Apiesdoring

Die apiesdoring (Senegalia galpinii) is 'n boom in die peulplantfamilie (Fabaceae).

Die spesie is in Suid-Afrika inheems in Gauteng, Limpopo, Mpumalanga en Noordwes. Dit is ook inheems in Angola, Botswana, Malawi, Namibië in die Caprivistrook, Mosambiek, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe.

Apiesdoring
Geelapiesdoring
Apiesdoring
Apiesdoring
Habitus in somer en lente
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Klade: Rosids
Orde: Fabales
Familie: Fabaceae
Genus: Senegalia
Spesie:
S. galpinii
Binomiale naam
Senegalia galpinii
Burtt Davy, 1922
Sinonieme
  • Acacia galpinii Burtt Davy

Apiesdorings kom van Zambië in die Noorde tot die Noordwesprovinsie in die Suide voor. Ander name vir die boom is monkey-thorn (Engels), mologa (Noord-Sotho) en tshikwalo (Venda). Die boom se FSA-nommer is 166.

Naam

Die spesie is vernoem na Ernest Edward Galpin (1854-1941), bankier en plantversamelaar.

Beskrywing

loof, bloeiwyses en peule

Die apiesdoring is 'n groot, halfbladwisselende boom tot 36 m hoog, met 'n spreidende half ronderige kroon. Die stam van ou bome het lengteverlopende groewe. Bas van jong takke is kurkagtig en gelerig, maar gelerig tot bruin, kurkagtig, grof en oorlangs gegroef by ouer takke, dikwels met verspreide dorings op stam en takke.

Dorings is teruggekrom tot byna reguit, 8–12 mm lank, donkerbruin en in pare onder die knoppe. Blare is dubbelveervormig saamgesteld, glad, met 'n groot klier net onderkant die eerste blaartjies, tot 160 mm lank, met 7-14 paar pinnas met 12-40 blaartjies.

Blomtyd is van September tot Januarie. Blomme is 60–120 mm lank en op kort sytakke, blomme sittend, rooierig tot pers voor hulle oopgaan en die boom is dus rooierig voor die blomme heeltemal oop is. Die blomme het 'n heuninggeur. Vrugtevorming vind van Desember tot Maart plaas. Die peule is reguit, 100–200 mm lank, rooierig tot persbruin, oopspringend en bros.

Die hout het 'n ligbruin spinthout en 'n harde, swaar (lugdroog 980 kg/m3), donkerbruin kernhout met growwe draad.

Habitat

Die apiesdoring kom voor op rivieroewers, in oop beboste grasveld en oop bosveld.

Gebruike

Redelike sterk tou kan van die bas gemaak word.

Sien ook

Galery

Verwysings

Bronne

Eksterne skakels

Tags:

Apiesdoring NaamApiesdoring BeskrywingApiesdoring HabitatApiesdoring GebruikeApiesdoring Sien ookApiesdoring GaleryApiesdoring VerwysingsApiesdoring BronneApiesdoring Eksterne skakelsApiesdoring

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

GeslagLeeuSekondêre sektor van die ekonomieDoelwitLandbouGordelroosNasiebouMenstruasieGrondwetKaaps-Hollandse stylKriekSkaapAntisemitismeOrtopedieLionel PetersonLangste woordVerbondsarkAarde se atmosfeerIdioomWolfHondeklipbaaiOopbroninhoudSeksismeBernice WestVerenigde State van AmerikaBevolkingAfrikaHoofstadLys van kinderspeletjiesJudaïsmeAkroniemKlinkerVerkleurmannetjieNelson MandelaBoomslangRina HugoKonsonantVerkoueSinoniemSpringbokLeierEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaAfleiding (taalkunde)MynbouOrale seksWisselkoersErosieWêreld- Ekonomiese ForumNazi-DuitslandHamburgerEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaAsiëViëtnamoorlogBosluisbytkoors1990Tweede VryheidsoorlogFrederik Willem de KlerkElandréSonWêreldwye webRomanLieweheersbesieKonjunktivitisCovid-19-pandemieBlourokkeKrampAnrich HerbstVoedselkettingNederlandMetafoorInentingVarkgriepCarles PuigdemontKatoen🡆 More