Die papierbasdoring (Vachellia sieberiana) is 'n boom wat inheems aan Suid-Afrika is en aangetref word in die bosveld van KwaZulu-Natal en noord van die Vaalrivier in Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo en Mpumalanga.
Die bas is gryserig of gelerig bruin en is dikwels kurkagtig of skilfer af. Die reguit dorings word tot 9 cm lank. Die blomme word in klein donserige wit hofies gedra. Die peule is dik, houtagtig en ongeveer 15 cm lank. Die peule gaan eers oop nadat dit van die boom afgeval het. Die boom se FSA-nommer is 187.
Papierbasdoring | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Fabales |
Familie: | Fabaceae |
Klade: | Mimosoideae |
Genus: | Vachellia |
Spesie: | V. sieberiana |
Binomiale naam | |
Vachellia sieberiana (DC.) Kyal. & Boatwr., (2013) | |
Sinonieme | |
|
In Afrika is die boom inheem in Angola, Benin, Botswana, Burkina Faso, Burundi, Demokratiese Republiek die Kongo, Eritrea, Eswatini, Ethiopië, Gambië, Guinee-Bissau, Ivoorkus, Kameroen, Kenia, Malawi, Mali, Mauritanië, Mosambiek, Namibië, Niger, Nigerië, Rwanda, Senegal, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Soedan, Tanzanië, Togo, Tsjad, Uganda, Zambië en Zimbabwe.
Wiki Commons bevat media in verband met Acacia sieberiana. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Papierbasdoring, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.