Die Aetherius-geselskap (Engels: Aetherius Society) is 'n religieus-spirituele beweging wat in 1954 deur dr.
George King (1919–1997), 'n jogameester, in Londen, Engeland gestig is nadat hy, soos hy dit self gestel het, deur 'n buiteaardse intelligensie, bekend as Meester Aetherius, genader is. Die organisasie is gewy aan die verspreiding en verwesenliking van leerstellings wat van spiritueel en tegnologies gevorderde buiteaardse intelligente wesens ontvang word om, soos beweer word, 'n "beter wêreld te skep".
Die geselskap word deur wetenskaplikes as deel van die breër Ufoloë-beweging geklassifiseer. Dit is een van min nuwe religieuse bewegings van Britse oorsprong wat na die Verenigde State en elders uitgebrei het. Die Aetherius-geselskap se aktiwiteite was tot dusver nog nooit in omstredenheid gehul nie.
Die Amerikaanse en Europese hoofkwartiere van die Aetherius-geselskap is in Los Angeles, Kalifornië en Londen, Engeland gesetel.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Aetherius-geselskap, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.