Alberto Santos-Dumont: Brasiliaanse lugvaartpionier.

Alberto Santos-Dumont (Cabangu, Santos Dumont (Palmira (Minas Gerais), 20 Julie 1873 – Guarujá (São Paulo), 23 Julie 1932) was 'n Brasiliaanse lugvaartpionier.

Hy was die eerste wat in Europa gevlieg het met 'n swaarder-as-lug-tuig.

Alberto Santos-Dumont: Lewensloop, Brasiliaanse held, Galery
Alberto Santos-Dumont

Lewensloop

Jeug

Santos-Dumont was die seun van 'n ryk koffieplanter. Hy het gefassineer geraak met lugvaart toe hy in 1888 die eerste keer 'n lugballon in die stad São Paulo gesien het. Hy het 'n fassinasie gehad vir Jules Verne se werk wat vol nuwe uitvindings was en hy wou hierdie wêreld 'n werklikheid maak.

Lugballonne en lugskepe

Hy het na Parys verhuis vir sy studies en in Julie 1898 het hy in sy eerste lugballon, die Brasilië, gevlieg. Omdat lugballonne nie beheer kon word nie, het hy 'n lugskip begin ontwikkel. Na verskeie mislukkings het die nr. 6 daarin geslaag om 'n prys van 100 000 frank op 19 Oktober 1901 te wen deur binne 30 minute om die Eiffeltoring te vlieg. Hy het altesaam veertien lugskepe gebou.

Vliegtuie

Nadat hy van Octave Chanute gehoor het dat die Wright-broers 'n vliegtuigvlug geneem het, het dit sy volgende fassinasie geword. Op 23 Oktober 1906, voor 'n versamelde skare by Bagatelle Park in Neuilly, het hy die eerste vlug gemaak op 'n vliegtuig wat deur Gabriel Voisin gebou is. Op 12 November 1906 het hy die wêreldrekord met 'n vlug van 220 meter verbeter. Hy het toe ’n vliegtuig ontwerp wat so lig en klein was dat dit met ’n motor, die Demoiselle, vervoer kon word.

Einde van sy lewe

Omstreeks hierdie tyd is hy met veelvuldige sklerose gediagnoseer. Hy het onttrek en na sy geboorteland Brasilië verhuis, waar hy op 23 Julie 1932 selfmoord gepleeg het. Daar word onder meer gesê dat hy teleurgesteld was met die gebruik van vliegtuie in oorlogvoering.

Brasiliaanse held

In Brasilië word hy as 'n held beskou. Die stad Santos Dumont, die Santos-Dumont-lughawe in Rio de Janeiro en 'n snelweg is na hom vernoem.

Sy huis in die somerwoning van die keisers van Brasilië, Petrópolis, is nou 'n klein museum.

In 2015 is die boek De gevleugelde, ’n historiese roman oor sy lewe, deur die Nederlandse skrywer Arthur Japin gepubliseer.

Galery

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Alberto Santos-Dumont LewensloopAlberto Santos-Dumont Brasiliaanse heldAlberto Santos-Dumont GaleryAlberto Santos-Dumont VerwysingsAlberto Santos-Dumont Eksterne skakelsAlberto Santos-Dumont1873193220 Julie23 JulieBrasiliëEuropaMinas GeraisSão Paulo (deelstaat)

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

YstervarkCarles PuigdemontLys van Griekse mitologiese figureOrthopteraChris HaniJodeBeesvleisBreingewasAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidWetenskapNiersteenHipoteseTydStedelike hitte-eilandSwartrenosterSkildklierTegnologieSwangerskapWayde van NiekerkWiki CommonsDonkieLewerWitrenosterLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsVliegtuigImpakte van toerismeVerkleinwoordLongontstekingVergelykings (taalkunde)Mikro-ekonomieDokterKarlien van JaarsveldStilleweStadMeervoudMobutu Sese SekoVaginaErfenisdag (Suid-Afrika)KonjunktivitisNag van die lang messeStam (taalkunde)NarsismeSwart nasionalismeEerste WêreldoorlogJo BlackHerfsN.P. van Wyk LouwGroepsgebiedewetMetafoorSuid-AfrikaGriepViëtnamoorlogMaagsweerNamibiëPampoentjiesAlkoholismeHibernasieKarooAfrikaEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaRacheltjie de BeerDolfynHemelvaartsdagSeekoeiTweede Nuwe JaarHeuningbySelfoonKaapstadWêreld- Ekonomiese ForumPapierHoenderPapegaaieVraag en aanbodLys van Suid-Afrikaanse skrywers🡆 More