Aktueerder

'n Aktueerder is 'n toestel wat invloed op sy omgewing kan uitoefen.

Aktueerder
'n Deels swenkbare aktuator op 'n vlinderklep

Kunsmatige intelligensie

'n Aktueerder in kunsmatige intelligensie is die meganisme waardeur 'n agent op 'n omgewing inwerk. Die agent kan óf 'n kunsmatig-intelligente agent wees of enige ander outonome wese (mens, dier, en so meer)

'n Meganisme wat iets in 'n outonome aksie omskep, word 'n aktueerder genoem.

Voorbeelde van aktueerders van verskeie agente sluit in:

  • Aktueerder: mens – Agente: arms, hande, vingers, bene
  • Aktueerder: onderdeeluitsoekrobot – Agente: vatmeganisme, bewegende onderdele. Voorbeelde sluit solenoïdes en stemspoelaktueerders in.

Ingenieurswese

In ingenieurswese is aktueerders 'n onderafdeling van omsetters. 'n Omsetter is apparaat wat 'n intreesein (hoofsaaklik 'n elektriese sein) na beweging omskakel. Elektriese motors, pneumatiese aktueerders, hidroliese suiers, releës, kam-aandrywers, piëzo-elektriese aktueerders, termiese koppels, digitale mikrospieëlapparate en elektroaktiewe polimere is 'n paar voorbeelde van sulke aktueerders.

Motors word meestal gebruik wanneer sirkulêre beweging benodig word, maar kan ook vir lineêre toepassings gebruik word, deur omskakeling van sirkulêre na lineêre beweging te bewerkstellig met 'n bout- en skroefomsetter. Daarteenoor is sekere aktueerders intrinsiek lineêr, soos piëzo-elektriese aktueerders.

In virtuele instrumentasie is aktueerders en sensore die hardewarekomplemente van virtuele instrumente. Rekenaarprogramme van virtuele instrumente gebruik aktueerders om op objekte van die egte wêreld in te werk.

Bron

Tags:

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

EmosieInsekIngenieursweseSwart nasionalismeKankerSelfieFinale OplossingNederduitse Gereformeerde KerkPornografiese subgenresHeuningbySebraErns GrundlingHorlosieBestaansboerderyWortelDigvormGroot vyfRooikatKlawers (speelkaarte)NylrivierBurgerregteBoelieryAtlantiese OseaanSkildklierAmandelKoggelmanderXenofobieLys van deelnemers aan die Slag van BloedrivierKlavierMeningsverskil oor aardverwarmingRoossenekalElektrisiteitsvoorsieningBynierVoorvoegselAnale seksAngssteuringKatoenSteenkoolDiskriminasieBesoedelingSkerpioenIranGriepSywurmHeupvervangingBeroerteVerkoueSaldanhabaaiVakbondProteïenVoedingDroogteKunstenaarDanie du ToitYstertydperkMartin Luther King jr.EkonomieKlimaatReënVersamelnaamSharpeville-slagtingVlag van Suid-AfrikaRegardt van den BerghISO 3166-2HokkieJohan BadenhorstNatuurrampSkisofrenieTsoenamiNemunasLys van lande volgens bevolkingKunsmatige algemene intelligensieVerenigde State van AmerikaKaliumOseaanRicus NelAlice Munro🡆 More