Albanees of Albanies (shqip, of gjuha shqipe, ) is 'n Indo-Europese Satəm-taal wat deur sowat 5,4 miljoen mense gepraat word.
Albanees is die amptelike taal van Albanië, saam met Serwies van Kosowo en saam met Masedonies van Noord-Masedonië. Daarbenewens is Albanees in Montenegro in amptelike gebruik. Dit word ook gepraat in gebiede van die voormalige Joego-Slawië asook in dele van Griekeland, Italië en Turkye.
Albanees shqip of gjuha shqipe | ||
---|---|---|
Uitspraak: | [ʃcip] of [ˈɟuha ˈʃcipɛ] | |
Gepraat in: | Albanië Kosovo Montenegro Noord-Masedonië Italië Serwië Griekeland Turkye | |
Gebied: | Suid-Europa | |
Totale sprekers: | 5,4 miljoen | |
Rang: | 111 | |
Taalfamilie: | Indo-Europees Satəm Albanees | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Albanië Kosovo Montenegro (in amptelike gebruik) Noord-Masedonië | |
Gereguleer deur: | Instituut van Albanië | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | sq | |
ISO 639-2: | alb/sqi | |
ISO 639-3: | sqi | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Indo-Europese tale |
---|
Indo-Europese tale |
Albanees | Anatolies Armeens | Balties | Kelties Germaans | Grieks | Indo-Irannees Italies | Slawies | Togaars |
Proto-Indo-Europees |
Taal | Vereniging | Geloof Kurgan | Yamna | BMAC | Ariaans |
Indo-Europese studies |
Albanees is bekend sedert die 15de eeu. Die taal vorm 'n taalgroep op sy eie en dit bestaan uit baie dialekte wat in twee groepe onderverdeel kan word, naamlik Ghegies in die noorde en Toskies in die suide.
Kennis van die taal is dus eers laat verkry, en dit is steeds skamel beskryf. Dit is baie sterk deur Latyn, Turks en Grieks beïnvloed sodat die taal sodanig verander het dat dit vandag baie vêr van Proto-Indo-Europees verwyderd is. Albanees word met die Latynse alfabet geskryf.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Albanees, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.