Arpanet

Die Advanced Research Projects Agency Network (ARPANET), ontwikkel deur die Advanced Research Projects Agency (ARPA) van die VSA se Departement van Verdediging (U.S.

Department of Defense) was die eerste werkende pakketskakel-netwerk (packet switching network), en voorganger van vandag se wêreldwye Internet. ARPANET is oorspronklik ontwikkel vir die aanteken op 'n ander rekenaar (Telnet) en vir die oordrag van lêers tussen rekenaars (FTP). Na ingebruikname van ARPANET is 'n derde toepassing ingevoer: e-pos.

Arpanet
ARPANET netwerkkaart 1973

Geskiedenis

Die rede vir die oprigting van die ARPANET was ekonomies; rekenaars was duur, dus was dit voordelig as navorsingsinstitute, wat aan militêre projekte gewerk het met mekaar toerusting kon deel. Daar word wel beweer dat dit ARPANET bedoel was as kommunikasienetwerk in tye van kernoorlog, maar dit het 'n populêre misvatting geword. Omdat toerusting en kommunikasielyne in daardie tyd nie baie betroubaar was nie, was dit wel 'n vereiste dat ARPANET solank moontlik operasioneel sou bly in geval van onafwendbare plaaslike tegniese probleme. Die idee van 'n netwerk wat 'n kernoorlog kon oorleef was wel geopper deur Paul Baran, wat hiervoor 'n soortgelyke argitektuur voorgestel het as wat in die ARPANET gebruik word, maar hierdie voorstel speel geen rol in die besluitneming van ARPA nie.

In 1968 is die eerste tasbare planne vir die ARPANET gemaak en in 1969 is besluit om die implementering uit te kontrakteer aan die firma Bolt, Beranek en Newman.

Arpanet 
ARPANET koppelvlak boodskap verwerker.

'n Groot probleem by die bou van ARPANET was dat die rekenaars wat verbind moes word baie verskillend was. Die ontwerpers van ARPANET het dit gekonnekteer deur op elke netwerknode 'n minirekenaar te plaas as koppelvlak boodskap verwerker (interface message processor - IMP). Hierdie IMP fungeer as koppelvlak tussen die rekenaar en die netwerk. Hierdie IMPs was 16-bis DDC-516 rekenaars van Honeywell. Die IMP kan beskou word as die voorlopers van die huidige roeteerder, en was die grootte van 'n koelkas (wat klein was in vergelyking met die rekenaars van daardie tyd).

Die eerste suksesvolle boodskap op die ARPANET is gestuur deur UCLA-studenteprogrammeerder Charley Kline om 29:30 19:30 (30:30 UTC 30 Oktober 1969) vanaf Boelter Hall 3420. In 1969 was vier van hierdie IMP's aktief aan die weskus van die Verenigde State. Die eerste punte was Universiteit van Kalifornië, Los Angeles (SDS Sigma 7), die Universiteit van Kalifornië, Santa Barbara (IBM 360/75), die Stanford-universiteit (SDS 940) en die Universiteit van Utah (DEC PDP-10). Een jaar later het die aantal netwerkpunte gegroei tot tien en in 1971 vyftien, waarop 23 rekenaars aangesluit was.

Gaandeweg is die ARPANET verbind met ander netwerke. Die ARPANET het so die ruggraat van die ARPA Internet geword. In die jare tagtig het die netwerk sy militêre funksie verloor; voortaan het die Departement van Verdediging vir praktiese doeleindes 'n eie netwerk, MILNET, wat nie direk met die internet verbind was nie, gebruik. Die laaste ARPANET IMPs is Julie 1990 uit gebruik gestel.

ARPANET is oorspronklik ontwikkel vir die aanteken op 'n ander rekenaar (Telnet) en die stuur en ontvang van lêers tussen rekenaars (FTP). Na ingebruikname ontwikkel 'n derde toepassing baie vinnig, naamlik e-pos. Aanvanklik vind hierdie plaas deur teks lêers op iemand se rekenaar optelaai, maar vinnig word volledige e-posprogramme ontwikkel.

Bronne

•Paul E. Ceruzzi A history of Modern Computing, ISBN 0-262-53203-4

•Clifford Stoll, Het koekoeksei, Over krakers en computerspionage, ISBN 9026941676.

Eksterne skakels

Verwysings


Tags:

Arpanet GeskiedenisArpanet BronneArpanet Eksterne skakelsArpanet VerwysingsArpanetE-posFile Transfer ProtocolInternetTelnet

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Volhoubare ontwikkelingAkroniemDoelwitAardkorsTandbederfDuitse maselsDaggaBeurtkragNiersteenSoweto-opstandBeleggingSekondêre sektor van die ekonomieBlomTweede WêreldoorlogSelfstandige naamwoordGewone breukeRina HugoUnie van Suid-AfrikaJuraWiki CommonsUKhahlamba-DrakensbergparkNamakwalandHamburgerStikstofFisiese oefeningSpinnekopApartheidDuitsland7de LaanMenseregteKankerYouTubeRooibokBipolêre gemoedsteuringNedersettingHortologieRobbeneilandKunsmatige algemene intelligensieAlliterasiePeriodieke tabelLys van Afrikaanse televisiereekseNag van die lang messePriemgetalNeurenberg-verhoreAppel (sanger)HoenderPresident van Suid-AfrikaTrappe van vergelykingOrale seksSuikersiekteGeelsugLongFacebookDiarreeSosiale mediaAtoomAfrikaanse taalleerWynand du ToitJan van RiebeeckHoofpynMosambiekkanaalBreinvliesontstekingDemokratiese Republiek die KongoZack du PlessisKlimaatveranderingMasturbasieInkomsteVennootskapErektiele disfunksieMenstruasieNelson MandelaKlinkerKameelperdAnrich HerbstMenslike skeletVoeding🡆 More