Albert Crafford (2 November 1932 – 12 Februarie 2001) was ’n joernalis en politieke kommentator by Die Burger en Rapport.
Hy het ook spanningsromans geskryf en verskeie boeke in Afrikaans vertaal.
Albert Crafford is op 2 November 1932 op Carnarvon gebore. Hy was vir 22 jaar ’n joernalis by Die Burger en daarna vir agtien jaar assistentredakteur en politieke kommentator van Rapport tot met sy aftrede in 1992. Hierna vestig hy hom op Franskraal in die Wes-Kaap. Hy was getroud met Carien Pretorius en die egpaar het twee seuns (’n tweeling) en twee dogters. Op Maandag 12 Februarie 2001 is hy op Franskraal aan kolonkanker oorlede.
Hy is veral bekend vir sy vertalings van Heinz Konsalik se boeke in Afrikaans. Hy skryf ook die spanningsromans “Onheil op Wolwedans” en “Spel met die dood”. In laasgenoemde roman is Henk Basson die teaterbestuurder van die nuwe Teater van die Jeug. Wanneer hy mense laat in die aand in die halfvoltooide teater sien, deel hy sy vermoedens met majoor Lourens van die Veiligheidspolisie. ’n Strik word vir die vermeende saboteurs gestel, maar majoor Lourens is in ’n botsing betrokke na ’n gevaarlike jagtog en word bewusteloos in die hospitaal opgeneem. Intussen gaan die voorbereidings vir die groot première voort, met die hele kabinet wat soontoe genooi is.
Jaar | Publikasies |
---|---|
1957 | Onheil op Wolwedans |
1972 | Spel met die dood |
Vertalings | |
1961 | Skattegrot – Alan Edward Honour |
Tojon, held van die Noordland – Nicholas Kalashnikoff | |
1962 | Deur die woestyn – Karl May |
Noodlanding in die oerwoud – Herbert Kranz | |
Die rykaard met die pik – Alan Edward Honour | |
Skerwe van die Ysterkruis – Heinz Konsalik | |
Stryd teen die oerwoud – Carl Stephenson | |
1963 | Die geskende gesig – Heinz Konsalik |
Pablo – Käthe Recheis | |
Die valskermbataljon – Heinz Konsalik | |
1964 | Hinderlaag in Geraamtekloof – Herbert Kranz |
Sewe teen die naamlose – Herbert Kranz | |
Strafkamp in die berge – Heinz Konsalik | |
1965 | Die hart van die sesde leër – Heinz Konsalik |
Die laaste gevangene – Heinz Konsalik | |
1966 | Dirk se hond Bello – Meindert de Jong |
Dokter Erika Werner – Heinz Konsalik | |
Dokter Erika Werner – Heinz Konsalik | |
1967 | Die voortvlugtige spioen – Heinz Konsalik |
1969 | Die noodlot in sy hand – Gerd Hafner |
1970 | Reinaard die Vos – Roy Brown |
Roem was hul metgesel – Roderich Menzel | |
Rokoebai en die duisend ryskommetjies – Yoshiko Uchida |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Albert Crafford, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.