Soetdoring

Die soetdoring (Vachellia karroo) is 'n immergroen doringboomspesie wat algemeen in suidelike Afrika aangetref word.

Soetdoring
Soetdoring
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Klade: Rosids
Orde: Fabales
Familie: Fabaceae
Klade: Mimosoideae
Genus: Vachellia
Spesie:
V. karroo
Binomiale naam
Vachellia karroo
Hayne, (2008)
Soetdoring
     inheems      eksoties
Sinonieme
  • Acacia capensis (Burm.f.) Burch.
  • Acacia dekindtiana A.Chev.
  • Acacia hirtella E.Mey.
  • Acacia inconflagrabilis Gerstner
  • Acacia reticulata (L.) Willd.
  • Mimosa capensis Burm.f.
  • Mimosa reticulata L.

Verspreiding

Die spesie is inheems aan Angola, Botswana, Eswatini, Lesotho, Malawi, Mosambiek, Namibië, Zambië en Zimbabwe. Dit is ook lokaal gevestig in Noord-Afrika, Europa en Asië en is 'n indringerplant in Australië, waar dit as 'n onkruid beskou word. Van die trope af noordwaarts word dit deur Acacia seyal verplaas.

Beskrywing

Die soetdoring kan tot 'n hoogte van vyftien meter groei. Die baskleur is rooibruin tot swart. Die boom het dubbelveervormige, saamgestelde blare.

Die goudgeel blomhofies van 10 tot 13 mm in deursnee word in die vroeë-somer voortgebring, en versprei 'n soet geur. Die vrugte van die boom is bruin, plat sekelvormige peule wat oopbreek om die sade te versprei. Die lang, reguit dorings kom in pare voor en is grys tot wit van kleur.

Met bewatering groei die boom vinnig, tot soveel as 'n meter per jaar. Dit is ryp- en droogtebestand en het 'n lewensverwagting van 30 tot 40 jaar.

Gebruike

In die verlede is die gom van die boom vir lekkergoed gebruik. Die inheemse mense van Suider-Afrika benut die boom reeds eeue lank as kruiemedisyne, en in moderne tye word die kruiemedisinale potensiaal daarvan, met gepaardgaande fitochemiese en biologiese aktiwiteit, weereens ondersoek. Literatuurbronne het aangedui dat dit tradisioneel vir behandeling van minstens 32 menslike en 5 dieresiektes benut is. Benewens aanwending as etnoveterinêre medisyne is die kruie toegedien vir verkoue, diarree, disenterie, griep, malaria, seksueel oordraagbare infeksies, wonde en koliek. Die teenwoordigheid van fitochemikalieë soos flavonoïede, fenole, fitosterole, proantosianidien, tannien en terpene, benewens verskeie minerale, is al in die blare en wortels bevestig. Belowende farmakologiese potensiaal sluit antibakteriese, antifungale, antigonokokkiese, antihelmintiese, antilisteriale, antimalariale, antimikobakteriese, antioksidant-, omgekeerde MIV-1 transkripsie-, anti-inflammatoriese en pynstillende aktiwiteite in. Die doeltreffendheid, toksisiteit en kliniese relevansie van 'n groot aantal isoleerbare verbindings moet egter nog bepaal word.

Gasheerplant

Die boom is 'n gasheerplant vir verskeie motte soos Braura truncatum, Chlorerythra rubriplaga en Brachylia terebroides

Ander benamings

Galery

Sien ook

Verwysings

Bronne

Tags:

Soetdoring VerspreidingSoetdoring BeskrywingSoetdoring GebruikeSoetdoring GasheerplantSoetdoring Ander benamingsSoetdoring GalerySoetdoring Sien ookSoetdoring VerwysingsSoetdoring BronneSoetdoring

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

WerwelkolomNagmaalWolfSamestellingIronieMad BuddiesHannes van WykAdolf HitlerGrondwet van Suid-AfrikaJesus van NasaretVideoMusieksimboleSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024Roland GarrosMiddelburg, Oos-KaapNelson MandelaGrondbesoedelingHernubare energieGroep van SeweSuid-Afrikaanse randInsekWaterpokkiesReënspinnekopSkoenlapperKolorektale kankerNasiebouTobie CronjéKoperStereotipeFanie ViljoenNuwe TestamentProstaatkankerNieu-SeelandMontrealAfkortingVermenigvuldigingSportAnale kankerSendelingposisieBloedvergiftigingSnoekerLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameKameelperdLeah van NiekerkBhimrao Ramji AmbedkarStaalPeach van PletzenApostoliese GeloofsbelydenisRooibokJan de WetVerenigde KoninkrykBokmakierieSosiale mediaYslandLongLeeuInnes en Franna BenadéGreen PornoGamelanErfenisdag (Suid-Afrika)DigvormEkonomieKlimaatsverandering in Suid-AfrikaVarkBlourokkeJohannes KerkorrelDirekte en Indirekte redeSeksueel oordraagbare infeksieImpakte van toerismeFransDeelwoordMiddeloorontstekingTaalGrondwet🡆 More