Aktuariële Genootskap Van Suid-Afrika

Die Aktuariële Genootskap van Suid-Afrika (AGSA) is die bestuursliggaam van die aktuariële beroep in Suid-Afrika.

Om professionele lidmaadskap tot die Genootskap te verkry, moet die voorgeskrewe eksamens van die Genootskap afgelê word. Voor 2010 is lidmaadskap verkry deur die eksamens van ander erkende aktuariële organisasies, soos die Instituut van Aktuarisse in Londen of die Fakulteit van Aktuarisse in Edinburg, te voltooi.

AGSA bied drie professionele aanwysings aan:

  • Vennoot van die Aktuariële Genootskap (AMASSA, Associate (Member) of the Actuarial Society of South Africa)
  • Genoot van die Aktuariële Genootskap van Suid-Afrika (FASSA, Fellow of the Actuarial Society of South Africa)
  • Geoktroieerde Bedryfsrisiko-aktuaris (CERA, Chartered Enterprise Risk Actuary)

Om as Vennoot of Genoot tot die Genootskap toegelaat te word, is 'n baccalaureusgraad, nie noodwendig in aktuariële wetenskap nie, 'n voorvereiste. Lede van die Genootskap wat as Vennoot of Genoot toegelaat is, mag hulself aktuaris noem. AMASSA of FASSA is voorvereistes om as CERA aangewys te word.

AGSA se professionle aanwysings word erken deur die Instituut en Fakulteit van Aktuarisse in die Verenigde Koninkryk ('n genootskap wat na die samesmelting van die Instituut van Aktuarisse in Londen en die Fakulteit van Aktuarisse in Edinburg in 2010 gevorm is), die Genootskap van Aktuarisse in Ierland, en die Instituut van Aktuarisse in Australië.

Benewens die Genootskap se professionele aanwysings, laat dit persone onder studente- of biblioteeklidmaatskap tot die Genootskap toe. Studentelidmaatskap is vir diegene wat die eksamens aflê, en biblioteeklidmaatskap is vir diegene wat nie beoog om as aktuaris te kwalifiseer nie, maar wat toegang tot die vaklektuur wat deur die Genootskap vrygestel word, wil hê.

Kursusse

Deel A1: Grondslag Tegnies

  • A101: Waarskynlikheid en wiskundige statistiek
  • A102: Ekonomie
  • A103: Finansies en finansiële verslaggewing

Deel A2: Intermediêr Tegnies

  • A201: Finansiële wiskunde
  • A202: Modelle
  • A203: Gebeurlikhede
  • A204: Statistieke metodes
  • A205: Finansiële ekonomie

Deel A3: Kernbeginsels

  • A301: Aktuariële risikobestuur
  • A302: Kommunikasie

Indien aan die Genootskap se voorgeskrewe standaard voldoen word vir ekwivalente vakke aan A101 tot A302 by 'n tersiêre onderriginstelling, kan 'n kandidaat na die diskresie van die Genootskap van die aflê van hierdie eksamens vrygestel word.

Deel A3: Vennootskapsprofessionalismevaardighede

  • A401: Besigheidbewustheidmodule
  • A402: Modeldokumentasie, -analise, en -verslaggewing
  • A403: Vennootskapswerkplekvaardighede
  • A404: Vennootskapsprofessionalismekursus

A401, A402, en A404 is bywoningskursusse wat formele assessering insluit. A403 is 'n geïntegreerde werkplekoorsigprogram.

Deel F1: Genootskapsbeginsels

  • F101: Gesondheidsorgbeginsels
  • F102: Lewensassuransiebeginsels
  • F103: Korttermynversekeringsbeginsels
  • F104: Pensioen- en ander voordelebeginsels
  • F105: Finansies- en belegginsbeginsels
  • F106: Bedryfsrisikobestuur

Hierdie vakke kan ook as deel van nagraadse programme by geakkrediteerde universiteite afgelê word.

Deel F2: Genootskapstoepassings

  • F200: Navorsingskeuse
  • F201: Gesondheidsorgtoepassings
  • F202: Lewensassuransietoepassings
  • F203: Korttermynversekeringstoepassings
  • F204: Pensioen- en ander voordeletoepassings
  • F205: Belegginstoepassings
  • F210: Algemene praktykmodule

Deel F3: Genootskapsprofessionalismevaardighede

  • F303: Genootskapswerkplekvaardighede
  • F304: Genootskapsprofessionalismekursus

F304 is 'n bywoningskursuss wat formele assessering insluit. F403 is 'n geïntegreerde werkplekoorsigprogram.

Geskiedenis

  • 1948: Die Aktuariële Genootskap van Suid-Afrika hou hul inhuldigende vergadering op 22 Desember.
  • 1966: Die SA 56-62 Sterftetafels word gepubliseer.
  • 1972: Die eerste jaarlikse Konvensie word in Seepunt gehou.
  • 1973: Tom Murray ontvang die eerste Murray-medalje.
  • 1978: Die JSE-Aktuarisse-indeks word van stapel gestuur.
  • 2001: Die eerste volume van die Suid-Afrikaanse Aktuariële Joernaal word gepuliseer.
  • 2009: Die Suid-Afrikaanse aktuariële kwalifikasie word op 23 November ingestel.
  • 2010: AGSA tree as gasheer op vir die Internasionale Kongres van Aktuarisse van 7 tot 12 Maart. Dit was die eerste keer dat die gebeurtenis in Afrika plaasvind.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Aktuariële Genootskap Van Suid-Afrika KursusseAktuariële Genootskap Van Suid-Afrika GeskiedenisAktuariële Genootskap Van Suid-Afrika Sien ookAktuariële Genootskap Van Suid-Afrika VerwysingsAktuariële Genootskap Van Suid-Afrika Eksterne skakelsAktuariële Genootskap Van Suid-AfrikaAktuarisEdinburgLondenSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BateGianna MichaelsLys van Afrikaanse rolprenteSally EsterhuizenPeach van PletzenOnse VaderPornhubIntensiewe vormGeslagsorgaanVier temperamenteWes-AfrikaLuiperdOrtopedieSatireEngelsMielieBiljoenGordelroosAntoniemGriekelandBaarmoederSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1989AllergieLys van Joodse feeste en herdenkingsBoeberEuropese UnieAfghanistanVerenigde KoninkrykNamakwalandNederlandAngina pectorisDepressie (gemoedstoestand)Paarl GimnasiumPlae van EgipteLys van woestyneHerfsFiksieVrouKoningCyril RamaphosaHomofoonMenslike skeletEmfiseemSonnestelselGeboorteTweebuffelsmeteenslagmorsdoodgeskietfonteinMadison IvyCarike KeuzenkampJesus van NasaretOraniaKoos du PlessisNoord-KaapAnale seksJohan StemmetKewerDrie SusterskerkeBruin huisslangSolidariteitKalenderBloedsomloopstelselWet op NaturellengrondEuropese RugbykampioenskapJada FireGetalSeekoeiGewone luislangNamibiëAfrikanersNierversakingWeer (meteorologie)Zack du Plessis🡆 More