Die Afrikasivet (Civettictis civetta) is 'n lid van die familie Viverridae en die subfamilie Viverrinae.
Die soogdier kom in die noorde van Suid-Afrika, Zimbabwe, Mosambiek en die noorde van Botswana voor. Die dier staan ook bekend as die sivetkat.
Afrikasivet | |
---|---|
Die Afrikasivet, Civettictis civetta | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Animalia |
Filum: | Chordata |
Klas: | Mammalia |
Orde: | Carnivora |
Suborde: | Feliformia |
Familie: | Viverridae |
Genus: | Civettictis |
Spesie: | C. civetta |
Binomiale naam | |
Civettictis civetta (Schreber, 1776) | |
Subspesies | |
| |
Verspreiding |
Die dier is gryswit met dowwe kolle op die voorkwarte en reëlmatige swart kolle wat op die agterkante oorgaan in strepe. Daar is 'n streep wat al op die rug langs loop en tussen die ore begin. Die bene is swart en die stert is wollerig en gering met 'n swart punt. Die ore is gerond met wit punte. Sy totale lengte is 120-140 cm en die stert is 40-50 cm lank. Sy skouerhoogte is 40 cm en sy massa is 9-15 kg.
Hulle verkies bosveld met ruigtes en genoeg onderbos, verkieslik in 'n waterryke omgewing. Die diertjie is naglewend en sku. Hulle is op hul aktiefste vroeg in die aand en net voor sonop. Hulle leef gewoonlik alleen. Hulle eet insekte, muise, wilde vrugte, reptiele, paddas en voëls. Hulle natuurlike vyande is die leeu, luiperd en luislang. Een tot vier kleintjies word na 'n dratyd van ±2 maande tussen Augustus en Desember gebore.
Wiki Commons bevat media in verband met Afrikasivet. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Afrikasivet, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.