Adam Opel (9 Mei 1837 – 8 September 1895) was die stigter van die Duitse motormaatskappy Adam Opel AG.
Adam Opel | |
---|---|
Adam Opel in 1891 | |
Gebore | Rüsselsheim, Duitse Bond | 9 Mei 1837
Sterf | 8 September 1895 (op 58) Rüsselsheim, Duitse Keiserryk |
Nasionaliteit | Duits |
Beroep | entrepreneur en ingenieur |
Bekend vir | stigter van die Opel-maatskappy |
Eggenoot | Sophia |
Kinders | Carl, Wilhelm, Heinrich, Friedrich en Ludwig |
Ouer(s) | Philipp Wilhelm Opel (vader) |
Adam Opel is op 9 Mei 1837 gebore as die seun van Philipp Wilhelm Opel, 'n slotmaker, en sy vrou, in Rüsselsheim. Adam studeer by sy pa tot die ouderdom van 20, waarna hy sy reispas ontvang. Die pas het hom in staat gestel om 'n leerlingslotmaker te word in België, in Luik, Brussel, en daarna in Parys, waar hy teen die middel van 1858 aangekom het.
Terwyl hy hom in Parys bevind, ontwikkel hy 'n belangstelling in innovasie — die naaimasjien. In 1859 begin hy te werk by 'n vervaardiger van naaimasjiene, om dit van nader te kan bekyk. Adam se jonger broer, George, het ook na Parys gereis om hierdie nuwe tegnologie na te speur. In 1862 keer Adam terug na Rüsselsheim.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Adam Opel, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.