Aardplaneet

’n Aardplaneet is ’n planeet wat hoofsaaklik uit silikaatrotse of -metale bestaan.

In die Sonnestelsel is die vier binneplanete (die naaste aan die Son) aardplanete: Mercurius, Venus, Aarde en Mars. Hulle lê almal tussen die Son en die asteroïdegordel. Die planete word so genoem omdat hulle "aardagtig" is.

Aardplaneet
Die aardplanete van die Sonnestelsel: Mercurius, Venus, Aarde en Mars, volgens skaal.

Aardplanete het ’n soliede, harde oppervlak en hulle verskil dus aansienlik van die vier groter planete in die Sonnestelsel, Jupiter, Saturnus, Uranus en Neptunus, wat gasplanete is – hulle bestaan hoofsaaklik uit ’n kombinasie van waterstof, helium, en water in verskillende fisieke toestande.

Struktuur

Al die aardplanete in die Sonnestelsel het dieselfde basiese soort struktuur soos ’n sentrale metaalkern, hoofsaaklik yster, met ’n omringende silikaatmantel. Die Maan is soortgelyk, maar het ’n veel kleiner ysterkern. Io en Europa is ook natuurlike satelliete met interne strukture soortgelyk aan dié van aardplanete. Aardplanete kan canyons, kraters, berge, vulkane en ander oppervlakstrukture hê, na gelang van die teenwoordigheid van water en tektoniese bedrywighede. Aardplanete het sekondêre atmosfere, wat veroorsaak word deur vulkanisme en komeetimpakte, in teenstelling met die gasplanete, waarvan die atmosfeer primêr is en direk van die oorspronklike sternewel kom.

Sonnestelsel se aardplanete

Aardplaneet 
Relatiewe massas van die aardplanete van die Sonnestelsel en die Maan (Luna).
Aardplaneet 
’n Vergelyking in die grootte van die aardplanete, van links Aarde, Mars, Venus en Mercurius.

Die Sonnestelsel het vier aardplanete: Mercurius, Venus, Aarde en Mars. Net een van hulle, Aarde, het sover bekend ’n aktiewe hidrosfeer. Daar was waarskynlik nog aardplanete tydens die vorming van die Sonnestelsel, maar die meeste het moontlik met die vier aardplanete saamgesmelt of is deur hulle uitgewerp.

Dwergplanete, soos Ceres, Pluto en Eris, en klein Sonnestelselliggame stem ooreen met aardplanete deurdat hulle ’n soliede oppervlak het, maar bestaan gewoonlik uit meer ysagtige stowwe (Ceres, Pluto en Eris het onderskeidelik ’n digtheid van 2,17, 1,87 en 2,52 g·cm-3, en Haumea se digtheid is soortgelyk aan dié van Pallas: 2,8 g·cm-3). Die Aarde se Maan het ’n digtheid van 3,4 g·cm-3 en Jupiter se mane Io en Europa ’n digtheid van onderskeidelik 3,528 en 3,013 g·cm-3. Ander mane het gewoonlik ’n digtheid van minder as 2 g·cm-3.

Ekstrasolêre aardplanete

Die meeste planete wat buite die Sonnestelsel ontdek word, is reuseplanete, want hulle is die maklikste om op te spoor. Sedert 2005 is honderde potensiële aardplanete reeds ontdek, met baie wat as aardplanete bevestig is. Die meeste van hulle is superaardes, dus planete met ’n massa van tussen dié van die Aarde en Neptunus. Superaardes kan gas- of aardplanete wees, na gelang van hulle massa en ander parameters.

In 2005 is die eerste planete om ’n hoofreeksster ontdek met tekens dat hulle aardplanete kan wees: Gliese 876 d en OGLE-2005-BLG-390Lb. Gliese 876 d wentel om Gliese 876, ’n rooidwerg 15 ligjare van die Aarde af; dit het ’n massa van sewe tot nege keer dié van die Aarde en ’n wentelperiode van net twee aardse dae. OGLE-2005-BLG-390Lb se massa is omtrent 5,5 keer dié van die Aarde en wentel om ’n ster sowat 21 000 ligjare van hier in die sterrebeeld Skerpioen.

