Apec

Die APEC (Engels: Asia-Pacific Economic Cooperation; letterlik: Asië-Pasifiese Ekonomiese Koöperasie) is 'n samesluiting van 21 ekonomieë wat aan die Stille Oseaan grens en vir vryhandel in die Asiaties-Stille Oseaan-streek beywer.

Die organisasie is op 6–7 November 1989 in die Australiese hoofstad Canberra op inisiatief van Australië, Japan en die Verenigde State saam met nege verdere lande gestig. Die hoofkantoor is in Singapoer geleë en die amptelike taal is Engels. Byna die helfte van die wêreldbevolking bly in die 21 APEC-lande. Die ekonomiese gebied verteenwoordig meer as die helfte van die wêreldwye ekonomiese uitset en is een van die vinnigste groeiende ekonomiese streke in die wêreld.

Lidlande

Die APEC het tans 21 lede, insluitende die meeste lande langs die Stille Oseaan se kus, maar die kriterium vir lidmaatskap is 'n onafhanklike ekonomie in plaas van 'n onafhanklike land. Die organisasie praat dus van lid-ekonomieë in plaas van lidlande. As gevolg hiervan is die deur die Volksrepubliek China ('n lid op sy eie reg) opgeëiste eiland Taiwan met die Republiek China onder die naam Chinese Taipei lid van die organisasie, maar ook die Britse kolonie Hongkong wat nou 'n spesiale administratiewe streek van die Volksrepubliek China is. Al die klein eilandnasies van Melanesië, Mikronesië en Polinesië met hul klein ekonomieë is egter nie lede van die APEC nie, maar word deur die Pasifiese Eilandforum verteenwoordig. 'n Ander belangrike vennootorganisasie is ASEAN, waarvan die meeste lidlande ook lede van die APEC is, behalwe vir Kambodja, Laos en Mianmar. Die Sentraal-Amerikaanse lande Costa Rica, El Salvador, Guatemala, Honduras en Panama asook die Suid-Amerikaanse lande Colombia en Ecuador is egter nie lede van die APEC nie.

Apec 
Lidlande van die APEC
Apec 
Moontlike uitbreiding van die APEC:

   Huidige lede

   Belangstelling in lidmaatskap aangekondig

Lid-ekonomie(ë) Naam gebruik deur APEC Datum van aansluiting BBP (PPP) in 2017
(Miljoen Int$)
Apec  Australië Australia November 1989 1 235 297
Apec  Broenei Brunei Darussalam November 1989 32 958
Apec  Kanada Canada November 1989 1 763 785
Apec  Indonesië Indonesia November 1989 3 242 966
Apec  Japan Japan November 1989 5 405 072
Apec  Suid-Korea Republic of Korea November 1989 2 026 651
Apec  Maleisië Malaysia November 1989 926 081
Apec  Nieu-Seeland New Zealand November 1989 185 748
Apec  Filippyne The Philippines November 1989 874 518
Apec  Singapoer Singapore November 1989 513 744
Apec  Thailand Thailand November 1989 1 228 941
Apec  Verenigde State The United States November 1989 19 362 129
Apec  Republiek van China Chinese Taipei November 1991 1 175 308
Apec  Hongkong Hongkong, China November 1991 453 019
Apec  Volksrepubliek China People's Republic of China November 1991 23 122 027
Apec  Meksiko Mexico November 1993 2 406 087
Apec  Papoea-Nieu-Guinee Papua New Guinea November 1993 30 839
Apec  Chili Chile November 1994 452 095
Apec  Peru Peru November 1998 424 639
Apec  Rusland Russia November 1998 4 000 096
Apec  Viëtnam Viet Nam November 1998 643 902

