Adriaan Roland Holst

Adrianus (Adriaan) Roland Holst (23 Mei 1888, Amsterdam - 5 Augustus 1976, Bergen Noord-Holland) was 'n Nederlandse digter.

Sy oeuvre word gekenmerk deur 'n unieke, plegtige styl en ryk simboliek.

Adriaan Roland Holst
Adriaan Roland Holst
Adriaan Roland Holst (1968)
Gebore23 Mei 1888
Sterf5 Augustus 1976
Beroepdigter

Familie

Adriaan Roland Holst 
Adriaan Roland Holst (1904)

Sy vader was die broer van die beeldende kunstenaar Richard Roland Holst wat getroud was met Henriette Roland Holst-van der Schalk, die digteres, skryfster en sosialis. Sy was dus die tante van Adriaan Roland Holst. Adriaan is deur vriende en familie "Jany" genoem. Die drie - Adriaan, Richard en Henriette - het gereeld kontak met mekaar gehad.

Biografie

Holst het in het Gooi grootgeword. Hy het in Hilversum die Gemeentelijke HBS bygewoon (hierdie skool is na hom vernoem, en heet tans die A. Roland Holst-kollege) en van 1908 tot 1911 Keltiese Letterkunde aan die Universiteit van Oxford studeer. Reeds op twintigjarige leeftyd kon hy gedigte plaas in die letterkundige tydskrif De XXste Eeuw. In 1911 het sy debuutbundel getiteld Verzen in boekvorm verskyn. In sy volgende bundels, De belijdenis van de stilte en Voorbij de wegen, het sy eie stem tot volle wasdom gekom. Die verslete verse getuig van 'n romantiese begeerte en verhewe eensaamheid. Deirdre en de zonen van Usnach (1920), wat verskyn het in die bibliofiele-reeks Palladium, is 'n poëtiese verhaal wat afspeel in 'n Keltiese leefwêreld.

In 1918 het Holst in Bergen, Noord-Holland gaan woon waar sy woonhuis bewoon is deur 'n verskeidenheid skrywers en digters. Hy het verskillende literêre vriende gehad soos Menno ter Braak, J.C. Bloem, E. du Perron, J. Slauerhoff, Herman Gorter, Vasalis en Victor van Vriesland. Hy het ook kontak gehad met die skilder Carel Willink, wat in 1948 in opdrag van die ministerie van onderwyskunste en wetenskap 'n portret van hom geskilder het.

Uit die argief vir benoemings vir die Nobelprys vir Letterkunde by die Sweedse Akademie blyk dit dat Holst in 1955 en 1961 benoem is vir die Nobelprys.

Hy het gesterf aan komplikasies wat teweeggebring is nadat hy uit sy bed geval het.

Nasionale Monument

Adriaan Roland Holst 
Gedig deur Roland Holst wat aangebring is by die Nationaal Monument op de Dam in Amsterdam

Roland Holst word in verskeie opsigte gesien as 'n monumentale digter. By die beeld ‘’De stedemaagd’’ in Alkmaar (1950) is daar 'n kort gedig van Roland Holst aangebring. Op die binnekant van die gedenkmuur van die Nationaal Monument op de Dam (in 1956 onthul) is 'n gedig van Roland Holst aangebring in belettering wat deur Jan van Krimpen ontwerp is:

"Nimmer, van erts tot arend, was enig schepsel vrij onder de zon,

noch de zon zelve, noch de gesternten. Maar geest brak wet en stelde op de geslagen bres de mens.

Uit die eersteling daalden de ontelbaren. [...]"

Beeld

Mari Andriessen, wat as beeldhouer onder andere bekend is vir die beeldhouwerk De Dokwerker in Amsterdam en 'n lid is van die tweede generasie van De Groep van de figuratieve abstractie, het 'n beeld van Holst geskep wat op Hoflaan by die Ruïnekerk in Bergen, Noord-Holland staan. Dit is vergroot tot sy huidige formaat deur Theo Mulder, 'n leerling en vriend van Mari Andriessen.

