Abdoellah Ii Van Jordanië

Abdoellah II bin al-Hoessein (Arabies: عبدالله الثاني بن الحسين, ʿAbdullah al-thani bin Al-Husayn, gebore 30 Januarie 1962) is sedert 1999 koning van Jordanië.

Hy behoort tot die Hasjemitiese familie, wat sedert 1921 oor die land regeer en hulleself beskou as afstammelinge van die profeet Mohammed deur sy dogter Fatimah.

Abdoellah II
Koning van Jordanië
Abdoellah Ii Van Jordanië
Bewind 7 Februarie 1999 – tans
Voorganger Hoessein
Erfgenaam Kroonprins Hoessein
Gade Rania al-Jassin
Koningshuis Hasjim
Gebore 30 Januarie 1962 (1962-01-30) (62 jaar oud)
Amman, Jordanië
Vader Hoessein
Moeder Moena al-Hoessein
Volle naam Abdoellah bin Hoessein bin Talal bin Abdoellah
Godsdiens Soenni-Islam
Handtekening Abdoellah Ii Van Jordanië

Vroeë lewe

Abdoellah is in Amman gebore as die oudste kind van koning Hoessein en sy tweede vrou, die Brits gebore prinses Moena. As die koning se oudste seun was Abdoellah die regmatige troonopvoler, todat koning Hoessein in 1965 die titel aan sy broer, prins Hassan, oorgedra het.

Abdoellah het sy skoolopleiding in Amman begin en sy opvoeding oorsee voortgesit. Hy het sy militêre loopbaan in 1980 in die Jordaniese weermag begin en 1994 beheer van die land se spesiale magte oorgeneem. In 1998 het hy ’n generaalmajoor geword.

In 1993 is Abdoellah met Rania al-Jassin (van Palestynse afkoms) getroud; hulle het vier kinders: kroonprins Hoessein, prinses Iman, prinses Salma en prins Hasjem. ’n Paar weke voor sy dood het koning Hoessein Abdoellah as sy erfgenaam aangewys, en hy het sy pa opgevolg.

Bewind

Abdoellah, ’n konstitusionele monarg, het gesorg vir ’n ekonomiese oplewing in sy land wat tot in 2008 geduur het. In die daaropvolgende jare het Jordanië se ekonomie teenspoed ervaar weens die gevolge van die Groot Resessie en van die Arabiese Lente, insluitende ’n afname in sy petroleumvoorraad en in handel met sy buurlande.

In 2011 het grootskaalse protesaksies in die Arabiese wêreld uitgebreek en dit het in baie ander lande tot ’n burgeroorlog gelei. Abdoellah het egter vinnig op binnelandse onrus gereageer deur die regering te vervang en hervormings aan die grondwet en wette oor openbare vryhede en verkiesings in te stel. Die hervormings het plaasgevind te midde van ongeëwenaarde uitdagings wat gespruit het uit streekonstabiliteit, insluitende die instroming van 1,4 miljoen Siriese vlugtelinge na die land, wat nie veel natuurlike hulpbronne het nie, en die opkoms van die Islamitiese Staat in Irak en die Levant (ISIL).

Abdoellah is plaaslik en internasionaal gewild omdat hy Jordaniese stabiliteit handhaaf. Hy is ook bekend daarvoor dat hy dialoog tussen godsdienste en ’n algemene begrip van Islam aanmoedig. Hy is die derde langs regerende Arabiese leier en is in 2016 deur die internasionale Sentrum vir Islamitiese Strategiese Studies in Jordanië aangewys as die Moslem met die meeste invloed ter wêreld. Hy is beskermheer van die Moslemse en Christelike heilige terreine in Jerusalem, ’n posisie wat sy dinastie sedert 1924 beklee.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Abdoellah Ii Van Jordanië Vroeë leweAbdoellah Ii Van Jordanië BewindAbdoellah Ii Van Jordanië VerwysingsAbdoellah Ii Van Jordanië Eksterne skakelsAbdoellah Ii Van JordaniëArabiesHasjemieteJordaniëMohammed

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

DundermLeesKimberleyDroomVerkleurmannetjieNatuurbewaringOlimpiese SomerspeleInternetWebwerfEnkelvoudige sinSendelingposisieKindersiektesLys van landeAfvalbestuurLys van elemente volgens simboolKrokodilMahatma GandhiWinterSebraHoofkarakterWikiVrouGordelroosBorsGroot GatPornografieAnilingusBeurtkragSwangerskapAfkortingFiela se kindLys van Afrikaanse digtersAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidMeervoudImpakte van toerismeDataverwerkingGrondsoorteVoortrekkersOnse VaderWikiquoteLimpopo (rivier)NG gemeente JansenvilleKangogrotteArthur GrumiauxEeuBeesvleisVerenigde State van AmerikaVraag en aanbodTolla van der MerweVryheidsdagTaalOogKlimaatKoerantBokmakierieAustraliëJan van RiebeeckRussiese inval in Oekraïne sedert 2022AfkappingstekenKameelperdSinkMaselsMandalaVryheidsmanifesKlimaatsverandering in AfrikaKHulpwerkwoordVaste stofBreinkaartCleopatra VIIByvoeglike naamwoordTrekarbeidEmosieAnale kankerCorioliskragJohannes HahnMeningsverskil oor aardverwarming🡆 More