Alain Bashung: Franse musikant

Alain Bashung, gebore as Alain Claude Baschung op 1 Desember 1947 in Parys, Frankryk en op 14 Maart 2009 aldaar aan longkanker oorlede, was 'n Franse sanger, liedjieskrywer en komediant van Bretons-Algeriese afkoms.

Sy moeder was 'n fabriekarbeider in 'n Renault-rubberaanleg in die Paryse voorstede, sy vader het hy nooit leer ken nie. Hy het saam met die gesin van sy stiefvader in Wingersheim naby Straatsburg in Elsas grootgeword.

Alain Bashung
Alain Bashung: Franse musikant
Alain Bashung in 2007
Agtergrondinligting
Gebore1 Desember 1947 (1947-12-01) (76 jaar oud)
Parys, Frankryk
Sterf14 Maart 2009 (op 61)
Parys
GenresChanson française, rock français, New Wave
Beroep(e)Sanger en komediant
Jare aktief1966−2009
EtiketteBarclay (Universal Music)
WebwerfUniversal Music France: Alain Bashung
Alain Bashung: Franse musikant
Alain Bashung het sy laaste rusplek op die Paryse begraafplaas Père Lachaise gevind - met die simboliese groewe van 'n vinielplaat op sy grafplaat

Nadat hy aan die begin van sy musikale loopbaan nog baie moeilikhede ondervind het, het hy uiteindelik in die vroeë 1980's erkenning gekry as een van die voorste persoonlikhede in die Franse musiekbedryf wat sy stempel op genres soos chanson française en rock français afgedruk en groot invloed uitgeoefen het op 'n groot aantal musici van die sogenaamde nouvelle scène française.

Saam met Mathieu Chadid is hy die Franse sanger wat die meeste Victoires de la Musique-pryse ingepalm het. Altesaam dertien keer is hierdie Franse musiekprys aan hom toegeken - waarvan tien keer postuum. Alain Bashung was sedert 2001 met die aktrise Chloé Mons getroud. Uit die huwelik is 'n dogter en 'n seun gebore, Poppée en Arthur.

Eksterne skakels

    Media

Tags:

1 Desember14 Maart19472009AlgeriëBretonsElsasFrankrykParysRenaultStraatsburg

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MagnetismeGeweldDaggaDundermEeuVaste stofUitwerking van klimaatsveranderingLetterlike en figuurlike taalgebruikNeurenberg-verhoreAkroniemRooikatDeelteken en umlautPornografieOutismeHemelBesemWiskundige terminologieTelefoonBlourokkeLys van visseOrthopteraPornografiese akteurGregoriaanse kalenderHemelvaartsdagStereotipeLys van landeMobutu Sese SekoOrgasmeVormBewaringstatusJaco JacobsWiskundeMondGautengPolisieGeskiedenis van AfrikaansAngssteuringPeriodieke tabelDolfynMikro-ekonomieKoolhidraatEnkelvoudige sinHomoniemWortel2001Anneli van Rooyen23 AprilRudi ClaaseSwangerskapWaterstofTweede WêreldoorlogBosluisbytkoorsDricus du PlessisPoesOlifantEkostelselAfrikaWebjoernaalKimberleyKPretoriaMosesGroepsgebiedewetNatuurbewaringPampoentjiesStedelike hitte-eilandParkinson se siekteInfeksieElandréOmtrek, oppervlakte en volumeMeningsverskil oor aardverwarmingAardverwarmingAvbobUniegebouSelfieChristiaan BarnardHemelvaartHeidelberg, GautengSelfstandige naamwoord🡆 More