Lukrake aangeleenthede

  • Op 19 November 2009, na aanleiding van die uiteindelike ampswisseling van premier Herman Van Rompuy, het die volgende versreëls uit "De Ploeger" van Holst in die Belgiese parlement weerklink:
      Ik vraag geen oogst; ik heb geen schuren,
      ik sta in uwen dienst zonder bezit.
      Maar ik ben rijk in dit:
      dat ik de ploeg van uw woord mag besturen
      Ik zal de halmen niet meer zien
      noch binden ooit de volle schoven,
      maar doe mij in den oogst geloven
      waarvoor ik dien…

Bibliografie

  • 1911 - Verzen
  • 1913 - De belijdenis van de stilte
  • 1920 - Deirdre en de zonen van Usnach
  • 1920 - Voorbij de wegen
  • 1925 - De afspraak
  • 1925 - De wilde kim
  • 1926 - Ex tenebris mundi: gedichten
  • 1926 - Over den dichter Leopold
  • 1928 - Het Elysisch verlangen (gevolgd door De zeetocht van Ban)
  • 1928 - Shelley, een afscheid
  • 1932 - Tusschen vuur en maan
  • 1936 - De pooltocht der verbeelding
  • 1936 - Voorteekens
  • 1937 - Een winter aan zee
  • 1938 - Uit zelfbehoud
  • 1940 - In memoriam Charles Edgar du Perron en Menno ter Braak
  • 1940 - Onderweg
  • 1943 - Voor West-Europa
  • 1945 - Een winterdageraad
  • 1945 - Eigen achtergronden
  • 1946 - In memoriam Herman Gorter
  • 1946 - Sirenische kunst
  • 1947 - De twee planeten
  • 1947 - Tegen de wereld
  • 1948 - In ballingschap
  • 1948 - Van erts tot arend
  • 1950 - Swordplay wordplay
  • 1951 - De dood van Cuchulainn van Murhevna
  • 1951 - Woest en moe
  • 1957 - Bezielde dorpen
  • 1958 - In gevaar
  • 1960 - Omtrent de grens
  • 1962 - Onder koude wolken
  • 1963 - Onderhuids
  • 1966 - Aan prinses Beatrix
  • 1967 - Kort
  • 1967 - Uitersten
  • 1968 - Vuur in sneeuw
  • 1970 - Met losse teugel
  • 1971 - Verzamelde gedichten
  • 1975 - In den verleden tijd
  • 1976 - Voorlopig
  • 1977 - Roland Holst, ten afscheid
  • 2000 - Trouw in ontrouw. Liefdesgedichten
  • 2001 - Raar

Pryse

  • 1927 - Prijs van Amsterdam vir De wilde kim
  • 1938 - D.A. Thieme-prys vir Een winter aan zee
  • 1945 - Verzetsprijs vir letterkunde vir Helena's inkeer
  • 1948 - Constantijn Huygens-prys vir sy gehele oeuvre
  • 1955 - P.C. Hooft-prys vir Late telgen
  • 1959 - Prijs der Nederlandse Letteren vir sy gehele oeuvre
  • 1961 - Poësieprys van die munisipaliteit van Amsterdam vir Omtrent de grens
  • 1964 - Poësieprys van die munisipaliteit van Amsterdam vir Onderhuids

Biografie

  • Jan van der Vegt, A. Roland Holst. Biografie. Baarn, De Prom, 2000.

Eksterne skakels

Verwysings

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wiki vertaal.

Tags:

Adriaan Roland Holst FamilieAdriaan Roland Holst BiografieAdriaan Roland Holst Nasionale MonumentAdriaan Roland Holst BeeldAdriaan Roland Holst Lukrake aangeleenthedeAdriaan Roland Holst BibliografieAdriaan Roland Holst PryseAdriaan Roland Holst BiografieAdriaan Roland Holst Eksterne skakelsAdriaan Roland Holst VerwysingsAdriaan Roland Holst1888197623 Mei5 AugustusAmsterdamDigterNederlandsNoord-Holland

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

ReënspinnekopHerpes simplexBaarmoederTrappe van vergelykingAardverwarmingMaselsWaldimar PelserAfrikaAtriale fibrillasieDonderstormAnnelize van der RystKanadese nasionale krieketspanLuiperdHematurieWikisourceHolocaustSean CombsAlfabetMoslemWynsteenUniversiteit StellenboschSuid-Afrikaanse randAmalia UysSteve HofmeyrSonnestelselLily CarterDoopWhitey BassonSeksuele opwekkingFacebookBasisinkomsteAarverkalkingProstaatkankerIdioomParysKompasBynierEkonomieInstagramAfghanistanDiepaartromboseLys van deelnemers aan die Slag van BloedrivierStrandbeestGriepLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameOrgaanMasturbasieAspergersindroomRuslandMarga van RooyJodeOsoonlaagOrthopteraAngina pectorisSirkelLys van chemiese elemente volgens atoomgetalGeorgiese nasionale rugbyspanVolkekundeBloutongsiekteAntieke EgipteVoorsetselRegardt van den BerghLys van Suider-Afrikaanse soogdiereEkostelselOlifantNieuwoudtvilleMenseregteOraniaBoeberSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1989Vlag van AfghanistanPapegaaie🡆 More