Akromegalie

Akromegalie verwys na die oortollige groei in spesifieke dele van die liggaam as gevolg van die oorproduksie van groeihormoon in die pituïtêre klier.

Die pituïtêre klier is 'n klein kliertjie wat onder die brein voorkom. Gewoonlik kom akromegalie voor omdat daar 'n gewas in die pituïtêre klier groei, maar dit kan selfs gebeur omdat daar 'n gewas in 'n ander deel van die liggaam voorkom wat ook groeihormoon afskei.

Akromegalie
Klassifikasie en eksterne bronne
Akromegalie veroorsaak ruimtes tussen die tande van die onderkaak.
Akromegalie veroorsaak ruimtes tussen die tande van die onderkaak.
ICD-10 E22.0
ICD-9 253.0
OMIM 102200
DiseasesDB 114
MedlinePlus   000321
eMedicine med/27derm/593
MeSH D000172
Akromegalie Mediese waarskuwing

Akromegalie verskil van gewone groei in kinders omdat dit gewoonlik groei in pasiënte later in hul lewe veroorsaak.

Liggaamsdele wat deur akromegalie geraak word

Die liggaamsdele wat deur akromegalie geraak word is:

  • Interne organe
  • Die tong
  • Hande
  • Voete
  • Gesig, en die
  • Kakebeen

Ander simptome sluit sigverlies, swakheid, sweet en hoofpyne in.

Diagnose

Bloedtoetse word gebruik om die diagnose te bevestig, maar CT-skanderings word gebruik om die gewas op te spoor.

Behandeling

Mikrochirurgie deur die neus word gedoen om die gewas te verwyder. Indien nodig, word bestraling op die gewas uitgevoer. Die pasiënt moet gewoonlik na chirurgie of bestraling langtermyn hormoonaanvullings gebruik om die hormone wat gewoonlik deur die pituïtêre klier vervaardig word, te vervang.

Behandeling is baie suksesvol, veral in jong volwassenes.

Tags:

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SirkusHeuningbyDeelstate van die Verenigde State van AmerikaGeweldSuid-Afrikaanse MenseregtekommissieKoolstofdioksiedAprilZack du PlessisGeboorteJesus van NasaretBysteekMadison IvyJannie du ToitArabiesOntkiemingGawes van die Heilige GeesWerkersdagAgtervoegselPlaasjapieLys van musiekinstrumenteBTWRenosterWaterbesparing in Suid-AfrikaAnton GoosenApostoliese GeloofsbelydenisIndiese OseaanStresErektiele disfunksieKongo-krisisTekstielKrokodilMusiekVulkanismePornografiePapegaaieLKonjunktivitisSkoolSendelingposisieCutt GlasSteenkool in Suid-AfrikaJeugdagWaterpokkiesHokkieGlasVerkleinwoordEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaKaren MeiringWatersuiweringCovid-19-pandemieOogproblemeNamakwalandReg tot ‘n gesonde omgewingDieretuinHamerkopAt BothaSatellietfotoLettergreepSelfvertroueWielewaalGeskiedenis van Suid-AfrikaByHoofkarakterMisdaadOnderwys in Suid-AfrikaSuikersiekteInflasieOorstromingDigvormHondHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalChemiese verbindingEnkelvoudige sinLys van nedersettings in Suid-AfrikaErfenisdag (Suid-Afrika)🡆 More