNadia ValvekensGetalBeesWilna SnymanBrandmondsindroomAngssteuringNagapie🡆 More