Achondroplasie

Achondroplasie is 'n genetiese steuring wat dwergisme veroorsaak.

In mense met dié toestand is die arms en bene kort, terwyl die torso 'n normale lengte is. Mens met die toestand het 'n gemiddelde lengte van onderskeidelik 131 en 123 cm vir mans en vroue. Ander eienskappe kan insluit 'n groot kop en prominente voorkop. Komplikasies kan insluit slaapapnee of herhaalde oorinfeksies. Die toestand tas gewoonlik nie die intelligensie aan nie.

Achondroplasie
Jason "Wee Man" Acuña, 'n Amerikaanse akteur en waaghals met achondroplasie.

Achondroplasie word veroorsaak deur 'n mutasie in die fibroblastiese groeifaktorreseptor 3- (FGFR3-)geen, wat veroorsaak dat sy proteïen ooraktief is. Die steuring het 'n outosomaal dominante manier van oorerwing, wat beteken dat slegs een alleel van 'n geen in 'n indiwidu aanwesig hoef te wees om tot die toestand te lei.

Sowat 80% van gevalle spruit uit 'n nuwe mutasie, wat in die pa se sperma ontstaan. Die res word oorgeërf van 'n ouer met die toestand. Die risiko van 'n nuwe mutasie neem toe saam met die ouderdom van die pa. In gesinne met twee ouers met die toestand sal kinders wat albei aangetaste gene erf, gewoonlik voor geboorte of kort daarna sterf weens asemhalingsprobleme. Die toestand word gewoonlik gediagnoseer op grond van die simptome, maar kan deur genetiese toetsing bevestig word.

Behandeling kan insluit steungroepe en groeihormoonterapie. Komplikasies soos obesiteit, 'n waterhoof, slaapapnee, middeloorinfeksies en werwelkanaalstenose kan dalk behandel moet word. Die lewensverwagting van mense met achondroplasie is 10 jaar minder as normaalweg.

Achondroplasie is die algemeenste oorsaak van dwergisme en tas sowat 1 in 27 500 mense aan.

Tekens en simptome

  • Disproporsionele dwergisme
  • Kort arms en bene
  • Kort vingers en tone
  • Groot kop met prominente voorkop
  • Klein middelgesig met 'n plat neusbrug
  • 'n Konvekse of konkawe rugkurwe
  • Bakbene of knopknieë
  • Herhaalde oorinfeksies, slaapapnee en 'n waterhoof

Komplikasies

Kinders

'n Waterhoof is 'n ernstige komplikasie wat met achondroplasie in kinders verbind word. Dit gebeur wanneer serebrospinale vloeistof nie in en uit die skedel kan vloei nie weens die manier waarop die werwelkolom vernou. Dié opbou van vloeistof word verbind met 'n vergrote kop, vomering, lusteloosheid, hoofpyne en irriteerbaarheid.

Volwassenes

Volwassenes met achondroplasie het dikwels probleme met obesiteit en slaapapnee. Hulle ondervind ook dikwels 'n dooie gevoel of tinteling in hulle bene weens die samepersing van senuwees.

Vroue met achondroplasie het gewoonlik 'n keisersnee as hulle die lewe skenk om komplikasies te voorkom.

Verwysings

Skakels

  • Achondroplasie  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Achondroplasie Tekens en simptomeAchondroplasie VerwysingsAchondroplasie SkakelsAchondroplasieArmBeen (ledemaat)DwergismeGeenInfeksieIntelligensieOorSlaapapneeTorso

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

TelevisieMensVarkLien se lankstaanskoeneBynierOplossing (chemie)SkilpadBruin menseWikipediaDiepaartromboseHeuningbySuid-SothoSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureWaterbesoedelingDurbanSarel Jacob PretoriusVerkoueMobutu Sese SekoGlasHondOm-te-infinitiefkonstruksieE-posMaagWiskundige terminologieEweknienetwerkOnderwerp (taalkunde)JakkalsGetalSlangEkonomie van Suid-AfrikaBestuiwingAarverkalkingJagluiperdWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaTamboraHartaanvalLübeckBakterieGawes van die Heilige GeesTweede VryheidsoorlogVersoeningsdagSwartrenosterJudaïsmeJo BlackBrongitisEthiopiëLys van Joodse feeste en herdenkingsNetbalNarsismeBalletAnrich HerbstGautengYslandJansenvilleUitwerking van klimaatsveranderingMiddelmisbruikSkildklierSelfmoordNazi-DuitslandVaalrivierRacheltjie de BeerLys van musiekinstrumenteVoedingVrouAtriale fibrillasieMorfologie (taalkunde)WoestynBeroerteBronsYsbeerGesonde dieetJewgeni PrigozjinVryheidsmanifesNedersettingRente🡆 More