Albertinia: Bewoonde plek in Wes-Kaap, Suid-Afrika

Albertinia is 'n dorp in die oostelike Wes-Kaap, Suid-Afrika.

In 2011 het dit 'n bevolking van 6 372 gehad, waarvan 4 366 (68.5%) bruin, 1 280 (20%) wit en 677 (10.5%) swart was. Destyds het 5 882 oftewel 94% van die inwoners hul moedertaal as Afrikaans aangedui.

Albertinia
Die hoofstraat van Albertinia
Die hoofstraat van Albertinia
Albertinia is in Wes-Kaap
Albertinia
Albertinia
Koördinate: 34°12′S 21°35′O / 34.200°S 21.583°O / -34.200; 21.583 21°35′O / 34.200°S 21.583°O / -34.200; 21.583
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieWes-Kaap
DistriksmunisipaliteitTuinroete
Plaaslike MunisipaliteitHessequa
Oppervlak
 • Totaal5,76 km2 (2,22 vk. myl)
Bevolking
 • Totaal6 372
 • Digtheid1 100/km2 (3 000/vk. myl)
TydsoneUTC+2 (SAST)
Poskode
6695
Skakelkodes028
Albertinia: Geskiedenis, Wapen, Distrik
Die kerkgebou van die NG gemeente Albertinia is die oggend van 18 Junie 1904 ingewy en die gemeente in die namiddag van Riversdal afgestig.

Geskiedenis

Die dorp het ontstaan nadat ds. J.R. Albertyn van Riversdal hom vir die stigting van 'n gemeente oos van sy dorp beywer het. Die plaas Grootfontein is in 1900 gekoop en die dorp is in 1904 geproklameer en na ds. Albertyn genoem. Dit het in 1920 'n munisipaliteit geword.

Wapen

Albertinia se munisipale raad het in 1964 en weer in 1966 'n wapen by die Kaapse Provinsiale Administrasie geregistreer. Die wapen was : In goud, 'n smal golwende rooi dwarsbalk, vergesel in die skildhoof regs van 'n halwe swart adelaar met rooi bek en poot en links van 'n Albertiniase heideblom van natuurlike kleur, en in die skildvoet van 'n merinoramkop en 'n Afrikanerbulkop van natuurlike kleur, toegewend; oor alles heen op 'n groen paal 'n protea tussen twee gerwe, bomekaar geplaas, alles goud. Die helmteken was 'n aalwyn tussen twee hertshorings en die wapenspreuk was "Rura mihi placent". Die wapen is in 1968 by die Buro vir Heraldiek geregistreer.

Distrik

In die distrik word met graan en skape geboer. Aalwynsap is ook 'n produk wat in die distrik geproduseer word en gebruik word in die medisinale bedryf as bestanddeel van medisyne. Die plant bitteraalwyn Aloe ferox is die gesogte spesie wat veral voorkom tussen Albertinia en Mosselbaai. Oker word ook in die distrik ontgin veral vanaf 1925 nadat sir John Barrow dit reeds in die laat 1800's ontdek het. Oker word gebruik tydens die vervaardiging van verf. Kwartsiet en kaolien word ook in die distrik ontgin.

Die N2 nasionale pad gaan deur die dorp.

Sien ook

Bronne

Verwysings

Tags:

Albertinia GeskiedenisAlbertinia WapenAlbertinia DistrikAlbertinia Sien ookAlbertinia BronneAlbertinia VerwysingsAlbertiniaAfrikaansSuid-AfrikaWes-Kaap

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

AborsieMorfologie (taalkunde)WekkerPampoentjiesGroot GatDinosourusVulvaNasiebouLys van nedersettings in Suid-AfrikaSpinnekopKlankverskynselsJan BloukaasAngina pectorisMetafoorGetalApartheidMosesMusiekTrigeminale neuralgieBipolêre gemoedsteuringVolhoubare ontwikkelingPornAgtervoegselWatersuiweringGrondbesoedelingSwangerskapTweede VryheidsoorlogLongontstekingBeaufortskaalVoornaamwoordSuid-Afrikaanse PolisiediensWikipediaDepressie (gemoedstoestand)KnopiespinnekopHentaiNagmaalSomerRenosterPuberteitKlimaatsverandering in AfrikaDemokratiese Republiek die KongoPornografieBeurtkragYouTubeVerbruikerKoppeltekenRina HugoStereotipePaasfeesTamatieKuberkrakerValiant SwartJohan StemmetBruin menseShakaIndiëMenslike-ontwikkelingsindeksJan Willem JanssensLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameMaatskappyLetterlike en figuurlike taalgebruikFilippyneSosiale mediaJak de PriesterAnrich HerbstWaterbesoedelingIslamSeksposisieBokmakierieDiskriminasieSpelerposisies in rugbyHamilton WesselsBloeddrukMaatskaplike verantwoordelikheidEkonomiese sektorDiepaartrombose🡆 More