Al-Kindi: Moslem Arabiese filosoof, wiskundige, geneesheer en musikant

Aboe Joesoef Ja'qoeb ibn Is-haq ibn as-Sabbah ibn 'omran ibn Ismail al-Kindi (Arabies: أبو يوسف يعقوب بن إسحاق الصبّاح الكندي c.

801 – c. 873) was 'n Arabiese Islamitiese geleerde. Hy was onder meer 'n filosoof, wiskundige, fisikus, chemikus, sterrekundige, musikant en astroloog, en word gereeld na as Al-Kindi verwys, of sy Latynse naam Alkindus.

Al-Kindi: Lewe, Werk, Bronne
Al-Kindi

Lewe

Al-Kindi is in Kufa, in die suide van Mesopotamië, gebore. Al-Kindi was 'n lid van die Banu Kinda, 'n eerbiedwaardige stam wat tot die oudste bondgenote van die profeet Mohammed behoort het. Sy vader was goewerneur van Kufa. Al-Kindi het sy opleiding in Basra en Bagdad ontvang. Hy was baie jare in die Huis van Wysheid in Bagdad. Hy was ook die hof-astroloog van die Abbasidiese Kalifaat. Hy het beskerming onder die al-Ma'mun- en al-Mu'tasim-kalief ontvang, maar onder die puritaanse al-Mutawakkil het hy sy spesiale status verloor en is hy selfs deur die kalief vervolg.

Daar is onsekerheid oor die jaar van sy dood. Sommige beskou dit as in 866, terwyl ander dit reken as in 873.

Werk

Al-Kindi het 'n belangrike rol gespeel in die bekendstelling van die Griekse filosofie in die Arabiese wêreld. Hy het toesig gehou oor die vertalings wat in die Huis van Wysheid gemaak is, maar het nie Grieks of Siries gepraat nie. Hy het ongeveer 250 geskrifte geskryf oor alle moontlike onderwerpe soos filosofie, wiskunde, kriptografie, kriptoanalise, sterrekunde en geneeskunde.

Hy was die eerste Moslems wat die Koran aan rede getoets het, en daarmee saam was hy die stigter van die Falasafa, Moslem-filosowe. Hy is sterk beïnvloed deur die mu'taziliete en het daarom filosofie gesien as 'n dienaar van die onthullings. Die kennis van die profete, soos Mohammed, was ver bo die insigte van die filosowe. Al-Kindi was anders as die falasafa wat ná hom sou kom.

Bronne

  • Karen Armstrong (2005) Een geschiedenis van God. Vierduizend jaar jodendom, christendom en islam ISBN 90-414-0776-6
  • Michiel Leezenberg (2001) Islamitische filosofie, een geschiedenis ISBN 90-5460-046-2

Notas

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wiki vertaal.

Tags:

Al-Kindi LeweAl-Kindi WerkAl-Kindi BronneAl-Kindi NotasAl-KindiArabiereArabiesAstroloogChemikusFilosoofFisikusIslamLatynMusikantSterrekundigeWiskundige

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Slag van Cuito CuanavaleLarry PageLys van Afrikaanse digtersPampoentjiesHaelViëtnamoorlogEerste WêreldoorlogJodePretoriaGriekwa-AfrikaansRymDesimale breukeBreinMaagBloeddrukKuberkrakerHoofstadRenaissanceVoorvoegselKrieketSikloonWerkersdagKwame NkrumahVleilandPlae van EgipteJohannesburgGeelsugGroot GatChristiaan BarnardWikiVerkragtingProstaatklierGeweldKolonisasieDoopAlkoholismeHorlosieDie ontstaan van die dramaOlimpiese SpeleSlawernyVerkleinwoordMolekuulBesoedelingAborsieEkonomie van Suid-AfrikaBrittany Ashton HolmesMandalaNedersettingRumatoïede artritisRenosterDricus du PlessisKartografieSamestellende afleidingGeldVoortrekkermonumentKondensasieInternetMaagsweerOrrel1200PenisLionel PetersonGoogleDikdermEmfiseemBoelieryThabo MbekiGoudOutismeReg tot ‘n gesonde omgewingSelfmoordKlimaatRonelda KamferApostoliese GeloofsbelydenisKonjunktivitisEnsiklopedieGrondsoorte🡆 More