African Independent Congress

Die African Independent Congress (AIC) is 'n klein politieke party in Suid-Afrika.

African Independent Congress
AIC
Leier Mandla Galo
Gestig 12 Desember 2005
Hoofkwartier Matatiele
Amptelike kleure Swart, groen, goud
Webblad www.aic.org.za

Die party is op 12 Desember 2005 in Matatiele gestig in protes teen die African National Congress se besluit om die dorp by die Oos-Kaap in plaas van KwaZulu-Natal in te lyf. Hulle ag hulself as "slagoffers van politieke manipulasie" en beskou die ANC as arrogant. Hulle is gekant teen 'n een partystaat, waar 'n regerende party besluite kan neem wat die hele land beïnvloed.

Hulle het 10 setels in die Matatiele-munisipaliteit tydens die Suid-Afrikaanse munisipale verkiesing van 2006 gewen, 1 setel in die Oos-Kaap in die Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2009 en sewe setels in die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal in die Suid-Afrikaanse munisipale verkiesing van 2011.

Tydens die Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2014 kry die AIC 97 642 stemme (0,53% van die totaal) wat die party 3 setels in die Nasionale Vergadering besorg terwyl hulle hul setel in die Oos-Kaap behou. Die party se naam het direk bo die ANC se naam op die nasionale stembrief verskyn. Hulle kenteken lyk ook baie soos die van die ANC. Dit het bespiegelinge laat ontstaan dat sommige kiesers die twee partye met mekaar verwar het, wat tot die buitengewone prestasie op nasionale vlak aanleiding kon gee. Die AIC het die bewering verwerp en gesê dat hulle lede in al die provinsies het. In die algemene verkiesing in 2019 het die AIC 48 107 stemme (0.28%) en twee setels in die Nasionale Vergadering gewen, een minder as in 2014. Die party het geen setels in die provinsiale wetgewers verower nie, en die een wat voorheen in die Oos-Kaap gehou is, verloor.

AIC gaan aan die Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024 deelneem.

Verkiesingsresultate

Nasionale verkiesings

Verkiesing Stemme % Setels
2019 48 107 0,28 2
2014 97 642 0,53 3

Provinsiale verkiesings

Verkiesing Oos-Kaap Vrystaat Gauteng KwaZulu-Natal Limpopo Mpumalanga Noordwes Noord-Kaap Wes-Kaap
% Setels % Setels % Setels % Setels % Setels % Setels % Setels % Setels % Setels
2019 0,42% 0/63 0,45% 0/30 0,21% 0/73 0,26% 0/80 0,27% 0/49 0,36% 0/30 0,46% 0/33 0,55% 0/30 0,14% 0/42
2014 0,77% 1/63 0,31% 0/42

Munisipale verkiesings

Verkiesing Stemme %
2021 African Independent Congress  146 693 African Independent Congress  0,48%
2016 333 655 0,87%

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

African Independent Congress VerkiesingsresultateAfrican Independent Congress Sien ookAfrican Independent Congress VerwysingsAfrican Independent Congress Eksterne skakelsAfrican Independent CongressPolitieke partySuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Gawes van die Heilige GeesGautengMaanPornografieFisiese oefeningOnomatopeeDigterJeuksiekteVrouBeeldspraakJavaScriptGewone breukeSuikersiekteVlermuisOopbroninhoudEugenetikaKunsmatige algemene intelligensieEskomKoos KombuisKlein-KarooVolhoubare ontwikkelingKlimaatveranderingBundesligaSkooluniformAustraliëAfrikanersResensieDirekte en Indirekte redeMenseregtedagErektiele disfunksieVarkgriepMetafoorLetterlike en figuurlike taalgebruikSonkragGriepGrondAll Citizens PartyElandréSinoniemKernoorlogJohannesburgMartin Luther King jr.Rudi ClaaseRookgewoonteApostelAardverwarmingKunselementeNamibwoestynGroepsgebiedewetStereotipeCyril RamaphosaKlankverskynselsPaasfeesJaco JacobsFort BeaufortBateSan FranciscoCorioliskragWerwelkolomNoFapInternasionale Historiese Genootskap RobbeneilandMenslike seksuele gedragHematurieKimberleyBosluisbytkoorsSendelingposisieChemiese elementPaarl GimnasiumVierhoekOu Apostoliese KerkGeelhoutMarsWoordeskatSiya Kolisi🡆 More