Avn: Amerikaanse vaktydskrif vir die volwassevideobedryf.

Adult Video News (ook bekend as AVN) is ’n Amerikaanse vaktydskrif vir die volwassevideobedryf.

Volgens The New York Times is AVN vir pornografiese rolprente wat Billboard vir musiekalbums is. AVN borg die jaarlikse Adult Entertainment Expo, of AEE, in Las Vegas, Nevada, asook ’n prysseremonie vir die volwassebedryf, die AVN-pryse, wat op die Oscars geskoei is.

Adult Video News
Redakteur
Kategorieë Vaktydskrif
Frekwensie Maandeliks
Uitgewer Theo Sapoutzis
Totale Oplaag 40 000 (2006)
Jaar gestig 1983
Eerste uitgawe 1983
Land VSA
Taal Engels
Webwerf www.avn.com
ISSN 0883-7090

AVN gradeer pornoflieks en berig oor nuus in die bedryf. Tot 500 fliekresensies kan in een uitgawe voorkom. Sowat 80% van die tydskrif bestaan uit advertensies en is gemik op handelaars in volwassevideo's.

Geskiedenis

Paul Fishbein, Irv Slifkin en Barry Rosenblatt het AVN in 1983 in Philadelphia, Pennsilvanië, gestig. Slifkin is in 1984 weg; hy het belangstelling verloor in die resensering van pornoflieks ná die skuif van rolprente na video's. Rosenblatt en Fishbein het in 1987 ’n uitval gehad en eindelik het Fishbein die tydskrif na die San Fernando-vallei in Kalifornië geskuif van waar dit nog steeds bedryf word. Hy het die maatskappy in 2010 verkoop.

AVN word wyd aangehaal oor verskeie sterre in die pornobedryf en die bedryf se inkomste. AVN raam die verkoop en uithuur van pornovideo's het in 2000 en 2002 sowat $4 miljard ingebring. Forbes het dit egter oordrewe genoem en ’n ander bron raam dit op sowat $1,8 miljard.

AVN-pryse

AVN hou elke jaar ’n prystoekenningsaand wat op die Oscars geskoei is. Daar is meer as 100 kategorieë en meer as 3 500 mense woon dit gewoonlik by. David Foster Wallace het skepties opgemerk AVN het in 1997 meer as 4 000 nuwe uitreikings in elke kategorie geresenseer, teenoor die 375 flieks wat vir die Oscars gekyk moes word. Dié getal het in 2008 vermeerder tot 8 000, en Paul Fishbein het opgemerk dit is "’n lang, verskriklike proses". Volgens The New York Times is "die presiese kriteria vir die wen van ’n AVN nie, wel, eksplisiet nie". Pryse gaan dikwels na gereelde adverteerders in die tydskrif.

Die seksskrywer Violet Blue het gesê dieselfde maatskappye en name wen jaar ná jaar . . . "Om aan die 'porno-Oscars' te dink as ’n ware verteenwoordiging van porno se heel bestes, is soos om seks te hê met ’n Jenna Jameson-pop en vir jou vriende te vertel jy het met die pornoster bed toe gegaan."

GayVN-pryse

AVN het ook elke jaar die GayVN-pryse geborg vir die gay pornobedryf nadat dit van 1988 tor 1998 deel was van die AVN-pryse. Dié toekenningsaand is ná 2010 vir 'n paar jaar nie gehou nie, maar is in 2018 hervat.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Avn GeskiedenisAvn AVN-pryseAvn VerwysingsAvn Eksterne skakelsAvnAVN Adult Entertainment ExpoAVN-prysAmerikaLas VegasNevadaOscarPornografieRolprentThe New York Times

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Kaapse florarykBateVerlede tydJeugdagKultuurMosesWolkRudi ClaaseVoorsetselOogproblemeHoenderAnrich HerbstBoer (landbou)MorfeemHarry Herbert CrosbyBritse en Amerikaanse maateenhedeMielieBaälIslamNatuurbewaringDierSatanismeSoweto-opstandDwelmonttrekkingBlourokkeEskomVaginale kankerStam (taalkunde)Doc ImmelmanAnale seksDigvormNetbalRugbywêreldbeker 2023WitbloedselWinterAngina pectorisSeekatVryheidsdagEnergieLys van elemente volgens simboolSomerVerantwoordelikheidOplossing (chemie)Wapen van Suid-AfrikaSpringbokkeSonkragStresNederlandsBurgerregteVaste stofAfghanistanVoornaamwoordGemeenskapWoordeboekPerdFilosofieByDwelmmiddelAngolaSonenergieSoogdierPlastiekPlaattektoniekKarooFaktuurBloedsomloopstelselWerkloosheidLys van politieke partye in Suid-AfrikaBrugBiologieSeeFinale OplossingTrappe van vergelykingMona LisaBiodiversiteitBruin menseHoofkarakterLatyn🡆 More