Abdülmecid I Ghazi (Ottomaanse Turks: عبد المجيد الأول, ‘Abdü’l-Mecīd-i evvel; moderne Turks: I.Abdülmecit; 23/25 April 1823 – 25 Junie 1861), was van 1839 tot 1861 die 31ste sultan van die Ottomaanse Ryk.
Hy was ook bekend as Abdul Mejid, Abd-ul-Mejid of Abd Al-Majid I.
Abdülmecid I | |
---|---|
Sultan van die Ottomaanse Ryk Kalief van Islam | |
Volle naam | Sultan Abdülmecid I Ghazi |
Ottomaanse naam | عبد المجيد الأول |
Tydperk | 1839–1861 |
Stadium | Verval van die Ottomaanse Ryk |
Huis | Osman |
Voorganger | Mahmoed II |
Opvolger | Abdülaziz |
Toegra |
Hy het sy pa, Mahmoed II, op 2 Julie 1839 opgevolg. Sy bewind word gekenmerk deur die toename in nasionalistiese bewegings in die verskillende gebiede van die ryk. Abdülmecid wou Ottomanisme onder al sy onderdane bevorder en nie-Moslems en -Turke in die ryk beter integreer met nuwe wette en hervormings, maar kon nie daarin slaag nie.
Hy het ook verbonde probeer afdwing met die groot lande van Wes-Europa soos Brittanje en Frankryk, wat in die Krim-oorlog saam met die Turke teen Rusland geveg het. In die Kongres van Parys op 30 Maart 1856 is die Ottomaanse Ryk amptelik ingesluit by die Europese "familie" van lande. Abdülmecid se grootste prestasie was die aankondiging en toepassing van die Tanzimat-hervormings wat deur sy pa, Mahmoed II, voorberei is en vanaf 1839 tot die modernisering van die Ottomaanse Ryk gelei het.
Die belangrikste hervormingsmaatreëls was:
Nog ’n groot hervorming was dat die tulband amptelik verbied is ten gunste van die fes. Europese klere is ook aan die hof gedra. (Die fes is self in 1925 verbied nadat die Ottomaanse Ryk in 1923 die Republiek van Turkye geword het.)
Abdülmecid het meer as 20 vroue en 30 kinders gehad. Vier van sy seuns het hom eindelik opgevolg.
Hy is nes sy pa aan tering dood. Hy was 39 jaar oud toe hy op 25 Junie 1861 sterf. Hy is opgevolg deur sy broer, Abdülaziz, die oudste oorlewende lid van die Huis van Osman.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Abdülmecid I, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.