Boek A Clockwork Orange: 1962-roman deur Anthony Burgess

A Clockwork Orange is 'n distopiese roman deur die Britse skrywer Anthony Burgess.

Dit is in 1962 geskryf en handel oor ’n groep gewelddadige jong mans in die nabye toekoms.

A Clockwork Orange
SkrywerAnthony Burgess
LandVerenigde Koninkryk
TaalEngels en Nadsat
GenreWetenskapfiksie, satire
UitgewerHeinemann (VK)
Uitgegee1962
ISBN0-434-09800-0

Die boek beskryf die wedervaringe en ervarings van 'n tiener, genaamd Alex, en ondersoek die mensdom se gewelddadige aard. Dit speel in 'n nie-so-verre toekomstige samelewing af, waar 'n kultuur van jeugopstand en geweld heers. Dit satiriseer tendense in jeugkultuur wat in die 1960's in die Weste teenwoordig was, en tot op hede steeds voorkom. Die dramatiese gebeure werp 'n lig op die mens se vrye wil en hoe dit tussen goed en kwaad kies, asook die onvermoë van vrye wil om die regte keuses te maak. Alex en sy bende steel, verkrag en rand mense aan. Hy word uiteindelik tronk toe gestuur vir die moord op 'n vrou toe hy by haar huis inbreek.

Volgens Burgess is die roman 'n jeu d'esprit wat in net drie weke geskryf is. Hy eksperimenteer met taal deur 'n Russies-geïnspireerde sleng genaamd Nadsat te skep. Die taal word deur Alex en die jonger karakters in die boek gebruik.

In 2005 is A Clockwork Orange in die Time-tydskrif se lys van 100 beste Engelse romans wat sedert 1923 geskryf is opgeneem. Dit is ook deur Modern Library en sy lesers as een van die 100 beste Engelse romans van die 20ste eeu aangewys. Die oorspronklike manuskrip van die boek is in 1971 deur McMaster-universiteit vir 'n skamele $250 gekoop.

In 1971 het Stanley Kubrick die verhaal in ’n rolprent omskep, maar kort daarna alle vertonings daarvan in Brittanje stopgesit. Hy het geglo dat mense die gewelddadige gedrag van die mans in die fliek sou naboots. Ná Kubrick se dood in 1999 is die fliek weer in Brittanje vertoon. Die 1965-fliek deur Andy Warhol, getiteld Vinyl, is ook op die boek gebaseer.

Literatuur

Verwysings

Tags:

Anthony BurgessDistopieRoman

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Menslike skeletEkotoerismeElon MuskBelastingSikloonSpoorvervoer in Suid-AfrikaEienaamPampoentjiesTrekarbeidSoweto-opstandMona LisaSnaarinstrumentVierkantswortelAardverwarmingDroomMuishondTermiese geleidingsvermoëSpringbokMondSonpaneelKaliumAkademiaVerantwoordelikheidCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaRenaissanceOnomatopeeLys van veltoestandeTegnologieUnie van Suid-AfrikaKorrupsieSwartkwasmuishondChemiese elementVoedselkettingSelfoonRina HugoOutismeLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsFiksieGautengBysteekNeerslagKonsentrasiekampLongTatoeëermerkToestand van materieMaatskappyPersoonlike voornaamwoordKlimaatveranderingPornografiese subgenresGianna MichaelsLeeuSatellietfotoInflasieWelwitschiaRooibokAfrikaSosiale mediaLys van Afrikaanse rolprenteHector PietersonVarkgriepEkonomie van Suid-AfrikaSeptimius AwardsStaalWater (molekuul)Gewone breukeMaroela MediaMenslike seksuele gedragDriehoekSwaweldioksiedLys van Suid-Afrikaanse musikanteOnderhandelinge om apartheid te beëindigBipolêre gemoedsteuringRudi ClaaseWêreldwye webItalië🡆 More