Abraham Faure

Dr.

Abraham Faure (29 Augustus 1795 in Stellenbosch - 27 Maart 1875 in Kaapstad) was 45 jaar lank predikant van die Groote Kerk, Kaapstad, stigter van die NG Kerk se amptelike blad, die Kerkbode en word as die vader van die Teologiese Kweekskool op Stellenbosch beskou.

Abraham Faure
 Abraham Faure
Abraham Faure

Naam Abraham Faure
Geboorte 29 Augustus 1795
Stellenbosch, Kaapkolonie
Sterfte 27 Maart 1875
Kaapstad
Kerkverband Nederduits Gereformeerd
Gemeente(s) Graaff-Reinet, Kaapstad
Jare aktief 1818-1867
Kweekskool Kweekskool, Stellenbosch
Abraham Faure
Abraham Faure.

Abraham Faure vertrek in 1814 na Engeland vir verdere studie. Twee jaar later gaan hy na Nederland om aan die Universiteit van Utrecht in teologie te studeer. Hy keer in 1818 terug en word predikant van die NG gemeente Graaff-Reinet, waar die gemeente, die sesde in die land, toe 26 jaar oud was. In 1822 vertrek hy na die Groote Kerk waar hy predikant sou bly tot 1867. Op Graaff-Reinet was sy opvolger ds. Andrew Murray sr., vader van onder meer dr. Andrew Murray. Tydens Faure se dienstyd in Kaapstad stig hy op 20 September 1829 die NG gemeente Wynberg, waarvan sy jongste broer, dr. Philip Eduard Faure, op 7 Desember 1834 as eerste leraar bevestig word.

Faure het hom besonder vir die onderwys beywer en was een van die stigters van die Zuid-Afrikansch Athenaeum, wat later as die Suid-Afrikaanse Kollege sou bekend staan, voorloper van die Universiteit van Kaapstad. Hy het ook 'n aandeel in die stigting van die opvoedingsinstituut Tot Nut van 't Algemeen gehad en kan feitlik as die vader van die Kweekskool (in 1859 opgerig) op Stellenbosch beskou word.

Verder het 'n leidende rol in die totstandkoming van blaaie soos die Het Nederduitsch Zuid-Afrikaansch Tydschrift (1824), De Honigbij (1843) en De Kerkbode (1849) gehad, terwyl hy vir die daarstelling van die eerste Sondagskool in 1844 verantwoordelik was en baie jare as voorsitter van die Suid-Afrikaanse Bybelgenootskap gedien het.

In 1862 ontvang Faure 'n eredoktorsgraad van die Rutgers College in New Brunswick, V.S.A.. Die Kaapse Sinode verkies hom in 1837, 1842, 1847, 1852, 1857 en 1862 tot aktuarius. In 1847, 1852 en 1857 is hy ook as skriba verkies. Hy tree in 1867 af en sterf op 27 Maart 1875 in Kaapstad.

Bronne

Tags:

1795187527 Maart29 AugustusKaapstadKerkbodeKweekskoolNG KerkNG gemeente KaapstadStellenbosch

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KriekDaggaKommunikasieE-posGordelroosWynand du ToitSkilpadGoogleLugbesoedelingWaarheid-en-versoeningskommissieSuid-Afrikaanse PolisiediensRykie van ReenenKoos du PlessisWaterpokkiesVolumeDundermApostoliese GeloofsbelydenisVoortrekkermonumentSuurstofSteve HofmeyrSpysverteringstelselKoreaanse nasionale rugbyspanNAVOLandbouOntlastingMondDerrickDieregeluideDroomRussiesGeelslangJapanHennie MaasXhosaEkostelselLys van elemente volgens simboolCarles PuigdemontJerusalemSeksposisieGetalPersoonlikheidOosters-Ortodokse KerkStuitjieSamsung GroepTweede VryheidsoorlogHartOlimpiese gode26 MaartTeologieByMolotofbomKlem-in-die-kaakDemi Lee MooreKewerBaltimoreSerafín DengraPalmsondagKoue OorlogJesus van NasaretSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024EikelVigsKunsAndré SchwartzJeuksiekteBreinLibiëTweede WêreldoorlogWit-DonderdagSonsteek🡆 More