Addo-Olifant- Nasionale Park: Nasionale park in Oos-Kaap, Suid-Afrika

Die Addo-olifant- Nasionale Park is 'n wildreservaat wat naby Gqeberha in Suid-Afrika geleë is.

Die park is een van Suid-Afrika se twintig nasionale parke.

Addo-olifant- Nasionale Park
Twee olifante in September 2006
Twee olifante in September 2006
Land Suid-Afrika
Provinsie Oos-Kaap
Naaste dorp Gqeberha
Ligging van Addo-olifant- Nasionale Park op 'n kaart (Oos-Kaap)
Addo-olifant- Nasionale Park
Addo-olifant- Nasionale Park
Koördinate: 33°26′46″S 25°44′55″O / 33.44611°S 25.74861°O / -33.44611; 25.74861 25°44′55″O / 33.44611°S 25.74861°O / -33.44611; 25.74861
Oppervlak 1 640 km2
Openingsjaar 1931
Bestuursliggaam SANParke
Webblad Addo-Olifant- Nasionale Park
Addo-Olifant- Nasionale Park: Nasionale park in Oos-Kaap, Suid-Afrika
Olifante drink by die Hapoor-dam

Die oorspronklike gedeelte van die park is in 1931 gestig om 'n veilige hawe vir die oorblywende elf olifante in die area te bied. Die park huisves tans meer as 600 olifante, 400 buffels, meer as 48 bedreigde swartrenosters, asook 'n verskeidenheid boksoorte. Leeus en hiënas is ook onlangs weer in die gebied hervestig. 'n Unieke spesie in die gebied is die miskruierspesie Circellium bacchus wat nie kan vlieg nie. Die diertjie het die reg-van-weg op paaie voor motors.

Die oorspronklike park is uitgebrei om die Woody Cape-natuurreservaat wat van die Sondagsrivier tot Alexandria strek in te sluit, asook 'n marienereservaat wat St. Croixeiland en Voëleiland in Algoabaai insluit. Die gebied is 'n belangrike broeihabitat vir pikkewyne en ander marienespesies. Die uitbreiding is deel van 'n plan om die park van 1 480 km² uit te brei tot 3 600 km² – die Groter Addo-olifant- Nasionale Park.

Die uitbreiding beteken dat die park vyf van Suid-Afrika se sewe biome insluit. Die park is ook waarskynlik die enigste ter wêreld wat die sogenaamde "Groot Sewe" in hul natuurlike habitat huisves (olifant, renoster, leeu, buffel, luiperd, walvis en witdoodshaai).

Die park ontvang jaarliks ongeveer 120 000 besoekers. Sowat 54% is internasionale besoekers, hoofsaaklik uit Duitsland, Nederland en die Verenigde Koninkryk.

Die park het vyf ruskampe asook vier ander kampe wat as konsessies bedryf word. Die hoofingang asook twee wildkykpaaie in die park is geteer, terwyl ander grondpaaie is. Die park kan ook vanaf die N2-snelweg naby Colchester bereik word.

Eksterne skakels

Tags:

GqeberhaSuid-AfrikaWildreservaat

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

TandbederfProteïenLys van musiekinstrumenteRudi ClaaseNoag se arkOligopolieGeslagGroot TrekMartin Luther King jr.KlavierMuskietNelson MandelaAanpassingskapasiteitAntoniemOranjerivierVaginale kankerDigvormReg tot ‘n gesonde omgewingWaterbesoedelingVervoerByvoeglike naamwoordLetterkundeSebraAardbewingAgtervoegselWoordsoortSiya KolisiSwart nasionalismePrimêre sektor van die ekonomieMenseregteLys van bekende Suid-AfrikanersGeboorteVingerseksSpoorvervoer in Suid-AfrikaAbstraksie (rekenaarwetenskap)KitaarHomoniemOrgasmeWaterLettergreepVeelvoudige sinLys van Afrikaanse rolprenteHeupvervangingWater (molekuul)Wetenskaplike klassifikasieSydneyLKindermishandelingGalileo GalileiGrondsoorteKommunikasieRussiese inval in Oekraïne sedert 2022TydsoneFamilie (verwantskap)RekenaarKrieketSatellietfotoSprokieBlourokkeTelwoordStaalDermpoliepErosieDiamantBloedsomloopstelselInsekFacebookSeksposisieMassaKindersiektesLionel PetersonEkonomie van Suid-AfrikaWiskundeSaartjie Baartman🡆 More