Toegeneentheid

Toegeneentheid, aangetrokkenheid, verliefdheid of geneentheid is 'n gesindheid of geestesgesteldheid wat dikwels met 'n soort liefde of gevoel van liefde geassosieer word.

Dit het tot die ontstaan van verskeie filosofie- en sielkundedeterreine rakende emosie, siekte, invloed en geestesgesteldheid gelei. "Toegeneentheid" word algemeen gebruik om 'n soort liefde of gevoel van liefde aan te dui wat meer as bloot goedgesindheid of vriendskap behels. Skrywers oor etiek gebruik die woord oor die algemeen om na spesifieke gevoelstoestande te verwys, blywend sowel as spasmodies. Sommiges kontrasteer dit met passie in die sin dat dit los van die onderskeidend sensuele element bestaan.

Selfs 'n baie eenvoudige demonstrasie van toegeneentheid kan 'n wye verskeidenheid emosionele reaksies uitlok, van verleentheid tot weersin tot genot tot ergerlikheid. Dit het ook verskillende fisieke uitwerkings op die gewer en die ontvanger.

Beperkte definisie

Meer spesifiek is die woord tot emosionele gesteldhede beperk, waarvan die objek 'n lewende wese soos 'n mens of dier is. Toegeneentheid word met passie, afkomstig van die Griekse "patos" vergelyk. As sulks verskyn dit in die geskrifte van die Franse filosoof René Descartes, die Nederlandse filosoof Baruch Spinoza, en in die meeste van die geskrifte van die vroeë Britse etici. Om verskeie redes (bv. die feit dat dit nie angstigheid of opwinding insluit nie, dat dit relatief onaktief is, en weens die algehele afwesigheid van die sensuele element), word dit egter gewoonlik van passie onderskei. In hierdie enger sin het die woord 'n groot rol in etiese stelsels gespeel, waar sosiale of ouerlike toegeneentheid in 'n sekere sin as deel van 'n morele verpligting beskou word. Vir 'n bespreking van hierdie en soortgelyke probleme, wat uiteindelik berus op die mate waarin die toegeneentheid as vrywillig beskou word, sien H. Sidgwick, Methods of Ethics pp. 345–349.

Uitdrukking

Toegeneentheid kan deur middel van woorde, gebare of aanrakings gekommunikeer word. Liefderyke gedrag het moontlik vanuit ouerlike vertroetelende gedrag ontwikkel as gevolg van die assosiasies met hormonale belonings. Daar is bevind dat breinontwikkeling by babas deur hierdie liefdesbetuigings beïnvloed word. Uitdrukkings van toegeneentheid kan onwelkom wees indien dit 'n moontlike bedreiging vir 'n persoon se welsyn inhou. Sou dit egter verwelkom word, word toegeneentheid met verskeie gesondheidsvoordele geassosieer. Daar is al beweer dat interpersoonlike interaksie deur positiewe emosies bevorder word, en dat familiariteit wat deur toegeneentheid verkry is, onderlinge positiewe emosies bevorder.

Toegeneentheid kan in verskillende kulture op verskillende maniere gedemonstreer word. By die Manchu-etniese groep is dit byvoorbeeld onvanpas vir 'n ma om haar baba in die openbaar te soen, terwyl dit as 'n gepaste liefdesbetuiging beskou word om in die openbaar fellasie met haar babaseuntjie te beoefen. Sommige individue met aleksitimie vind dit moeilik, of het selfs 'n onvermoë om toegeneentheid te ervaar of uit te druk.

Verwysings

Verdere leesstof

Tags:

Toegeneentheid Beperkte definisieToegeneentheid UitdrukkingToegeneentheid VerwysingsToegeneentheid Verdere leesstofToegeneentheidEtiekFilosofieGevoelLiefdeSielkunde

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

AfkortingJana CilliersBaarmoederStilleweLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameBetonKarooSpringbokkeAkroniemRenaissanceVermontEngelsHondKweekhuiseffekNiemetaalGNU/FDL-lisensieVarkgriepOnderwys in Suid-AfrikaPolisieAnrich HerbstLys van musiekinstrumenteAntoniemMaanPuberteitTrevor NasserWoordsoortAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994André JacobsSekondêre sektor van die ekonomieAfrikaanse TaalmonumentBloeddrukKaliforniëBloedsomloopstelselRuslandLys van bekende Suid-AfrikanersFrankrykGoogleGeografie van Suid-AfrikaBeeldspraakReënMaroela MediaKoos du PlessisWindkragWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaLys van Suid-Afrikaanse skrywersSophie SchollOogproblemeAce MagashuleBorskankerNeologismeAngina pectorisMiskruierLys van Suider-Afrikaanse varswater visfamiliesBokmakierieTrevor ManuelEmosieDataverwerkingDermpoliepKlereLikkewaanSportMartin Luther King jr.Ou Apostoliese KerkWerkwoordAdolf HitlerDemokrasieGraatjiemeerkatKommunikasieWiki🡆 More