Van 2007 tot 2010 is drie (moontlik vier) potensiële aardplanete in ’n wentelbaan om die ster Gliese 581 ontdek. Die kleinste een, Gliese 581 e, is net sowat 1,9 M, maar lê baie na aan sy ster. ’n Ideale aardplaneet sal 2 M wees, met ’n wentelbaan van 25 dae om ’n rooidwerg. Twee ander, Gliese 581 c en Gliese 581 d, sowel as ’n betwiste planeet, Gliese 581 g, is swaarder superaardes wat in of naby hulle ster se bewoonbare sone wentel; hulle kan dus moontlik bewoonbaar wees en soortgelyke temperature as die Aarde hê.

Nog ’n moontlike aardplaneet, HD 85512 b, is in 2011 ontdek; dit het ’n massa van minstens 3,6 M. Die radius en samestelling van al hierdie planete is onbekend.

Die eerste bevestigde ekstrasolêre aardplaneet, Kepler-10b, is in 2011 deur die Kepler-ruimteteleskoop ontdek Dié teleskoop is spesifiek ontwerp om aardgrootteplanete om ander sterre te ontdek met die oorgangsmetode.

In dieselfde jaar het die Keplerspan ’n lys van 1 235 eksoplaneetkandidate uitgereik, insluitende ses wat "aardgrootte" of "superaardgrootte" is. ’n Onlangser studie het getoon een van hulle, KOI 326.01, is eintlik baie groter en warmer as wat aanvanklik gedink is. en in die bewoonbare sone van sy ster.

Teen 1 April 2024 was daar 5 653 bevestigde eksoplanete in 4 161 planeetstelsels, met 896 stelsels wat meer as een planeet het. Baie van hulle is aardgroottekandidate.

Op 3 Januarie 2020 is TOI 700 d ontdek, wat om die rooidwerg TOI 700 wentel. Dit is die eerste aardgrootte-eksoplaneet wat deur die Transiting Exoplanet Survey Satellite (TESS) in die bewoonbare sone van sy ster ontdek is.

Verwysings

Skakels

  • Aardplaneet  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Aardplaneet StruktuurAardplaneet Sonnestelsel se aardplaneteAardplaneet Ekstrasolêre aardplaneteAardplaneet VerwysingsAardplaneet SkakelsAardplaneetAardeAsteroïdegordelKlipMarsMercuriusMetaalPlaneetSilikaatSonSonnestelselVenus

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

GewoonteregPseudowetenskapBipolêre gemoedsteuringTelwoordInligtingKindermishandelingVioolPortugeesOu Apostoliese KerkSatellietfotoMangelontstekingGrondSmeltpuntPerdBundesligaWaterkringloopDierGeskiedenis van Suid-AfrikaMiltAlliterasieCarike KeuzenkampArmoedeKhoisanNedersettingNieregeringsorganisasieSirkelGalblaasVersoeningsdagKeelseerUnited Democratic FrontRekenaarKlavierGeslagSkildklierVeselLys van kleureFranse RewolusieReënspinnekopAluminiumVolhoubare ontwikkelingHipertensieNic de JagerWerwelkolomKoorsArabiesLys van Afrikaanse televisiereekseSout (chemiese stof)SlawernyAardkorsGasa-Israel-konflik van Oktober 2023BreingewasSonenergieSenuweestelselFrankrykSinoniemMiddelmisbruikToekoms van die AardeBernice WestDoodstrafCovid-19-pandemieLeestekenAbsolute monargieEugenetikaVrymesselaryPoolsBukkakeWerkloosheidBeurtkragWêreldgeskiedenisDavid KramerKindersiektesWerkwoordDonderstormMangel🡆 More