Spitsberade

Jaar # Datums Land Stad Gasheerleier
1989 1ste 6–7 November Apec  Australië Canberra Eerste Minister Bob Hawke
1990 2de 29–31 Julie Apec  Singapoer Singapoer Eerste Minister Goh Chok Tong
1991 3de 12–14 November Apec  Suid-Korea Seoel President Roh Tae-woo
1992 4de 10–11 September Apec  Thailand Bangkok Eerste Minister Chuan Leekpai
1993 5de 19–20 November Apec  Verenigde State Blake-eiland President Bill Clinton
1994 6de 15–16 November Apec  Indonesië Bogor President Suharto
1995 7de 18–19 November Apec  Japan Osaka Eerste Minister Tomiichi Murayama
1996 8ste 24–25 November Apec  Filippyne Subic President Fidel Ramos
1997 9de 24–25 November Apec  Kanada Vancouver Eerste Minister Jean Chrétien
1998 10de 17–18 November Apec  Maleisië Kuala Lumpur Eerste Minister Mahathir Mohamad
1999 11de 12–13 September Apec  Nieu-Seeland Auckland Eerste Minister Jenny Shipley
2000 12de 15–16 November Apec  Broenei Bandar Seri Begawan Sultan Hassanal Bolkiah
2001 13de 20–21 Oktober Apec  Volksrepubliek China Sjanghai President Jiang Zemin
2002 14de 26–27 Oktober Apec  Meksiko Los Cabos President Vicente Fox
2003 15de 20–21 Oktober Apec  Thailand Bangkok Eerste Minister Thaksin Shinawatra
2004 16de 20–21 November Apec  Chili Santiago de Chile President Ricardo Lagos
2005 17de 18–19 November Apec  Suid-Korea Busan President Roh Moo-hyun
2006 18de 18–19 November Apec  Viëtnam Hanoi President Nguyễn Minh Triết
2007 19de 8–9 September Apec  Australië Sydney Eerste Minister John Howard
2008 20ste 22–23 November Apec  Peru Lima President Alan Garcia Perez
2009 21ste 14–15 November Apec  Singapoer Singapoer Eerste Minister Lee Hsien Loong
2010 22ste 13–14 November Apec  Japan Jokohama Eerste Minister Naoto Kan
2011 23ste 12–13 November Apec  Verenigde State Honolulu President Barack Obama
2012 24ste 9–10 September Apec  Rusland Wladiwostok President Wladimir Poetin
2013 25ste 5–7 Oktober Apec  Indonesië Bali President Susilo Bambang Yudhoyono
2014 26ste 10–11 November Apec  Volksrepubliek China Beijing President Xi Jinping
2015 27ste 18–19 November Apec  Filippyne Pasay President Benigno Aquino III
2016 28ste 19–20 November Apec  Peru Lima President Pedro Pablo Kuczynski
2017 29ste 10–11 November Apec  Viëtnam Da Nang President Trần Đại Quang
2018 30ste 18 November Apec  Papoea-Nieu-Guinee Port Moresby Eerste Minister Peter O'Neill
2019 31ste 6–17 November (gekanselleer) Apec  Chili Santiago President Sebastián Piñera
2020 32ste n.v.t. Apec  Maleisië n.v.t. Eerste Minister Muhyiddin Yassin
2021 33ste n.v.t. Apec  Nieu-Seeland Auckland n.v.t.
2022 34ste n.v.t. Apec  Thailand n.v.t. n.v.t.
2023 35ste n.v.t. Apec  Meksiko n.v.t. President Andrés Manuel López Obrador
2024 36ste n.v.t. Apec  Broenei n.v.t. n.v.t.
2025 37ste n.v.t. Apec  Suid-Korea n.v.t. n.v.t.

Die APEC se spitsberade is bekend vir hul aansluitende groepfoto van al die deelnemende staats- en regeringshoofde in tradisionele klere van die gasheerland.

Verwysings

Verdere leeswerk

  • (en) Fazzone, Patrick B. (2012). "The Trans-Pacific Partnership—Towards a Free Trade Agreement of Asia Pacific?". Georgetown Journal of International Law. 43 (3): 695–743. ISSN 1550-5200.

Eksterne skakels

Tags:

Apec LidlandeApec SpitsberadeApec VerwysingsApec Verdere leeswerkApec Eksterne skakelsApecAmptelike taalAustraliëCanberraEngelsHoofstadJapanSingapoerStille OseaanVerenigde State van Amerika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BybelNierversakingGriepAnilingusDoelwitFranse RewolusieEkologieFilistyneSonkragWater (molekuul)OntbossingSikloonWillie JoubertOogproblemeSneeuOlimpiese SomerspeleNasionale PartyNamibiëSkoenlapperLys van Afrikaanse rolprenteBipolêre gemoedsteuringLenteSwartbewussynsbewegingMeervoudWet op NaturellengrondRefentse MorakeAngolese BurgeroorlogSwart nasionalismeElandréLys van chemiese elemente volgens atoomgetalHefboomSeevlakCleopatra VIIDubbelpuntPizzaVervoerGoogleWolkMaatskaplike verantwoordelikheidSoortnaamMaagWapen van Suid-AfrikaDie Laaste Avondmaal (Leonardo)Lys van Griekse mitologiese figureKunselementeWetenskapPerdebyeTatoeëermerkSamestellingOos-KaapStereotipeEerste WêreldoorlogVerstedelikingUnie van Suid-AfrikaVulkaanVennootskapSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024Tradisionele literatuurVoortrekkermonumentGawes van die Heilige GeesYsterKunsmatige intelligensieGalileo GalileiAlliterasieVersamelnaamGezina, PretoriaEllipstekenMaroela MediaSpinnekopOnderwerp (taalkunde)HartEjakulasieKatoenLys van myne in Suid-Afrika🡆 More