Kleinsperwer

Die kleinsperwer (Accipiter minullus) is 'n klein roofvoëlspesie met 'n liggaamslengte van net 23 tot 28 cm.

Dit word dikwels in stadstuine gesien, veral in gebiede aangrensend aan hul natuurlike habitat, soos bosveld met groot bome of naby boomryke stroomoewers. Dit is 'n algemene tot skaars standvoël, maar word weens hul ontwykende gedrag maklik misgekyk. Hulle sal vinnig in hul eksklusiewe gebied rondbeweeg, of onopsigtelik wag op prooi. Soortgelyke spesies wat maklik met hierdie spesie verwar kan word is die Afrikaanse sperwer en die gebande sperwer. In Engels staan dit bekend as die little sparrowhawk.

Kleinsperwer
Kleinsperwer
Kleinsperwer
'n Volwasse kleinsperwer in Suid-Afrika
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
A. minullus
Binomiale naam
Accipiter minullus
(Daudin, 1800)

Algemeen

Beskrywing: Die volwassene word van die gebande sperwer onderskei deur die wit kruis en twee opvallende wit kolle op die stertvere. Dit lyk meeste na die Afrikaanse sperwer mannetjie, wat egter groter is. By laasgenoemde ontbreek 'n wit kruis en die washuid van volwassenes is ook grys eerder as geel. Die geslagte is eners behalwe dat die wyfie groter is. Mannetjies weeg sowat 74 gram en wyfies 106 gram. Die jongvoël het nie wit kruis nie en kom ooreen met onvolwasse Afrikaanse sperwer mannetjie wat kleur betref, maar is kleiner en het 'n geel oogiris en nie 'n grys washuid nie. Hul habitat is uiteenlopend. Hulle word aangetref in woude, boswêreld of savanne en het aangepas by uitheemse plantasies. Ontwykend. Roep: 'n Hoë 'pie-pie-pie-pie-pie' –geluid word deur mannetjie gemaak in broeiseisoen. Wyfie maak 'n sagter 'kieeu-kieeu-kieeu'. Dieet: Hulle vreet feitlik net klein voëltjies soos vinke, tinktinkies, suikerbekkies, sangers en wewers, maar sal soms ook insekte soos naaldekokers of klein reptiele vang.

Broeigewoontes

Kleinsperwer 
'n Kleinsperwer in juvenale verekleed

Die nesmaakplek is in 'n hoë boom. Die nes word van takkies gebou en met groen blare uitgevoer. Dit is groter as wat mens by so 'n klein voëltjie verwag. Die broeiseisoen duur van September tot Desember. Die legsel bestaan uit een of twee eiers, en dié neem omtrent 'n maand, tipies 32 dae, om uit te broei. Die kuikenstadium duur sowat 25 dae.

Habitat

Habitat: Die Kleinsperwer kan aangemoedig word om 'n tuin met groot lowerryke bome te besoek waar hy die hele dag lang onopsigtelik kan bly. Dit is egter onwaarskynlik dat hy oorgehaal sal word om 'n permanente inwoner van stedelike tuine te word, want hy het baie digte plantegroei nodig om sy prooi voor te lê. Hierdie klein, onopvallende roofvoël sal af en toe 'n voëlbad besoek. Kosvereistes: Tuine met gesonde bevolking klein voëltjies suikerbekkies, tinktinkies, sangers en wewers en 'n oorvloed insekte sal help om die kleinsperwer 'n gereelde besoeker te maak. Nesmaak: Hoewel Kleinsperwers nie maklik in tuine sal broei nie, sal hulle op groot eiendomme wat aan natuurlike habitat grens, nesmaak. Uitheemse bloekoms (Eucalyptus-spesies) en vaalpopuliere (Populus x canescens) word dikwels as nesmaakplekke gekies, omdat sulke hoë bome hulle in staat stel om hul nes hoog bo grondvlak te bou. Die twee eiers wat gelê word, is ongewoon by sperwers en is kenmerkend, want hulle is wit en ongemerk. Tydens die broeisiklus verdedig die ouers die nes baie aggressief. Hulle gebruik dikwels dieselfde nes in opeenvolgende broeiseisoene, maar sal soms ook 'n nuwe nes naby die vorige jaar s'n bou.

Sien ook

Verwysings

Tags:

Kleinsperwer AlgemeenKleinsperwer BroeigewoontesKleinsperwer HabitatKleinsperwer Sien ookKleinsperwer VerwysingsKleinsperwer

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Swart menseLatynVerkleinwoordWaterstofWayde van NiekerkBettie Cilliers-BarnardRymInligtingBoet TroskieDooie SeeImpakte van toerismeSpelerposisies in rugbyGoogle MapsThabo MbekiJagluiperdOnderwysWikipediaTsoenamiBoelieryGewoonteKoos du PlessisLHarry PotterVerkoueKunsmatige algemene intelligensieOorlogMediaWikiAbrahamCeresBesoedelingSoweto-opstandGrondbesoedelingO.J. SimpsonMartin Luther King jr.ChristendomBraaiISimangaliso-vleilandparkEreksieSatellietSkaakKlem-in-die-kaakBosvarkWitrenosterPriemgetalLongTaalOnse VaderAboriginesWoordeboek van die Afrikaanse TaalGeldMateriaalRodiumWhatsAppProstaatkankerLys van Afrikaanse digtersBywoordMenslike-ontwikkelingsindeksPornografieAardkorsLys van chemiese elemente volgens atoomgetalTjelloPrince Alfred HamletTropiese sikloonMaterieCristiano RonaldoDokterPaaiementberekeningViëtnamoorlogMontrealInternetProvinsies van Suid-AfrikaGeslagDwelmmiddelParasitiese siektesLys van ingelyfde NG gemeentesAppel (sanger)Ekonomie🡆 More