Aarlen

Aarlen (Frans: Arlon, Duits en Luxemburgs: Arel) is saam met Tongeren en Tournai een van die drie oudste stede in België en sedert 1839 die hoofstad van die Belgiese provinsie Luxemburg, met 'n oppervlakte van 118,64 km² en sowat 28 000 inwoners (2011).

Aarlen
Arlon • Arel
Aarlen

Kaart Wapen
Aarlen
Aarlen
Vlag
Aarlen
 Land Vlag van België België
 Gewes (deelstaat) Aarlen Wallonië
 Provinsie Aarlen Luxemburg
 Koördinate 49°41′N 05°49′O / 49.683°N 5.817°O / 49.683; 5.817
 Oppervlak:  
 - Totaal 118,64 vk km
 Bevolking:  
 - Totaal (1 Januarie 2011) 27 986
 - Bevolkingsdigtheid 236/vk km
 Tydsone UTC +1 (MET)
 Burgemeester Vincent Magnus (cdH)
 Amptelike Webwerf www.arlon.be

Die stad, wat aan die kant van die Ardenne-gebergte en sowat 190 kilometer van Brussel lê, dateer uit die Gallo-Romeinse tydperk. Die Romeinse nedersetting Orolaunum, waarvan die huidige naam van die stad afgelei is, word in die jaar 52 v.C. gestig.

Aarlen is deel van Wallonië en die Franse Gemeenskap (Communauté Française) van België, alhoewel dit ook tot die Luxemburgse taalgebied behoort. Alhoewel die Luxemburgse taal (Lëtzebuergesch) in België geen amptelike status het nie, is deur die stadsraad van Aarlen tweetalige Frans-Lëtzebuergesche straatborde opgerig.

Besienswaardighede

Aarlen 
Die Sint-Donatuskerk (église Saint-Donat) uit die 17de eeu
  • Die Musée luxembourgeois (Museum van die Provinsie Luxembourg) vertoon 'n aantal vondse uit die Romeinse en Merowingiese tydperk, onder meer Romeinse grafstene en sarkofage.
  • Die Romeinse toring by die markplein dateer uit die 3de eeu n.C.
  • Die toring van die Sint Donatuskerk is 'n gewilde uitkykplek wat 'n uitsig oor die streek tot by die gebiede oorkant die Franse en Luxemburgse grens bied.

Kookkuns

  • Die plaaslike Meidrank is 'n gewilde aperitief, wat van Moeselwyn gemaak en steeds met 'n lemoenskyfie bedien word.

Tags:

1839BelgiëDuitsFransLuxemburg (provinsie)LuxemburgsTongerenTournai

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BesoedelingDesmond TutuVergelykings (taalkunde)AluminiumVerenigde State van AmerikaKarooSuid-Afrikaanse MenseregtekommissieVigsHamerkopMusieksimbolePlae van EgipteNelson MandelaMaagLys van landeVaginale kankerNasionale VrouemonumentAppendiksInfeksieOogproblemeByeboerderyDieregeluideRuslandAfrikaanse woordelys en spelreëlsKatoenSuikerbekkiesVoorsetselTweede Nuwe JaarKlavierSiya KolisiStikstofMaagsweerSelfmoordLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsKlimaatsverandering in Suid-Afrika7de LaanLys van Suid-Afrikaanse musikantePolisieAngina pectorisKarakteriseringMalariaLys van chemiese elemente volgens atoomgetalSuid-Afrikaanse randSatellietfotoJaarEmosieMagnesiumTelwoordOutismePredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaUnited Democratic FrontShakaKoekie (rekenaarwetenskap)DramaKonjunktivitisSuiwelprodukNadia ValvekensMagnetismeDokterPornhubDemokratiese Republiek die KongoAfrikaanse TaalmonumentAndré JacobsKoppeltekenTrevor NasserHoofpynCSSDanie du ToitKindersiektesTasché BurgerDuitslandMaatskappyMenstruasieEpilepsie🡆 More